gewigtige gevoelens

woorde sonder emosie verval

in abstrakte dogmatiese leerstellings

gereserveer vir mediese mikrobioloë

om te dissekteer na willekeur

 

gevoel verleen gravitasie sodat

aantrekkingskrag realiseer tussen objekte in

relasie tot mekaar van

sendingstasie sonder komplikasie

 

– Francois van Dijk

jy, die troefkaart

jy troef, hom

al is jy nie

 

toneel geniet

verniet

 

jy troef, almal

al is jy nie

 

– Francois van Dijk

as kleur kon praat

donkerpers, drie katte

skedel gepak tussen koppies

paganisties

ideologies

angs oorval

praat vinnig

baie

min stil

gewone tee

met melk bedien

roosknoppie rokkie

hang los

hare speel

lippe

‘n donker gat is jy

sterrekundiges droom oor jou

tussen die planete

weggesteek, gereed om in te sluk

uit te spoeg

sonder geweld

onaangeraak

maar wel, anders.

– Francois van Dijk