Thriving in a Perfect Storm

Hier volg ‘n kort opsomming van die keynote van Graeme Codrington en Dean van Leeuwen oor “Thriving in a Perfect Storm” wat te vinde is hier: Thriving in a Perfect Storm Webinar Replay

 

“You cannot overtake 15 cars on a sunny day, but you can when it is raining.” – Ayrton Senna, F1 Champion.

In the Long Storm most organisations will try and weather the storm. They may never be seen again. Using old ways to fight new fights will not work.

Langenhoven het die spreekwoord gehad: “Dieselfde water draai die wyse se meule wat die dwaas se grond verspoel.” En dit het my baie laat dink aan die gereedheidgrondslag van talle mense hier in my tuis provinsie (KZN) met die afgelope vloede. So ook met die Karoo boere. Die droogte druk hulle. Wat van die wat in die 2010’s al begin het om sonplase te bou? Die skape kan steeds onder die sonpale wei aan die kenmerkende bossies. So as die die droogte druk het die boer nog ‘n bron van inkomste waar hy energie kan verskaf aan omliggende areas, en nou selfs kan terug verkoop aan Eskom.

Van Leeuwen praat van Headline Trends wat geignoreer word en noem dit grys olifante. ‘n Grys olifant is hoogswaarskynlik, het groot impak, maar word tog geignoreer as ‘n vorm van verandering.

  • veroudering
  • multi-polariteit
  • groot aandelemarkte omwentelinge
  • ongelykheid
  • intelligensie vooruitgang
  • kwaai mense
  • kwaai planeet

Hy noem ook dat daar Kairos oomblikke sal wees. Skaars oomblikke waar die wat ingestel is op verandering daarop kan kapitaliseer. Hierdie oomblike sal wel vinnig verdwyn en die wat dit nie raaksien en benut nie, agterlaat.

Om die kairos moment suksesvol te navigeer kan hierdie vier beginsels in ag geneem word:

  1. om goeie ekosisteme te bou
    1. Bou so ‘n ekosisteem dat mense na jou toe sal wil kom. Jy moet die verkielike vennoot wees in jou ekosisteem. Omring jouself met goeie mense in jou veld. Wees ‘n talent magneet.
    2. Wees iets wat sterker word deur moeilike tye. Soos ‘n boom wat skeef waai deur ‘n storm, groei daardie boom dan sterker terug in die rigting van die storm.
  2. om bionies tewerk te gaan
    1. Gaan bionies tewerk deur dit waarmee mense goed is vir mense te gee om te doen, en dit waarmee masjiene goed is vir masjiene los om te doen. Integreer hierdie stelsels.
  3. om ‘n fors vir die goeie
    1. Moet nie net getalle of wins najaag nie, maar eerder die goeie. Wees ‘n mens of organisasie wat die goeie voor op als stel eerder as getalle of winste, mense sien dit raak en besluit dienooreenkomstig of hulle wil deel wees van jou ekosisteem.
  4. om verkenners te wees
    1. Moet nie bang wees om die onbekende te verken nie.
    2. Bevraagteken die sogenaamde onmoontlike.
    3. Skep ‘n kultuur van nuuskierigheid.
    4. Bou veilige spasies waar mense hulself sonder voorbehoed kan wees.
    5. Mense weet nie wat hulle wil hê totdat jy vir hulle wys wat hulle wil hê nie.

Die beste manier om te floreer in die toekoms is om die een te wees wat die toekoms skep.

‘n Blik op die toekoms van werk

Hier is ‘n vraag…

 

Wat sal (vul jou beroep hier in):

  • werk (projekte, temas, probleme wat opgelos moet word)
  • dra (kleredrag, indien enige)
  • leer (kennis, vaardighede en waardes)

in 5 jaar van vandag?

 

Om op die voorpunt van jou veld te bly beteken nie om jouself te meet aan vandag se standaarde nie (soos baie van ons ongelukkig doen).

Dit is om die toekoms in te kyk.

 

So,

  1. Waarin is jou beroep besig om te verander?
  2. Wat gaan mense in die toekoms doen wat jy van sal moet leer en verstaan?

Dan,

  • Wat kan jy nou al leer en doen om te verseker dat die oorgang in die toekoms in gladder verloor vir jou beroep of loopbaan?

 

Op die einde van die dag is nie vraag: Wat gaan jy daaromtrent doen? Want of ons gereed daarvoor is of nie, die toekoms sal ons vind.

 

So gaan voort, laat jou verbeelding gaan oor wie, wat en waar jy in 5jaar kan wees.

Deadlines

Hierdie week is ek terug by die werk en deur die loop van my Sabbatsverlof het ek ‘n paar dinge geleer.

Duidelike lyne. Beplanning. Ek is goed met beplanning en om dit na te laat, laat my ontspoor en uitrafel.

Die spreekwoord: “If you fail to plan, you plan to fail.” Raak duidelik saam met ‘n jong seuntjie op ‘n Kaapse wintervakansie.

So, hoekom “Deadlines” in die opskrif?

Nic Hralambous van die DailyMaverick skryf die volgende in sy nuusbrief van 7 Julie 2022. “But deadlines help us cope with the difficulties that we experience. When there is an end in sight, humans can take on about any challenge.”

Daarom, merge gedagtes oor beplanning en deadlines vir my. Om struktuur aan my lewe en program te gee help my om myself te pace en te weet wanneer kan ek sit en wanneer ek kan werk. Die lewe is nie net vir sit nie, en ook nie net vir werk nie.

Wees spesifiek oor wat jy wil bereik. ASAP en EOD is vaag. Wanneer is ASAP? Hoelaat is EOD? My “end of day” verskil van jou “end of day”. Wees spesifiek wanneer jy wat wil doen of gedoen wil hê.

Wette vir Deadlines:

1. Hofstadter’s Law – Alles vat altyd langer as wat jy dink dit gaan vat.

2. Parkinson’s Law – Die taak vergroot volgens die tydgleuf wat daaraan toegeken word. Deur ‘n streng deadline te stel sal die taak in die geraamde tyd inpas. Dit bring fokus op wat belangrik is.

3. 80/20 (Pareto Principle) – Die Pareto beginsel stel voor dat 80% waarde in 20% van jou tyd opgesluit is. Hou by hierdie beginsel om te fokus op daardie waardevolle 20% van jou dag en kry dit eerste gedoen en vul dan die res van jou dag met die 80% ander dinge.