Veranderingsbestuur: Robert Terry Action Wheel

Die afgelope week het ek saam met ‘n werkgroep gedink oor veranderingbestuur binne ‘n organisasie wat heelwat geskiedenis saam dra en hoe moeilik dit is om so ‘n organisasie in verandering in te begelei. Hierdie wiel van Terry help daarmee om die fokus op die regte plek te behou.

Terry Action Wheel
Authentic Leadership: Courage in Action Robert Terry

Geskryf deur Frederick Marais:
Robert Terry se teorie, Authentic Leadership: Courage in Action (Jossey-Bass 1993), help ons om insig te bekom in die gebruik en misbruik van mag in die hantering van konflik.  Eers ‘n paar algemene opmerkings oor Terry se teorie.
Terry se teorie bestaan basies daaruit om die aksie of dinamika in ‘n sisteem te ontleed.

Terry identifiseer 6 vorme van aksie in ‘n sisteem wat ter sprake kom wanneer die sisteem blootgestel word aan transformasie: (sien hieronder ‘n meer uitgebreide verduidelikking van elk van die aksies)
Terry se wiel:

1. Mag- Die is die energie van ‘n aksie
2. Missie- Die fokus of “waarheen” van ons aksies
3. Bestaansdoel of bedoeling- Die “hoekom” wat ons aksies motiveeer
4. Konkrete bestaan (existence)- Die konkrete realiteit van waaruit ons aksies voortspruit.
5. Bronne- Die konkrete bronne waarmee die aksie realiseer. Alles wat konkreet gemeet kan word val onder hierdie kategorie.
6. Strukture- Die die organisasie kanale- di planne, strukture ens. waardeur die aksie gekanaliseer word.

Volgens Terry is hierdie 6 aksies in ‘n spesifieke interaksie met mekaar. Hulle vorm saam ‘n wiel wat die momentum van die gekulmineerde energie van die 6 aksies voorstel. Die interaksie tussen die 6 aksies is belangrik en in ‘n baie spesifieke orde. Elke aksie is afhanklik van die volgende aksie om suksesvol te realiseer (sien weer sy skematiese voorstelling).

Terry se wiel verbind daarom elke komponent met die volgende komponent deur middel van ‘n pyl: Mag(energie) realiseer konstruktief wanneer missie- of fokus in plek is.   Wanneer daar in die sisteem ‘n magskonflik is, word dit nie reggestel deur op die konflik te fokus nie maar deur die fokus te verskuif na die missie. Missie(fokus) kan net realiseer indien bestaansdoel(hoekom) duidelik is en gesag het in die sisteem. Die logika is dat ‘n organisasie met fokus-missie, maar sonder ‘n duidelike bestaansdoel of “hoekom”, nie werklik oor die energie sal beskik om die missie te realiseer wanneer daar teespoed kom nie. Bestaansdoel(hoekom) kan net realiseer indien dit konnekteer met die konkrete bestaan van die organisasie. Die konkrete bestaan van ‘n organisasie is die realiteit van waaruit alle aksies ontstaan. As die bestaansdoel of bedoeling van die organisasie nie grond vat in die werklike konkrete bestaan daarvan nie, is daar geen aksie nie maar net idees. Konkrete bestaan is net moontlik indien daar (meetbare) bronne is om dit te laat bestaan. Mense, tyd, geld en infrastruktuur.  Dit dien geen doel om oor die bestaan van ‘n organisasie te praat indien daar nie bronne is nie. Bronne sonder stukture kan geen energie kanaliseer nie.  Strukture is dit waardeur bronne gekanaliseer word om in diens van die bestaansdoel en bedoeling te funksioneer. Strukture kan nie sonder energie aksie tot gevolg hê nie. Water kan nie in ‘n kanaal loop indien daar nie gravitasie is nie.

As ons Terry se wiel toepas op magsverskille of konflik beteken dit dat wanneer daar konflik is, die probleem nie in die konflik is nie, maar in die onduidelikheid van die missie of fokus van die organisasie. Konflik in sigself is nie sleg nie, dit dui op energie, maar is onproduktief- energie word vermors, omdat daar nie fokus is nie. Ons spandeer daarom in die vennootskap baie tyd om oor missie-Gemeenteroeping en Visie vir Beliggaming te praat omdat dit ons help om fokus te ontwikkel. Dit is kontras ons praktyk om strukture te gebruik om die konflik te hanteer.  Wanneer ons strukture gebruik benut ons die reëls, bestaande planne en prosedures. Dit egter, plaas druk op ons hulpbronne, wat druk plaas op die voorbestaan van die organisasie ens.

31 Augustus 2008.

Wat my laat dink dat wanneer jy die organisasie aan die volgende stap van die wiel wil blootstel moet jy dit motiveer met twee stappe vorentoe. Wanneer jy mag wil establish moet jy dit motiveer met doel. Wanneer jy doel wil establish moet jy dit motiveer met betekenis. Wanneer jy betekenis wil establish moet jy dit motiveer met huidige realiteit. Wanneer jy huidige realiteit wil establish moet jy dit motiveer met bronne. Wanneer jy bronne wil establish moet jy dit motiveer met strukture. En uiteindelik, wanneer jy strukture wil establish moet jy dit motiveer met mag.

Die argument moet altyd ‘n stap vooruit wees om die huidige kwessie sinvol te beredeneer.

Ritueel…

Trauma skep ruimte vir ritueel.

Verandering!

Binne in die ongemak is daar ‘n behoefte om belangrike keuses te maak, en terwyl hierdie keuses oordink word ervaar die persoon ‘n stadium van uiterlike trauma.

