Armblankes en Strydlustige Werkers

Die armblankevraagstuk was die dringendste maatskaplike krises in die blanke politiek gedurende die eerste drie of vier dekades van die twintigste eeu. In Suid-Afrika het blanke armoede ‘n probleem geword toe die besef gedurende die 1890’s deurdring dat ‘n hegte blanke gemeenskap vir blanke baasskap noodsaaklik is. Wat hier belangrik is om raak te sien is dat die armoede van die blankes eers op die voorgrond verskein het die oomblik toe die dominante klas se perspektief rondom die armblankes verander het. (Giliomee 2004:267)

 

Die heersende opvatting was dat die armste blankes self verantwoordelik was vir hulle toestand en moes dus hulself daaruit kry. Herbesinning oor die saak het eers gekom toe die besef deurbreuk dat blanke baasskap in gedrang is.

 

Teen 1890 het 90% van blanke Afrikaners hulle bestaan as boere gemaak, al was Suid-Afrika nie ‘n natuurlike landbouland niie. Die gevolge van die eensaamheid, afgeslotenheid en die reaksie van die veld was nie in berekening gehou deur die mense nie. Dit het veroorsaak dat die Afrikaner se wereldbeskouing eng was, en afsonderlik ontwikkel het sonder impulse van buite, met die onus wat daar was op die vrou van die huis wat ook die onderhoud aan die kinders moes verskaf was dit onvermeidelik om agteruitgang vry te spring. Die impak van die boereoorlog moet nie buite berekening gelaat word nie. J.W. Gunning, ‘n Hollandse dokter in die Suid-Vrystaat, het opgemerk dat die idee om beter as jou pa te boer nog nie deurgebreek het nie, behalwe in enkele gevalle. Die meeste wou nie die risiko van die oorskakeling na moderne boerderymetodes loop nie. Wat die kultuur van behoud, na die Britte alles van hulle weggeneem het, bevestig, deur eerder te bly wat werk ipv om die risiko te loop om die bietjie te verloor wat hy het. (Giliomee 2004:269)

 

In die 1890’s het twee groot rampe die toestand van die Afrikaner onmeetlik vererger. Die Runderpes en die taktiek van Verskroeide Aarde deur die Britte van die Anglo-Boereoorlog.

 

Wat uitstaan is dat die dominante klas slegs net wit armoede as ‘n probleem gesien het, en die vraag het nou geword, op watter wyse kan noodlening tot slegs blankes beperk word.

 

Die stem van die NGK was profeties sigbaar in 1861 toe verskeie vooraanstaande predikante verpligte onderwys bepleit het sonder om na ras te verwys -twintig jaar voordat verpligte onderwys in Brittanje ingestel is. In 1870 het die NG sinode die regering gevra om onderwys te verskaf aan die armes wat op die sorg van die kerk staatgemaak het, sowel blankes as gekleurdes. Teen die 1880’s het die NG Kerk egter, ook in die Kaapstad omgewing, toenemend gesegregeer geraak. Die kerk se kommer was net op die blanke armoede toegespits. In 1892 skryf ‘n skoolinspekteur dat wit armoede lei tot toenemende maatskaplike agteruitgang, die degenerasie van die wit ras en misdaad. (Giliomee 2004:271)

 

Onderwys het ‘n groot rol gespeel in die agterstand van die Afrikaners. Wit Engelssprekendes het ‘n groot voorsprong gehad omdat hulle vroeer na die stede getrek het, het oor die algemeen beter onderwys kwalifikasies gehad en het Engels as eerste taal gepraat, wat die algemene nywerheidstaal was. Hulle het ook meer blootstelling aan die ekonomie en die werksdissipliene gehad. Blanke armoede het dus vanuit hierdie omstandighede ontstaan, dit was ‘n relatiewe begrip in die sin dat die Engelssprekendes nie wat blankes verwag het om in sulke omstandighede te leef nie. (Giliomee 2004:272)

 

Ds. A. J. Hofmeyr het verklaar dat jong Afrikaners dit as ‘n skande beskou om te werk. Arm blanke seuns wat op die spoorweg werk gekry het, het nie lank gehou nie. Hulle het dissipliene van gereelde werk in die dorp of stad ondraaglik gevind. Hulle sou veel eerder toesig hou oor swart of bruin werkers. Wat die bg ondersteun is dat in 1891 bevind is dat ‘n wit kind in Transvaal gemiddeld net 2 jaar in die skool was.

