Algemene Sinode Dag 4

Die oorgrote meerderheid van die sinode stem JA vir die Belydenis van Belhar.
Prys die Here!

Dames en here, vandag was een van die dae vir die geskiedenisboeke. Die atmosfeer toe ek in die saal in stap terwyl die gesprekke oor die Belhar belydenis besig was, was een van afwagting. Die behoudende groep het begin besef dat in hulle veg teen die oorgrote meerderheid wat pleit vanuit hulle harte vir die aanvaarding van die belydenis.

Die dominees het regtig diep met sigbare oortuiging van die Heilige Gees gepraat vanuit hulle harte. Dit was ‘n besondere ervaring. Soos die dominees gepraat het, het mens bewus geraak dat die Here regtig teenwoordig is in hierdie vergadering. Met stemtyd het seker 95% van die saal hulle oranje kaartjies in die lug opgesteek om vir die aanvaarding te stem, en in minder as 10 sekondes was dit besluit en aanvaar.

Wat ‘n wonderlike God dien ons nie dat Hy die geestes oe van die mense oopgemaak het om die toekoms raak te sien. Wat 25jaar gelede begin is, het vandag uiting gekry in die geledere van die NG Kerk. ‘n Jong dominee het gepleit en gese dat die ouer geslag moet dink, nie aan hulleself nie, maar aan die geslag wat na hulle volg. ‘n Baie bejaarde oom wat as ouderling afgevaardig is, het toe juis later dit bekend gemaak dat hy self nie saamstem met wat voorgestel word nie, maar dat hy daarvoor sal stem ten gunste van die nuwe geslag van die kerk. Goddelik!

Met tee-tyd na die stem het mense handgedruk en hier en daar was dominees se oe rooi met tekens van trane. Ds Jan Lubbe het onder andere gese dat die teologie waaroor dosente ‘n dekade gelede hul poste verloor het is vandag aanvaar.

Hopelik sal vandag, 13 Oktober 2011, jou aanspoor om jouself beroepbaar te stel nie net in die NGK nie, maar ook in die VGK!

Die besluit is geneem, die bal is aan die rol, dit is nou ons werk om die bal in die regte rigting te laat rol. Ons nuwe geslag van dominees moet nou voortbou op vandag se besluit.

SOLI DEO GLORIA!

Algemene Sinode, Dag 1

So my liewe klasmaats vandag is die geskiedenis boeke geskryf met die nuwe moderator wat ingestem is in die moderatuur van die Algemene Sinode. Prof Nelus Niemandt. Hy is nes prof. Piet Strauss ook in die akademie, maar gebonde aan TUKS, die akademici staan dus uit in die laaste paar jaar lyk dit vir my.

Teen 14h00 vanmiddag, wat die afsny punt was vir registrasie, was daar 195 leraars en 181 kerkraadslede geregistreer vir die sinode om julle ‘’n prentjie te gee van die grootte van die sinode.

Vanoggend het ek met groot afwagting na die sinode gery omdat daar ‘’n groep beswaardes sou betoog het oor dwaalleer in die kerk, maar toe ek by Birchwood konferensie sentrum opdaag sit daar slegs een omie in sy groen kamp stoel voor die sentrum met twee plakkate langs hom. Hy was die totale protes namens die beswaardes, hulle groepie is 50 sterk.

Ek het vandag ook vir Ds. Andre Barlow, Ds. De La Harp le Roux, Ds. Retief Botha, prof. Fanie Snyman en prof. Francois Tolmie gesien by die sinode. Dit is baie lekker om die bekende gesigte te herken tussen die skare dominees! En Michelle van Tonder is ook hier vir die week, sy sê sy sal maar die agenda deur werk so stukkie vir stukkie soos wat dit nodig is vir die sake wat die volgende dag bespreek gaan word. As julle onthou, die agenda is 301 bladsye vol leesgenot.

Ons eet ook baie lekker hier by Birchwood! Vir elke ete omtrent kan jy kies tussen hoender, bees, of vis en daarmee saam is daar ook lekker groente wat keurig voorberei is. Poeding moet ook nie vergeet word nie. Nee, hierdie lyk na enige dominee se droom as dit by die ete en drinke kom, maar die gesittery in die saal kan maar eentonig raak en ek het al ‘’n gaap of twee gewaar vandag.

Maar nou ja, ek moet môreoggend weer vroeg opstaan sodat ek 07h30 by die sinode kan wees. En julle weet mos, ek is ‘’n oggend mens by uitstek!