Cest La Vie, speldekussings, straatligte, ek soek die energie

vlieg so hoog soos ‘n missiel

sink so vinnig soos ‘n slagskip

‘n foon wat aan en afsit

‘n gogga in die matriks

 

ek sal nuwe meds moet kry

as ek myself vir eens kan vind

kort ‘n time machine vir dit

myself verloor al as ‘n kind

 

dis al wat ek wil hê

e-n-e-r-g-i-e

wag het ons ‘n probleem?

of spel ek dit verkeerd?

 

Tussen die straatligte

Waar ons mekaar kan vind

dis donderweer tussen ons twee

sal jou al my lading gee

 

C’est la vie

Dis als mos verniet

Ek hoop dit maak jou happy

C’est la vie

 

Ek voel jou gloei deur my are

Vou my toe

Kom soek my diep in die skare

Ek los vir jou blomme by die agerdeur

Ek kan nie dans nie maar ek kan probeer

 

dis al wat ek wil hê

e-n-e-r-g-i-e

wag het ons ‘n probleem?

of spel ek dit verkeerd?

 

tussen die straatligte

waar ons mekaar kan vind

dis donderweer tussen ons twee

sal jou al my lading gee

 

C’est la vie

Dis als mos verniet

En ek hoop dit maak jou happy

C’est la vie

 

  • Die Heuwels Fantasties.

ek sal sterf en na my vader gaan

ek sal sterf en na my vader gaan
Wellington toe met lang bene
blink in die lig
waar die kamers swaar en donker is
waar sterre soos seemeeue sit op die nok
en engele vir wurms spit in die tuin,
ek sal sterf en met min bagasie
in die pad val
die Wellingtonse berge oor
tussen die bome en die skemer deur
en na my vader gaan:

die son sal in die aarde klop
die wind se branders laat die voeë kraak
ons hoor die huurders
skuurloop bo ons kop
ons sal dambord speel op die agterstoep
– ouvader kul –
en oor die radio luister na die nag se nuus

vriende, medesterwendes,
moenie huiwer nie; nou hang die lewe
nog soos vlees om ons lywe
maar die dood beskaam nie;
ons kom en ons gaan
is soos water uit die kraan so

soos klanke uit die mond
soos ons kom en ons gaan:
ons béne sal die vryheid kén
kom saam
in my sterf in in my na my vader gaan
Wellington toe waar die engele
met wurms vet sterre uit die hemel hengel;
laat ons sterf en vergaan en vrolik wees:
my vader het ’n groot bôrdienghuis

– Breyten Breytenbach