 

Vroeg in die 1890’s het die NG Kerk in Kaapstad ‘n ambagskool vir kinders van armblankes opgerig. Die NG Kerk het nou op groot skaal tot die bestryding van armoede onder die Afrikaners toegetree. In 1897 het ‘n komitee van die kerk met Marchand as voorsitter die stigting van ‘n arbeidskolonie by Kakamas aanbveel. Tussen 1894 en 1922 het die kerk verskeie nywerheid- en landbouskole gestig en onderhou, wat 1500 kinders onderrig het. Die kerk het ook meer as 160 koshuise tot stand gebring, wat met subsidies van die staat bedryf is. Dit het tussen 1917 en 1932 meer as 7000 behoeftige kinders van afgelee landelike gebiede in staat gestel om skool te gaan. (Giliomee 2004:273-274)

 

Wat hier merkwaardig is, is dat die NGK as ‘n staat in die kleine opgetree het op die maatskaplike grond. Deur die stigting van skole en die bied van behuising het die kerk staat geword vir hierdie behoeftige mense.

 

Oor staatskole en krotbuurtes het Ds. D. Theron getuig: “Ek voel baie sterk dat dit nie help om ‘n kind vyf uur lank in die skool te beinvloed en hom dan terug te stuur na dieselfde krot waarvandaan hy gekom het nie.” (Giliomee 2004:275)

 

Die Afrikaanse kerke aan die Rand (waar die meerderheid armblankes gewoon het) kon min materiele hulp verleen, maar die geestelike ondersteuning aan die armes was belangrik. Daar is in 1909 berig dat die kerke in die armblanke-buurte Vrededorp en Fordsburg sampvol is. Teen die 1920’s was die ergste armoede en diepste wanhoop verby en het die verstedelike Afrikaners lewenskragtige gemeenskappe rondom hul kerk en skool begin vorm. By Afrikaners het ‘n groot geloof in die waarde van onderwys ontstaan. (Giliomee 2004:276)

 

Genl. J.B.M. Hertzog het in die 1890’s in Amsterdam studeer en onder die invloed van Abraham Kuyper, ‘n Nederlandse kerk- en politieke leier, gekom. Vir Kuyper was om vir die armes om te gee, nie liefdadigheid nie, maar ‘n Christelike plig. Elke mens het die reg om ordentlik te leef. Elke kerk moet sy verpligting teenoor sy armes nakom. Daniel Francois Malan weer het aan Utrecht in Nederland gepromoveer op ‘n proefskrif oor die werk van die filosoof George Berkeley. Malan het geglo dat die NG Kerk as die kerk van die Afrikaners die armer lede van die volk moet ophef. Dit moet ook die volk help om sy kulturele en nasionale karakter te behou. In hierdie sin moet die kerk ook volkskerk wees. (Giliomee 2004:278)

 

Kort nadat die Nasionale Party, onder leiding van Hertzog, aan die bewing gekom het, het die party se leiers ‘n ongenaakbare boodskap van segregasie begin verkondig. Hertzog het verklaar dat swart mense 2000 jaar agter die blankes is op die leer van beskawing, maar terselfdertyd opgemerk dat die vooruitgang wat swartes op onderwys gebied maak die wit gemeenskap bedreig. (Giliomee 2004:287)

 

Bram Fischer, kleinseun van die eerste minister in die gewese Oranjerivierkolonie, was as student in Bloemfontein in die jare twintig ‘n oortuigende Afrikanernasionalis, maar sy persoonlike kontak met swart mense het hom oortuig dat kleurvooroordeel irrasioneel en segregasie onregverdig is. Hy het gese dat die Kommunistiese Party die kleurslagboom, wat op ‘n skaalstelsel meer aan blankes as swartes betaal het vir dieselfde werk, deurgaans teengestaan het op grond van die geloof, tweeduisend jaar oud, dat alle mense broers sal wees. Maar die Afrikanerwerkes was nie geintresseerd in die sosialisme nie. Hulle wou ‘n staat he wat blanke baasskap en die beskerming van die blanke werker voorstaan. Hoe meer die NP die lot van die armblankes aangetrek het, hoe meer het die party die faktor van ras en rassebeskerming beklemtoon. (Giliomee 2004: 288-289)

 

Verdere kommer oor blanke suiwerheid het selfs die Afrikaanse Christelike Vrouevereniging (ACVV) laat vrees dat die armblanke in die gemengde woonbuurte vir die volk verlore sou raak. Miemie Rothman, die leier, het die situasie in 1925 soos volg beskryf: “Hulle het onvoldoende lone ontvang en hulle was verplig om die goedkoopste kamers of huis te huur. Hulle moes dikwels met die kleurlinge saamleef. Partykeer as bure en mekaar help wanneer daar siekte is. Hulle kinders speel met mekaar in die strate.” Die ACVV het hierdie kinders probeer “red” deur hulle in instellings te plaas of as huishulpe by middelklas Afrikaners. (Giliomee 2004:293)

 

In die tweede helfte van die 1920’s het die Carnegie-korporasie van New York begin belang stel in die probleem van wit armoede in Suid-Afrika. Die Suid-Afrikaner wat die kwessie van blanke armoede onder die aandag van die Carengie-korporasie gebring het, was E.G. Malherbe, ‘n seun van ‘n NG predikant. Hy was in die vroee 1920’s ‘n nagraadse student in onderwys aan die Columbia-universiteit in New York. Aangesien vier vyfdes van die armblankes Afrikaners was, het die NG Kerk die belangrikste rol begin speel. In 1929 het hy die Carnegie-korporasie formeel versoek om ‘n studie van die armblankeprobleem te finansier. Toe hierdie versoek toegestaan word, het die kerk die vernaamste liggaam geword wat in die beheerraad van die ondersoek verteenwoordig is.

 

J.R. Albertyn, ‘n NG predikant in Kimberley, het in ‘n verslag oor hul maatskaplike omstandighede ‘n duidelike prentjie van die armblankes as tipe geskets: hulle is oor die algemeen wetsgehoorsaam, eerbiedig teenoor godsdiens en kerklike owerhede. Hulle hou hul familie as ‘n hegte eenheid bymekaar; hulle eer hul tradisies en voorvaders. Aan die negatiewe kant is daar ‘n gebrek aan ambisie, spaarsamigheid en versigtigheid, en ‘n geneigdheid om liggelowig, oneerlik, bedrieglik, onverantwoordelik, lui en lusteloos te wees. Malherbe het opgemerk “[Ons is] geneig om ‘n wit man arm te noem wanneer on snie ‘n naturel wat presies onder sulke omstandighede leef sou arm noem nie…Die laagste ekonomiese peil wat ons in die algemene omgang aan ‘n blanke kan toeskryf, is om te se dat ‘hy leef soos ‘n kaffer’.” (Giliomee 2004:296-297)

 

Uit die bg aanhaling van Malherbe wat ‘n geleerde predikantsseun was is dit sigbaar dat die omgewing waarin hy grootgeword het, ten spyte daarvan dat hy in Amerika gaan studeer het, ‘n beduidende invloed op sy wereldeskouing gehad het oor die swartes. Wat ook beduidend na vore kom is dat hy homself en sy volk, die Afrikaners, gedefinieer het in terme van ‘n andere. Hy het nie die armblanke gepeil vanuit interne karaktereienskappe nie, maar eerder gebruik gemaak van ‘n vergelyking van iets/iemand ekstern tot die armblanke.

 

In die algemene aanbevelings, van die Carnegie-verslag, wat almal onderskryf het, word die klem gele op die verbetering van minimumlone en die ontwikkeling van nuwerhede deur invoerbeskerming. (Giliomee 2004:299)

 

Die NP het egter eers na die verkiesing van 1943 aandag aan armode onder die kleurlinge begin skenk as deel van die poging om ‘n regverdiging vir apaartheid te vind. Swart armoede het eers in die 1970’s werklik die regering se aandag begin trek. Tussen 1939 en 1945 het die oorlogsekonomie die meeste wit werkloses opgesuig en sodoende die armblankeprobleem beeindig. Die armblankes het verdwyn voordat apartheid toegepas is. Daar was nietemin politici wat reg was om weer ‘n slag die armblankes te red.  (Giliomee 2004:303-304)

Leave a Reply

Your email address will not be published.