Hoe om God se wil vir jou lewe te bepaal

Die probleem vir die meeste van ons is dat ons nie altyd seker is wat God se wil vir ons lewens is nie. “As die Here maar net aan my sou verskyn en vir my se wat ek moet doen,” is die hartkreet van menige gelowige.

Wanbegrippe rakende die wil van God

• Sommige mense is bang dat God se wil vir hulle iets is wat hulle nie wil doen nie. Sulke verse is totaal ongegrond, en absoluut teenstrydig met die karakter van ons liefdevolle hemelse Vader.
• Sommige tree op asof God se wil verlore is. As gevolg daarvan ontwikkel ons allerhande ‘tegnieke’ om God se wil te vind.
o Een benadering is om ‘n vlies uit te sit. – Rigters 6.
• Jesus het in Johannes 20:29 vir Tomas gese: “Glo jy nou omdat jy My sien? Gelukkig is die wat nie gesien het nie en tog glo.”
o Sommige mense trek lootjies. – Jona 1:7.
o Sommige mense soek die wil van die Here deur lukraak ‘n teksvers te soek.

Die kenmerke van God se wil

• Daar is twee fasette van God se wil in die Skrif.
o Eerstens is daar sy wil van voorneme
• “Die Here die Almagtige het ‘n eed afgele: ‘Soos Ek My voorgeneem het, so sal dit wees, wat Ek besluit het, sal gebeur.’” – Jesaja 14:24.
o Tweedens is daar sy wil van verlange
• Daar is dinge wat Hy graag wil he moet gebeur, maar dit gebeur nie altyd nie. God het ons ‘n vrye keuse gegee, om te besluit of ons ‘n opdrag wil gehoorsaam of nie.

God se geopenbaarde wil vir alle mense

• Bekering
• Heiligmaking
• Opofferende diens
• Onderwerping aan gesag
• Danksegging

God se spesifieke wil vir ons as individue

• Hier is die vraag: Wie is in beheer van ons lewens as ons God se geopenbaarde wil as leefwyse gehoorsaam? Dit kan slegs die Heilige Gees wees; en wanneer die Heilige Gees in beheer is, ervaar ons dat alles wat ons begeer goed is.
• Volgende vraag: Hoe behoort ons te bid? Na gelang van ons begeertes of na gelang van God se wil? Die antwoord is, ja. Beide is geldige riglyne vir gebed. “As julle in My bly en my woorde in julle, vra dan net wat julle wil he, en julle sal dit kry.” – Johannes 15:7.

God se beloftes aangaande leiding

• Die eerste riglyn vin dons in Kolossense 3:15 waar vir ons gese word dat die vrede van Christus in ons lewens die deurslag moet gee.
• Nog ‘n riglyn aangaande God se wil is dat ons die eerste stap moet neem.
• Nog ‘n manier waarop God sy kinders lei, is om deure oop of toe te maak.
• Let egter daarop dat as daar ‘n konflik ontstaan tussen geleentheid en gemoedsrus, gemoedsrus altyd voorkeur moet kry.
• Vanselfsprekend kry God se Woord voorkeur bo enigiets anders wanneer dit by leiding kom.

Die implikasies vir ‘n gelowige se lewe

• Ons moet God se geskrewe Woord gehoorsaam. God se wil vir ons sal nooit met die Skrif teenstrydig wees nie.
• As jy wel in gehoorsaamheid aan God se geopenbaarde wil wandel, gaan dan voort met wat jy wil doen as dit vir jou reg lyk.

‘n Waarskuwing moet egter bygevoeg word. Moenie deure oop forseer nie. Moenie jou wil op die Here afdwing nie, want die kanse is goed dat Hy jou jou sin sal gee, maar jy sal nie vervuld wees nie. As ons lank genoeg aanhou, sal die Here ons uiteindelik gee wat ons wil he – tot ons eie nadeel.

Hoe om lyding te trotseer

Is God nog in beheer van hierdie wêreld?

• Die Bybel stel dit onomwonde in Jesaja 46:10 dat God ten volle in beheer is: “Ek kondig vantevore aan wat later sal kom, lank tevore al wat nog nie gebeur het nie. Ek sê wat Ek besluit het en dit gebeur, wat Ek wil, doen Ek.”
• God het beheer oor die natuur.
• God het beheer oor die nasies.
• God het beheer oor die ongelowiges.
• God het beheer oor die alledaagse gebeure.
• God het selfs beheer oor die satan.

Is God verantwoordelik vir lyding?

• God beheer die natuurlike wêreld deur middel van natuurwette, op dieselfde manier beheer God die geestelike wêreld deur middel van morele wette. Soos die natuurwette, stel God ook nie sy morele wette tersyde nie.
• Net soos ons die Here se natuurwette kan verontagsaam (deur te wil vlieg as ons van ‘n brug af spring), het God ons ook die keuse gegee om sy morele wette te verontagsaam (om ongehoorsaam aan die tien gebooie te wees).
• Die enigste verskil tussen God se natuurwette en sy morele wette is dat die gevolge van ‘n morele oortreding nie altyd dadelik plaasvind nie. Prediker 8:11 sê: “Omdat die verkeerde daad nie meteens gestraf word nie, hou mense eenvoudig aan om verkeerd te doen.”
• Om die Here te blameer vir ons lyding wat voortspruit uit ons sonde, sou dieselfde wees as ons ‘n regter blameer omdat hy ‘n misdadiger tronk toe stuur. Lyding is dikwels die gevolg van ons eie toedoen.
• Dit alles gesê, is dit egter duidelik dat nie alle lyding die gevolg van ons eie dwaasheid is nie.

Waarom moet onskuldige mense ly?

• In 2 Samuel 24 lees ons byvoorbeeld dat Dawid teen die Here gesondig het, en as gevolg daarvan het 70 000 mense aan ‘n plaag omgekom.
• Alhoewel hierdie insident van lyding vanuit ons perspektief onregverdig lyk, moet ons ons afvra of ons perspektief korrek is.
• Die Here is ons nie ‘n verduideliking verskuldig nie, en ons het ‘n uiters beperkte perspektief van lyding.

Die baie dinge wat ons nie verstaan nie.

• Moses kon wonderwerke doen, tog is sy eie spraakgebrek nie genees nie.
• ‘n Goddelose koning, Manasse, is toegelaat om vir 55jaar te regeer en Juda aan afgodery bloot te stel, terwyl Ussa dood neerslaan omdat hy aan die Ark geraak het.
• In Handelinge lees ons dat beide Petrus en Jakobus in die tronk was, Petrus is deur ‘n engel bevry, terwyl Jakobus om die lewe gebring is – tog het dieselfde mense vir albei gebid.
• Die dissipels het beslis nie verstaan waar God was toe Jesus se rug gegesel is nie, toe wrede spykers deur Jesus se hande en voete geslaan is nie. Hulle het nie verstaan toe Jesus uitroep: “My God, my God, waarom het U My verlaat?” nie.

Die gelowige se reaksie op lyding.

Wanneer ons nie verstaan waarom ons (of ander) op een of ander manier lyding moet verduur nie, kan ons een van vier dinge doen:
• Ons kan ‘n wrok teen die Here koester.
• Ons kan God se liefde vir ons in twyfel trek.
• Ons kan dit fatalisties aanvaar.
• Ons kan glo dat God altyd reg optree.

Waarom laat God toe dat gelowiges ly?

• Die eerste rede is om ons te tugtig vanweë ons sondes.
• Nog ‘n rede waarom die Here toelaat dat Christene ly, is om Homself aan hulle te openbaar.
• Soms laat God toe dat sy kinders beproewinge ervaar om hulle van sonde te weerhou.
• Soms laat die Here toe dat ons ly om ons geestelike groei aan te moedig.

