afwyking

lewensjare vorm deur die jare
die een bou op die ander
‘n vlegsel lewe
wat voedingstowwe verteer

lewensjare loop sirkels rondom
die kern van die biologiese
sisteem, die hart klop
ritmies, klokslag, gereeld

maar is die lewe so eenvoudig
soos die een klop na die ander?
naturalisties vooraf bepaal deur
die noodlot, sonder afwyking

afwyking
skep afwagting
vir nou
vir altyd.

– Francois van Dijk.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *