geliefd is waar ons begin

n.a.v. Jan Richardson se gedig in Circle of Grace

Sirkel van Genade

As jy sou ingaan
in die wildernis
moet nie begin sonder
die seën.

Moet nie gaan
sonder om te hoora
wie jy is:
Geliefd,
benoem deur die Een
wat die pad reeds gestap het
voor jou.

Moet nie gaan
sonder om dit te laat eggo
in jou ore,
en as jy vind
dat dit moeilik is
om dit in jou hart in te laat,
moet nie moed opgee.
Dit is waarvoor
die pad is.

Ek kan nie belowe
dat die seëning jou sal vry maak
van gevaar,
van vrees,
van honger,
van dors,
van die skroeiende
son
of die val
van die nag.

Maar ek kan vir jou vertel
dat op hierdie pad
sal daar hulp wees.

Ek kan jou vertel
dat jy sal weet
dat die vreemde genade
wat tot ons hulp kom
slegs is op die pad
soos dié,
wat vlieg om ons te ontmoet
wat verligting bring
wat sterkte bring,
wat om ons kom
vir geen ander rede
as om nader te kom
om te luister
en met
nuuskierige opdringendheid
ons naam te fluister:

Geliefd.
Geliefd.
Geliefd.

– Francois van Dijk, n.a.v Jan Richardson se Circle of Grace.

ritme

bok
bos
met
punt

prik
praat
gesels
stap

een
twee
drie
vier

blok
stil
stop
staar

vlam
flikker
fluister

ek
is
hier

Vader
Seun
Gees

met
jou

ek
is

nou

– Francois van Dijk

die wat wag

Grys is die kleur.
Koud is die melamienvloere.
Te sterk skoonmaakmiddels se
reuk vul die flikkerende gange.

In ‘n eenkant kamertjie, gemerk,
Siekeboeg,

daar sit sy,
soos die mure vaal,
oopmond,
met glaserige oë,

vir die dominee
vir die dokter
vir die verpleegster
vir die familie wat haar wil vergeet

en wag.

– Francois van Dijk.