Ongemak (x) vra (y) ritueel (z). [key theory]

Jongmense wil nie meer sit en luister nie

Jongmense wil nie meer sit en luister nie

Bywoning van eredienste daal, maar tog is die gesamentlike samekomste van die gemeente ’n noodsaaklike deel van Christenwees. Bywoning van eredienste daal, nie omdat moderne mense “minder geestelik” is nie, maar omdat ons nie daarin geslaag het om vir hulle te wys dat die kerk hulle sal help om hulle geestelike honger te stil nie.

Daar is nie net ’n toenemende gaping tussen geestelike honger en kerkbetrokkenheid nie, maar daar is ook toenemende wantroue in sekere kerkleiers. Om bywoning te tel en bywoning te bevorder, lyk vir meeste kerkleiers na goeie rentmeesterskap. Vir die gewone lidmate lyk dit meer na … ego. Dit is veral waar onder jongmense – gelowig en ongelowig. Wat ons doen nadat ons die kerk verlaat het, is belangriker vir God as hoeveel mense daar is.

Ons was ’n samelewing van klubs – diensgroepe, politieke partye, ens. Ons het van vergaderings en die struktuur daarvan gehou. Nie meer nie. Ons identifiseer ons nie meer deur ons klubs, groepe of denominasies nie. Mense glo hulle tel nie as die skare getel word nie. Mense wil nie meer nommers wees nie – hulle voel asof hulle gemanipuleer word. Leiers voel nog dat om die naamlose, gesiglose mense wat samekomste bywoon, te tel is ’n bewys dat hulle hulle werk goed doen. Niemand anders glo dit nie.

Baie mense wat die kerk verlaat, verlaat nie vir God nie – hulle verlaat die kerk oor die manier waarop ons kerk doen. Doen is belangriker as bywoning. Hoe kan ons mense aanmoedig tot groter geestelike toewyding?

  • Gee aan mense die geleentheid om ’n verskil te maak

Mense wil ’n verskil maak – kyk na die bewusmakingsveldtogte vir kanker. Ons wys nie vir bywoners van eredienste hoekom hulle teenwoordigheid belangrik is nie; hoe dit hulle geestelike honger kan stil nie; hoe hulle bywoning kan gebruik om ander te seën en tot hulle voordeel te wees nie.

  • Maak die kommunikasie twee-rigting so dikwels as moontlik

Mense wil aktiewe deelnemers en nie passiewe verbruikers wees nie. Hulle wil praat met – nie net toegespreek word nie. Hulle wil weet dat hulle siening iets beteken.

  • Meer stories en minder statistiek

Ons vertel stories, want mense is belangrik en stories gaan oor mense.

  • Maak die verbinding vir hulle

Mense sien nie meer die verband tussen betaal vir die leraar se salaris of die afbetaal van die kerk se skuld en die voorsiening van kos aan armes as antwoord op hulle geestelike verlange nie. Ons moet vir hulle wys waarom dit belangrik is.

Die begeerte om te skuif van passiewe verbruikers na aktiewe deelnemers is ’n goeie ding. Mense wil nie net sit en luister nie. Hulle wil leer, groei en deelneem. Ons moet hulle help om te kry waarna hulle soek.

Kommunikeer die visie

Toe God vir Dawid ’n visie van die tempel in Jerusalem gegee het, wou Dawid dadelik betrokke raak om hierdie visie ’n werklikheid te maak. Maar God het vir hom gesê dat die taak om die tempel te bou aan Salomo opgedra sou word. Dawid het nie gevoel dat hy nou uitgeskuif word nie – hy aanvaar onmiddellik sy opdrag om die visie van die tempel oor te dra op so ’n manier dat Salomo sy ongekwalifiseerde ondersteuning vir die projek sou gee.

Let op hoe Dawid dit gedoen het (1 Kronieke 28):

  • Hy maak seker dat almal besef dat die visie van God kom (vers 1-3)
  • Hy lig Salomo in dat die taak om die tempel te bou syne sou wees (vers 6-7). ’n Halfhartige poging sou nie die werk gedoen kry nie. Dit sou totale toewyding aan God en die taak vereis (vers 8-10).
  • Dawid verseker die mense dat God vir Salomo in staat sal stel om die taak suksesvol te voltooi: Ek het hom vir My as seun gekies, en Ek sal vir hom ’n Vader wees (vers 6).
  • Dawid gee aan Salomo voldoende besonderhede oor die tempel sodat Salomo dit kon visualiseer (vers 11-19).
  • Daarna bemoedig Dawid weer vir Salomo (vers 20-21).

Een van die belangrikste take van ’n leier is om ander in die gemeente aan te steek met die visie. Dink aan Dawid se strategie. Baie van die beginsels kan aan jou eie situasie oorgedra word. God het aan ons die voorreg gegee om deel te neem aan sy werk op aarde. Maar ons moet hierdie Godgegewe visie aan ander oordra op so ’n wyse dat hulle dit sal aanvaar. Maar toe sê ek vir hulle: “Julle sien self die benarde toestand  waarin ons sit. Jerusalem is in puin en sy poorte is verbrand. Kom ons herbou die muur van Jerusalem, dat die vernedering nie langer op ons rus nie.” Ek het hulle toe vertel hoe my God sy goeie hand oor my gehou het en wat die koning vir my gesê het. Hulle het gesê: “Kom ons bou!” en hulle het die goeie werk aangepak (Nehemia 2:17-18).