ek ken jou nie nie jou dieptes nie nie jou drome nie en nie jou danse nie jy is 'n misterie jy is 'n vlam in die vuur saam jou wil ek hitte ervaar saam jou wil ek geheime openbaar kom koue die misterie van die vlam sal verorber vir jou met haar goue gloed, virewig - Francois van Dijk
fata morgana
gedemp, ambivalent, stil, soms lewendig, maar net, vir 'n moment min dink, so vlieg hy deur sy dorre gedagtes en staar alom hom, alles spikkelbeelde hy sweef in die tussen die lugstroom hou hom hoog winde van verwagtinge dra hom na nog 'n naamlose bestemming sonder vaste grond 'n fata morgana, want hy het gegee aan haar, sy vrees, virewig vasgevang, opsoek na die fata morgana... - Francois van Dijk
ongetiteld
ek vrees myself in jou stil, hakkerig, kyk ek af stom ongemaklik, sonder oogkontak prewel ek "Hallou, ..." eintlik wil ek net aanhou stap sonder jou wat na my gedagtes gryp maar ons is mos groot ons is mos gesond ek stap weg met jou wat aan my gedagtes krap soos 'n donkerboom se takke teen venster dit reën ek probeer my gordyne toe hou - Francois van Dijk.
