ek vrees myself in jou stil, hakkerig, kyk ek af stom ongemaklik, sonder oogkontak prewel ek "Hallou, ..." eintlik wil ek net aanhou stap sonder jou wat na my gedagtes gryp maar ons is mos groot ons is mos gesond ek stap weg met jou wat aan my gedagtes krap soos 'n donkerboom se takke teen venster dit reën ek probeer my gordyne toe hou - Francois van Dijk.
ongetiteld
dowwe duif sweef oor die oseaan
vaal veertjies wapper in die wind
deurmekaar
uitmekaar
en breek los
vanaf eenheid tot veelheid
orals
alom
af links af regs
af links af regs
val die veertjie in veelheid
oseaan
tot eenheid
– Francois van Dijk.
ongetiteld
Blou sand silwer
hoe sal ek jou ooit kan skilder?
Kinderlik staar jy na my in nuuskierigheid
en wonder wat in my blou skuil.
En as ek terug kyk na jou
is jy (nie).
Giggel, wapper, trippel
dit is jy wat dans
saam met die wind.
Die see wit skuim sproei
wat jy in jou in nooi
arms oop.
Jou woorde is water wat lewe bring.
Jou glinster word my groei,
van stille saadjie
tot waaragtige woud.
Jou water bring lewe in my.
– Francois van Dijk.