Wanneer ons pyn en lyding ervaar, is die vraag “Hoekom?” die verkeerde vraag om te vra. Die kanse is goed dat ons nooit ‘n antwoord sal kry nie. Dit is baie meer betekenisvol om te vra: “Wat wil U hierdeur in my lewe bewerkstellig?” of “Hoe wil U dit vir u heerlikheid gebruik?”

Wat is die implikasies vir ons as gelowiges?

• By verre die belangrikste implikasie is dat ons ons aan die Here moet onderwerp in alles soos Jakobus 4:7 vir ons sê om te doen. Dit beteken om Hom die reg te gee om met ons lewens te doen wat Hy wil.
• Die tweede implikasie is om Hom te vertrou al maak dit nie sin nie.
• Die derde implikasie is dat ons moet leer om tevrede te wees. Paulus se in Filippense 4:11-12: “Ek het geleer om my in alle omstandighede te behelp. Ek weet wat armoede is en ek weet wat oorvloed is; van alles het ek ondervinding: om genoeg te hê om te eet sowel as om honger te ly, om oorvloed te hê sowel as om gebrek te ly.” Ons moet op die punt kom waar ons tevrede is met dit wat God aan ons gegee het op elke terrein van ons lewe.
• Laastens moet ons ons verheug in God se soewereiniteit en sy regverdigheid.
o Psalm 96:10: “Die Here regeer; die wêreld staan vas, dit wankel nie; die Here sal die volke regverdig oordeel.”
o Hebreërs 13:5-6: “God self het gesê: ‘Ek sal jou nooit verlaat nie, jou nooit in die steek laat nie.’ Daarom kan ons met vertroue sê: ‘Die Here is my helper, ek ken geen vrees nie: wat kan ‘n mens aan my doen?’”

Hoe om versoeking te oorwin.

Hoe om versoeking te oorwin

Wat is versoeking?

Versoeking is om te oorweeg om iets te doen wat oneer aan die Here sal bring. Versoeking kan slegs in ons gedagtes ontstaan. Dit is waar alles begin.

Wanneer word versoeking sonde?
• Wanneer die gedagte oorgaan tot die daad.
• Wanneer ons verkeerde gedagtes vertroetel.
• “’n Mens word verlei deur sy eie begeertes wat hom aanlok en saamsleep. Daarna, as diebegeertes bevrug geraak het, bring dit die sonde voort.” – Jakobus 1:14-15.
• Ons kan nie verhoed dat bose gedagtes in ons denke ontstaan nie. Ons kan wel verhoed dat hulle daar bly.
• Hoe sal on sweet wanneer die versoeking oorgeslaan het na sonde? Die Heilige Gees sal dit onder ons aandag bring en dit as sonde uitwys.

Waarom ervaar ons versoekings?
• Eerstens, ons sondige natuur lok ons weg van God, dit is die vloek waarmee ons gebore is.
• “…wat ons sondige natuur begeer, is in stryd met wat die Gees wil.” – Galasiers 5:17.
• Tweedens, die wereld lyk altyd aantreklik, die wereld verwys na die waardes wat in die lewens van ongelowiges regeer. Wat die media ons nie vertel nie, is die hartseer, die emosionele pyn en die leegheid wat ‘n wereldse leefstyl meebring.
• Derderns, probeer die satan voortdurend om die gelowige te pootjie.
• “…die duiwel loop rond soos ‘n brullende leeu, op soek na iemand om te verslind.” – 1 Petrus 5:8-9.
Die begeertes van die sondige natuur.
• In Galasiers 5:19-21 vind ons ‘n lys van al die dade van die sondige natuur.
• Die sensuele sondes: onsedelikheid, onreinheid, losbandigheid, dronkenskap, ens.
• Die emosionele sondes: haat, naywer, woede, rusies, afguns, uitspattigheid, ens.
• Die geestelike sondes: afgodsdiens en towery.

