Oorlog met Osmer: Die Interpreterende Taak: Wysheid

Die taak van interpretasie, moet met wysheid onderskeid tref tussen watter bril die meeste sal help om mense deur ‘n onbekende terrein die weg te wys. Gemeentes soek leierskap wat hulle help om sin te maak van hulle omstandighede en lewens. Die spiritualiteit van sulke leiers voldoen gewoonlik aan drie karaktereienskappe; deurdagdheid, teoretiese interpretasies, en wyse oordeel.

Wanneer mens as deurdagd gesien word is een van, of albei, van twee dinge teenwoordig; mens is bedagsaam in hoe mens ander hanteer, of insiggewend oor alledaagse dinge.

Teoretiese interpretasie is die vaardigheid om deur middel van teorie van die kunste en wetenskap te verstaan en te reageer op spesifieke situasies en kontekste. ‘n Teoretiese interpreterende persoon moet ook leer om met onsekerhede te leef, want met meer kennis kom ook die wete dat die mens regtig min weet.

Wyse oordeel is die kardinale element in goeie leierskap. Wyse oordeel is die kapasiteit om situasise en kontekste te interpreteer aan die hand van drie samehangende elemente; om die bydraende elemente van ‘n situasie of konteks te kan identifiseer, om die morele waardes op die prys te kan onderskei, en om te kan bepaal wat is die effektiewe manier om met die inagenome beperkinge vorentoe te kan beweeg.

Oorlog met Osmer: Die Beskrywende-Empiriese Taak: Priesterlike Luister

Om priesterlik te luister is ‘n aktiwiteit van die hele gemeenskap, nie net die ouderlinge nie. Om ‘n spiritualiteit van teenwoordigheid te handhaaf beteken om na ander se persoonlike verhoudings om te sien, asook om omstandighede en kulturele kontekste in ‘n meer formele en sistematiese manier te ondersoek.

Dit help om die verhouding tussen ‘n spiritualiteit van teenwoordigheid en die beskrywend-empiriese taak te konseptualiseer.

1. Informele teenwoordigheid het met alledaagse lewe te doen.

2. Semi-formele teenwoordigheid behels die gebruik van spesifieke metodes en aktiwiteite wat struktuur en reelmatigheid aan teenwoordigheid bied.

3. Formele teenwoordigheid het te make met situasies en kontekste deur empiriese navorsing.

Dus word gese dat daar op verskeie maniere geluister moet word na “wat is aan die gang?”.

Leierskap in ‘n gemeente wat konflik ervaar sal baat vind daarby om te probeer verstaan watter tiepe gemeentelike model die meeste in die gemeente aangehang word. Die leierskap het ‘n moeilike taak om die verskillende perspektiewe te verenig en steeds verstroue en respek te bou oor die hele spektrum.

Plek van aanbidding; So ‘n gemeente word primer as ‘n plek gesien waar die geestelike groei van die individu op die prys gestel word. Min klem word op gemeenskapsontwikkeling geplaas. Die ampsdraers en ‘n handjievol mense is in beheer van die gemeente.

Familie gemeente; ‘n Sterk klem word om familie bediening geplaas, en so moet daar ook ‘n gevoel van behoort geskep word. Kennis van hoe die gemeente funksioneer word deur die hele gemeente gedeel.

Gemeenskapsgemeente; ‘n Sterk klem word hier op die gemeenskap geplaas. Om ‘n diverse gemeenskap te verenig in die gemeente, beteken dat ‘n gevoel van gemeenskap belangriker is as kerklike tradisies. Klem word geplaas op deelname en toe-eiening van die gemeentelike programme en aksies.

Leierskapsgemeente; Hier bestaan die gemeente om ‘n impak in die gemeenskap te maak, eerder as om ‘n gevoel van gemeenskap te koester. Die dominee is gewoonlik op al die belangrike rade van die gemeenskap en speel die politieke spel om te verseker dat die gemeente invloed in die gemeenskap uitoefen.

Oorlog met Osmer: Die Inleiding

‘n Goeie bediening is nooit ‘n bediening waar slegs probleme opgelos moet word nie, dit is ‘n misterie wat langs gedwaal en verken moet word. Daar kan egter in hierdie misterie gedwaal en verken word met die nodige kennis en vaardighede om ons die weg te help vind.

Die kern van Osmer se benadering tot Praktiese Teologie bestaan uit vier vrae (wat bietjie min, asook beperkend, na my sin is). Hierdie vier vrae is;

Wat is aan die gebeur? (beskrywend, empiries)

Hier word inligting bymekaar gemaak wat help om patrone te identifiseer, asook dinamika wat afspeel in situasies en kontekste.

Hoekom is dit aan die gebeur? (interpretering)

Hier beroep die praktiese teoloog haarself op die teorie van kuns en wetenskap om beter te verstaan wat aan die gebeur is en ook om dit te verduidelik.

Wat moet eintlik aan die gebeur wees? (normatiewe)

Teologiese konsepte word gebruik om sitausies of kontekste te interpreteer, asook om etiese normes te konstrueer om riglyne vir terugvoer te vorm, en ook om te leer wat is goeie optrede.

1. Teologiese refleksie is nodig in die lig van wat ons van God weet, en van hoe ons dink God dalk kan optree in die situasie.

2. Etiese riglyne moet gevind word om die situasie te stuur sodat die gepaste strategie gevind kan word.

3. Daar moet gekyk word na die verlede en hede se praktyke rakende die onderwerp. Hoe het, en hoe, reageer die Christelike tradise tans met dit wat aan die gebeur is.

Hoe gaan daar reageer word? (pragmaties)

Strategie van aksie word beplan wat ‘n invloed sal he op die situasies wat aanneemlik sal wees, en daar word ook in ‘n reflekterende gesprek getree met die bevindings.

Wat belangrik is om te onthou is dat sisteme (kontekste) oop en dinamies is, en mekaar kan beinvloed. ‘n Prakties teologiese interpretasie is ‘n belangrike brug konsep. Dit skep ‘n brug tussen die subdissiplines van die akademiese praktiese teologie en tussen die akademie en die kerk. Dit vestig die aandag op die lewe waarin die bediening plaasvind. ‘n Praktiese teologiese perspektief maak potensieel ‘n nuwe paradigma oop wanneer daar oor gemeentelike leierskap gedink word.

‘n Belangrike konsep van ‘n hermeneutiese ervaring is om die soort interpreterende aktiwiteit te beskryf wat oop is vir ontmoeting en leer van iets nuut.

Richard Osmer's Four Tasts of Practical Theology
Richard Osmer’s Four Tasts of Practical Theology