uitsonderlik

in bloemfontein
op kampus
op gras
op rug
onder wolke
tussen wind
rondom blare
langs haar
omhels in liefde…

– Francois van Dijk

maar hoekom

Die lewe is nie regverdig nie
tog is daar goeie en slegte goed,
maar hoekom?

Jy kan hoeveel keer vir jouself sê dat jy nie seer sal kry
maar tog kry jou hart ‘n kraak,
maar hoekom?

Die maan kan hoe helder skyn
tog bly dit donker,
maar hoekom?

Jy kan hoe slim wees
maar kry nooit al die antwoorde nie,
maar hoekom?

Die liefde in jou is so eg
tog gooi sy dit op die grond en loop weg,
maar hoekom?

Jy kan hoe baie opoffer
maar daar word geen waarde daaraan geheg nie,
maar hoekom?

Maar hoekom?
Hoekom sien niemand dit raak nie?
Hoekom nie?

– Anoniem

reën

woorde waai en pak saam
idees, gedagtes, en denke dring deur
wolkbank kom en wolkbank gaan
dan kom die reën in oë wat treur

donkerbruin, emosie belaai
verlede, onderdruk
hede, verdraai
donkerbruin, waaraan verstik

woorde donder blitsend na onder
afgeëts in ruwwe rots, geen teken van groen
maar weer sal waag om te wonder
van stadig, sagkuns, soet soen.

-Francois van Dijk