Die waardes van hierdie wereld.
• Hoogmoed: “Alles wat tipies is van die menslike begeerte, die begeerte vir alles wat die oog sien, en die valse roem op besittings, kom nie van die Vader nie, maar het sy oorprong in die wereld.” – 1 Joh 2:16
• Materialisme: “…die wat ryk wil word, val in versoeking…want geldgierigheid is ‘n wortel van allerlei kwaad.” – 1 Tim 6:9-10. Let weld at dit nie se dat geld die probleem is nie – dit is geldgierigheid, dit wil se, die liefde vir geld.
• Selfgerigtheid: Ons word vertel dat ons altyd eerste na onsself moet kyk. My behoeftes moet voorkeur kry bo die van ander. As Jesus die versoeking van selfgerigtheid uitgevoer het sou Hy steeds koning van die wereld gewees het, satan het Hom immers al die mag aangebied. Maar Hy sou nie die mag van die satan gebreek het nie.

Die versoeking om God se Woord te ignoreer
• Soms is die versoeking nie om God se Woord te verontagsaam nie, maar om dit te betwyfel.
• Soms word ons versoek om God se Woord te verontagsaam deur staat te maak op wat mense se eerder as wat God se.

Wat is God se rol in versoeking?
• Die Bybel stel dit onomwonde dat God ons nie versoek om te sondig nie. – Jakobus 1:13
• Hy laat egter wel toe dat die satan beproewinge oor ons bring. Maar God stel perke.
• “God is getrou. Hy sal nie toelaat dat julle bo julle kragte versoek word nie; as die versoeking kom, sal Hy ook die uitkoms gee, sodat julle dit kan weerstaan.” – 1 Korintiers 10:13
• Die Here gee ons die krag om te oorwin. Hebreers 2:18 se: “Omdat Hy self versoek is en gely het, kan Hy die help wat versoek word.”
• Die argument dat “die duiwel my dit laat doen het” geld nie vir ‘n gelowige nie.
Waarom laat God toe dat ons versoek word?
• Dit is duidelik vanuit die Skrif dat God toelaat dat sy kinders beproef word om sodoende ons geloof te versterk. Niks kan groei sonder een of ander vorm van weerstand nie, of ons nou praat van ons spiere of die wortels van die plante in ons tuine.
• Jesus het nie verhoed dat die satan die dissipels beproef nie, Hy het eerder gese Hy sal vir hulle bid dat hulle geloof hulle nie begewe nie. – Lukas 22:32.
• Hy laat ook toe dat ons versoek word omdat dit Hom eer bring wanneer ons die versoeking oorwin. – 1 Petrus 1:6-7.

Wat moet ons doen om versoeking te oorwin?
• Erken die skadelike gevolge van sonde: die eerste stap in om te erken dat God se gebooie nooit bedoel is om genot van ons te weerhou nie. Hy het ons die gebooie gegee om ons te beskerm. So lank as wat ons sonde sien as iets aangenaams wat ons ontse word, sal ons nooit versoeking oor die lang termyn kan oorwin nie.
• Waak en bid: Hoe meer ek die Bybel deel van my denke maak, hoe meer gee dit my die wapens om versoeking te oorwin. Psalm 119:9 som dit mooi op: “Hoe kan ‘n jongmens sy lewe skoon hou? Deur hom te hou aan u Woord.” Jesus het ook sy dissipels geleer om te bid dat hulle nie in versoeking sal kom nie, maar verlos word van die bose. – Matteus 6:13.
• Vlug vir die begeertes van die sondige natuur: 2 Timoteus 2:22 se dat ons moet vlug vir enige iets wat jeugdige drange aanwakker. 1 Tessalonisense 5:22 se dat ons moet wegbly van alles wat sleg is.
• Weerstaan die duiwel se voorstelle: Jakobus 4:7 belowe ons dat as ons die duiwel teestaan hy van ons sal wegvlug. Die beste manier om enige slegte gedagtes te laat weggaan is om na die Woord van God te gaan. Elke voorstel wat die satan in Jesusse gedagtes geplant het, is beantwoord met “daar staan geskrywe…”