Identiteit en Versoeningswerk (Anti-Rassisme en Geregtigheid)

Hierdie volgende inskrywing is die opsommende totaal van drie dae se gedagtes rondom anti-rassisme en geregtigheid in Johannesburg by die eMseni Retreat Sentrum.

“Mense is moeg om oor versoening te praat en dit nie te voel/ervaar nie.”

“Ons doen nie onsekerheid goed nie…”

Wanneer fasiliteringswerk met gemeentes gedoen word in brugtydperke kan ‘n storiemuur gebruik word wat die konteks van die gemeenskap identifiseer, die gemeente se geskiedenis in die gemeenskap en elke deelnemer se persoonlike ervarings. Dit word gegrond in ‘n anker teks deur saam te wandel in die Woord.

Ontmoetingsvrae:

  1. Wie is jy en wat celebrate jy tans?
  2. Is there anything that you might be sitting with that in sharing with us will allow you to be fully present?
  3. Wat beteken versoening vir my en hoekom maak dit saak?

“Daar is betekenis agter elke keuse.”

Goeie vra om uit te vind wat staan in die pad van innovasie/transformasie/…

  1. What about what we are trying to do here feels like the biggest blockage?
  2. What are some of the limiting assumptions that you carry about this?
  3. Which assumption is most limiting?
  4. Do you think this assumption is inherently true and why?
  5. If untrue: What are your words for what is true and liberating instead? If true: What can you credibly assume instead?
  6. If the world knew (insert true, liberating alternative), what would change for you?
  7. If you and the world knew (insert true, liberating alternative), what would change for the world?

Na hierdie oefening het ons kenmerkende eienskappe van ‘n wit man neergepen, asook die van ‘n swart man en dit met mekaar vergeleik om te sien hoe die perspektiewe teenoor beide mans verskil.

“Onthou, daar is mense wat verandering/versoening/innovasie/transforasie wil sien, onthou hulle. Moet nie vaskyk in die wat dinge wil hou soos dit is nie, of selfs ‘n paar tree terug wil gee nie.”

Power Flower: Die Power Flower bestaan uit vele dimensies wat gebruik word om mag uit te beeld. Gaan kyk ook gerus na die werk van WE RISE oor die Power Flower.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Om verder te gaan om voorreg uit te beeld het ons die volgende vrae aan onsself gevra:

  1. Waar het jy groot geword?
  2. Met watter speelgoed het jy gespeel?
  3. Watter kos het jy geeet?
  4. Waar het jy gaan vakansie hou?
  5. Wat het jou ouers vir werk gedoen?
  6. Tot watter mate het jy toegang tot tegnologie en lees materiaal gehad?
  7. Na watter tipe skool het jy gegaan?
  8. Watter taal het jou familie gepraat?
  9. Het jy met beide ouers grootgeword?
  10. Watter beelde van jouself het jy in die media gesien?
  11. Is jy ooit neerhalende name genoem op grond van een van die dimensies van jou identiteit?
  12. Het jy meestal veilig gevoel?

En om jou eie bias of vooroordeel raak te sien die volgende gevra:

  1. Wanneer het jy vir die eerste keer bewus geraak van jou ras identiteit?
  2. Wat dink jy sien mense soos jy nie raak nie wat mense kan seermaak?
  3. As gevolg van jou ras het jy al bias ervaar, persoonlik of professioneel, wat jou bevoordeel of benadeel?
  4. Nou at jy dit weet wat kan jy moontlik anders doen?

Wat het jou laat verander? – Blootstelling!

Wat het ek nodig om die werk te doen?

‘n Moontlike NGK perspektief op Clem Sunter se vlaggies

Clem Sunter lig ‘n paar belangrike vlaggies uit om dop te hou vir die toekoms waaronder die volgende voorkom:

  1. Die Religie vlag: Dat die religieuse oorloë tussen Saudi Arabië en Iran dopgehou moet word.
  2. Die Rooi vlag: Dat lande soos Rusland, Sjiena en Noord Korea dopgehou moet word vir moontlike kommunistiese bewegings.
  3. Die Grys vlag: Dat lande soos Japan, die Verenigde Koninkryk en Sjiena dopgehou moet word vir hulle ouer wordende gemeenskap.
  4. Die Bewolkte vlag: Dat anti-establishment sentimente dopgehou moet word as gevolg van stygende ongelykhede in die samelewing.
  5. Die Groen vlag: Dat ekologiese kwessies aan die toeneem is en dopgehou moet word.
  6. Die Pandemie vlag: Dat hierdie vlag se scenario nou aan die uitspeel is met die COVID-19 virus.

