fata morgana

gedemp, ambivalent, stil,
soms lewendig, maar net, vir 'n moment min dink,
so vlieg hy deur sy dorre gedagtes
en staar alom hom, alles spikkelbeelde 

hy sweef in die tussen
die lugstroom hou hom hoog
winde van verwagtinge dra hom
na nog 'n naamlose bestemming sonder vaste grond

'n fata morgana,
want

hy het gegee
aan haar,
sy vrees,
virewig vasgevang, opsoek na die fata morgana...

- Francois van Dijk

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *