Hoe om versoeking te oorwin.

Hoe om versoeking te oorwin

Wat is versoeking?

Versoeking is om te oorweeg om iets te doen wat oneer aan die Here sal bring. Versoeking kan slegs in ons gedagtes ontstaan. Dit is waar alles begin.

Wanneer word versoeking sonde?
• Wanneer die gedagte oorgaan tot die daad.
• Wanneer ons verkeerde gedagtes vertroetel.
• “’n Mens word verlei deur sy eie begeertes wat hom aanlok en saamsleep. Daarna, as diebegeertes bevrug geraak het, bring dit die sonde voort.” – Jakobus 1:14-15.
• Ons kan nie verhoed dat bose gedagtes in ons denke ontstaan nie. Ons kan wel verhoed dat hulle daar bly.
• Hoe sal on sweet wanneer die versoeking oorgeslaan het na sonde? Die Heilige Gees sal dit onder ons aandag bring en dit as sonde uitwys.

Waarom ervaar ons versoekings?
• Eerstens, ons sondige natuur lok ons weg van God, dit is die vloek waarmee ons gebore is.
• “…wat ons sondige natuur begeer, is in stryd met wat die Gees wil.” – Galasiers 5:17.
• Tweedens, die wereld lyk altyd aantreklik, die wereld verwys na die waardes wat in die lewens van ongelowiges regeer. Wat die media ons nie vertel nie, is die hartseer, die emosionele pyn en die leegheid wat ‘n wereldse leefstyl meebring.
• Derderns, probeer die satan voortdurend om die gelowige te pootjie.
• “…die duiwel loop rond soos ‘n brullende leeu, op soek na iemand om te verslind.” – 1 Petrus 5:8-9.
Die begeertes van die sondige natuur.
• In Galasiers 5:19-21 vind ons ‘n lys van al die dade van die sondige natuur.
• Die sensuele sondes: onsedelikheid, onreinheid, losbandigheid, dronkenskap, ens.
• Die emosionele sondes: haat, naywer, woede, rusies, afguns, uitspattigheid, ens.
• Die geestelike sondes: afgodsdiens en towery.

Die waardes van hierdie wereld.
• Hoogmoed: “Alles wat tipies is van die menslike begeerte, die begeerte vir alles wat die oog sien, en die valse roem op besittings, kom nie van die Vader nie, maar het sy oorprong in die wereld.” – 1 Joh 2:16
• Materialisme: “…die wat ryk wil word, val in versoeking…want geldgierigheid is ‘n wortel van allerlei kwaad.” – 1 Tim 6:9-10. Let weld at dit nie se dat geld die probleem is nie – dit is geldgierigheid, dit wil se, die liefde vir geld.
• Selfgerigtheid: Ons word vertel dat ons altyd eerste na onsself moet kyk. My behoeftes moet voorkeur kry bo die van ander. As Jesus die versoeking van selfgerigtheid uitgevoer het sou Hy steeds koning van die wereld gewees het, satan het Hom immers al die mag aangebied. Maar Hy sou nie die mag van die satan gebreek het nie.

Die versoeking om God se Woord te ignoreer
• Soms is die versoeking nie om God se Woord te verontagsaam nie, maar om dit te betwyfel.
• Soms word ons versoek om God se Woord te verontagsaam deur staat te maak op wat mense se eerder as wat God se.

Wat is God se rol in versoeking?
• Die Bybel stel dit onomwonde dat God ons nie versoek om te sondig nie. – Jakobus 1:13
• Hy laat egter wel toe dat die satan beproewinge oor ons bring. Maar God stel perke.
• “God is getrou. Hy sal nie toelaat dat julle bo julle kragte versoek word nie; as die versoeking kom, sal Hy ook die uitkoms gee, sodat julle dit kan weerstaan.” – 1 Korintiers 10:13
• Die Here gee ons die krag om te oorwin. Hebreers 2:18 se: “Omdat Hy self versoek is en gely het, kan Hy die help wat versoek word.”
• Die argument dat “die duiwel my dit laat doen het” geld nie vir ‘n gelowige nie.
Waarom laat God toe dat ons versoek word?
• Dit is duidelik vanuit die Skrif dat God toelaat dat sy kinders beproef word om sodoende ons geloof te versterk. Niks kan groei sonder een of ander vorm van weerstand nie, of ons nou praat van ons spiere of die wortels van die plante in ons tuine.
• Jesus het nie verhoed dat die satan die dissipels beproef nie, Hy het eerder gese Hy sal vir hulle bid dat hulle geloof hulle nie begewe nie. – Lukas 22:32.
• Hy laat ook toe dat ons versoek word omdat dit Hom eer bring wanneer ons die versoeking oorwin. – 1 Petrus 1:6-7.

Wat moet ons doen om versoeking te oorwin?
• Erken die skadelike gevolge van sonde: die eerste stap in om te erken dat God se gebooie nooit bedoel is om genot van ons te weerhou nie. Hy het ons die gebooie gegee om ons te beskerm. So lank as wat ons sonde sien as iets aangenaams wat ons ontse word, sal ons nooit versoeking oor die lang termyn kan oorwin nie.
• Waak en bid: Hoe meer ek die Bybel deel van my denke maak, hoe meer gee dit my die wapens om versoeking te oorwin. Psalm 119:9 som dit mooi op: “Hoe kan ‘n jongmens sy lewe skoon hou? Deur hom te hou aan u Woord.” Jesus het ook sy dissipels geleer om te bid dat hulle nie in versoeking sal kom nie, maar verlos word van die bose. – Matteus 6:13.
• Vlug vir die begeertes van die sondige natuur: 2 Timoteus 2:22 se dat ons moet vlug vir enige iets wat jeugdige drange aanwakker. 1 Tessalonisense 5:22 se dat ons moet wegbly van alles wat sleg is.
• Weerstaan die duiwel se voorstelle: Jakobus 4:7 belowe ons dat as ons die duiwel teestaan hy van ons sal wegvlug. Die beste manier om enige slegte gedagtes te laat weggaan is om na die Woord van God te gaan. Elke voorstel wat die satan in Jesusse gedagtes geplant het, is beantwoord met “daar staan geskrywe…”

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *