reën

woorde waai en pak saam
idees, gedagtes, en denke dring deur
wolkbank kom en wolkbank gaan
dan kom die reën in oë wat treur

donkerbruin, emosie belaai
verlede, onderdruk
hede, verdraai
donkerbruin, waaraan verstik

woorde donder blitsend na onder
afgeëts in ruwwe rots, geen teken van groen
maar weer sal waag om te wonder
van stadig, sagkuns, soet soen.

-Francois van Dijk

ongetiteld

Ek wil wakker word waar jy slaap.
Ek wil koffie bring as jy gaap.
Met jou wil ek praat.
En saam droom oor Eloff straat.

– Francois van Dijk

die dae

waarheen is die dae van kindwees
rondloop kaalvoet sonder onbewuste vrees
aanvaart swart vir swart
en wit vir wit

geen filosofiese metafisieka oor relatiwisme
wat sinspeel op die geheelbeeld
van menswees

wanneer kom die dae van wees
om met rustigheid
die reuk van moer koffie te waardeer
sonder om te wonder
te wonder oor die volgende…

– Francois van Dijk