Ek het gewonder wat sal gebeur as ons kortliks na hierdie 6 vlaggies kyk vanuit die perspektief van die NGK. Hoe sal die NGK reageer op hierdie vlaggies?

  1. Die Religie vlag: Religie in Suid-Afrika raak al meer pluralisties. Terwyl Suid-Afrika steeds statisties ‘n Christelike land is met 79.8% (2001, statistieke Suid-Afrika) van die bevolking wat meld dat hulle Christene is, wonder ek of hierdie die praktieserende geval is? Met sosiale media wat ‘n al groter rol speel in die gedagtegang van jongmense wonder ek regtig hoeveel Suid-Afrikaanse burger leef steeds Christelik en vertel ander mense van hulle Christelike oortuiging.
  2. Die Rooi vlag: Met Suid-Afrika wat besig is om hegter bande te smee met veral lande soos Sjiena en Rusland is die vraag daar oor wat die langtermyn gevolge daarvan gaan wees op die toekoms van die religie in die land.
  3. Die Grys vlag: Hierdie vlag is veral ‘n vlag om dop te hou in die NGK omdat ‘n beduidende deel van die NGK se lidmate bo 65jaar is. En wat hierdie vlag nog belangriker maak om dop te hou is dat hierdie ouderdomsgroep van die NGK se lidmate tradisioneel ook die gedeelte is wat getrou bydraes maak aan die sisteem. Jonger mense en NGK lidmate gee eerder hulle tyd en geld aan kleiner organisasies waar hulle die verskil kan sien en in kan deel as om ‘n dankoffer in ‘n groot put te gooi waaroor hulle nie eintlik ‘n sê het nie.
  4. Die Bewolkte vlag: Hierdie vlag is ook ‘n belangrike vlag om dop te hou in die lig van die reuse ongelykheid in die land. Waar gaan die NGK haar stem laat hoor en deelneem aan die regstellende aksie? Veral gegewe dat die NGK ‘n bydrae in die verlede gemaak het tot die ongelykhede van die land?
  5. Die Groen vlag: Ek vermoed ‘n groot deel van die ekonomie gaan onder die groen vlag staan in die toekoms. Hier kan die NGK nie net al haar geboue en bates ekologies bestuur nie, maar ook aktief ‘n ekologiese bewussyn kweek onder mense om in harmonie met die ekologie te leef.
  6. Die Pandemie vlag: Die COVID-19 pandemie het ‘n groot impak op die gesondheid van die NGK. Dit plaas ‘n vergrootglas op alle werksaamhede van die kerk. As daar nie goeie verhoudings was voor die pandemie is daardie verhoudings nou nog broser, waar sterk verhoudings gebou was, dra dit nou by tot sterker samewerking.

Ek plaas hierdie woorde vir myself om op ‘n gereelde basis terug te kom na hierdie vlaggies en dit te herbedink soos die omstandighede verander.

Clem Sunter se vlaggies om dop te hou vir die toekoms

Introducing a scenario of hope changes the future.

 

  1. Scenario Planning
    1. Mind of the fox
      1. One future: hedgehog
      2. Many futures: fox
  2. Flag watching
    1. Religion flag
      1. Religious wars between Saudi and Iran
    2. Red flag
      1. Russia
      2. China
      3. North Korea
    3. Grey flag
      1. Ageing population
        1. Japan
        2. UK
        3. China
    4. Cloudy flag
      1. Anti-establishment sentiment because of rising inequality in society
    5. Green flag
      1. Ecological concerns
    6. Pandemic flag
      1. Much to do about
      2. Camels straw
        1. The world was in a fragile state before the pandemic hit
          1. China’s growth slowing down
          2. Easy money policy with low interest rates which led to massive governmental and consumer debt.
        2. Economy breaks the camels back
        3. Length of economic recovery is important
          1. Watch the statistics
            1. GDP
            2. Inflation
            3. Level of employment
            4. Not a “V” but a “U” curve
      3. Spain again
        1. Second wave of outbreak?
        2. Much uncertainty about virus
        3. Uncertainty about fatality rate
        4. Uncertainty about infection rate
        5. Uncertainty about cure/vaccine
      4. Tightrope
        1. A balance between lives and livelihood
        2. A balance between lives and economy
        3. Walk the tightrope until covid-19 has a vaccine or goes away
        4. South African scenario playing out
  3. “May the fox be with you.” – Clem Sunter
  4. Is there any way to get away from “the rich get richer” scenario?
    1. WW2 did wreck the wealthy 50’s 60’s 70’s was a time of global growth for all.
    2. It is possible after the pandemic is over when we move to a global inclusive economy.
  5. Siyabulela Xuza
  6. The world of work has changed. The power does not lie in big government or organisations. Adapt to small businesses as the way of the future. Small businesses are going to transform the South African economy.