Ek wil wakker word waar jy slaap.
Ek wil koffie bring as jy gaap.
Met jou wil ek praat.
En saam droom oor Eloff straat.
– Francois van Dijk
Ek wil wakker word waar jy slaap.
Ek wil koffie bring as jy gaap.
Met jou wil ek praat.
En saam droom oor Eloff straat.
– Francois van Dijk
waarheen is die dae van kindwees
rondloop kaalvoet sonder onbewuste vrees
aanvaart swart vir swart
en wit vir wit
geen filosofiese metafisieka oor relatiwisme
wat sinspeel op die geheelbeeld
van menswees
wanneer kom die dae van wees
om met rustigheid
die reuk van moer koffie te waardeer
sonder om te wonder
te wonder oor die volgende…
– Francois van Dijk
die ewige oorlog
is vanaand stil
‘n straaltjie sonskyn het my dag verlig
sodat ek die mooi kon raaksien
my woede is vanaand stil
want die waarheid se veer
het in my skoot geval
– Francois van Dijk