remoer, gedruis, gesuis
opsoek na
lag
onskuldig, sag
oggendreen
vir donker holtes
versigtig
weggesteek
drup drup
vloei binne
stil stil
maak vol
konsentriese sirkels
omsirkel
kring uit
van binne na buite…
– Francois van Dijk.
remoer, gedruis, gesuis
opsoek na
lag
onskuldig, sag
oggendreen
vir donker holtes
versigtig
weggesteek
drup drup
vloei binne
stil stil
maak vol
konsentriese sirkels
omsirkel
kring uit
van binne na buite…
– Francois van Dijk.
lewensjare vorm deur die jare
die een bou op die ander
‘n vlegsel lewe
wat voedingstowwe verteer
lewensjare loop sirkels rondom
die kern van die biologiese
sisteem, die hart klop
ritmies, klokslag, gereeld
maar is die lewe so eenvoudig
soos die een klop na die ander?
naturalisties vooraf bepaal deur
die noodlot, sonder afwyking
afwyking
skep afwagting
vir nou
vir altyd.
– Francois van Dijk.
waar is jy vanaand
hoekom is jy nie hier nie
wie noem jou naam
pragtig
jy’s die rooi in die wyn
jy’s die vlam in die vuur
jy’s die sag in die sand
en die sproei op die brander
hoekom voel ek so deurmekaar
wanneer gaan ek stil kan raak
hoe gaan ek onthou
jou naam
waar is jy vanaand
ek wil stil raak
met jou naam
op my lippe
– Francois van Dijk