voete sink weg in sonwarm sand
pale plant
net span
blougeel bal gereed
sewe een een sewe
asem in, diafragma bal
hand lug
tref
bal vlieg, na bo
wind
son
blind.
– Francois van Dijk
voete sink weg in sonwarm sand
pale plant
net span
blougeel bal gereed
sewe een een sewe
asem in, diafragma bal
hand lug
tref
bal vlieg, na bo
wind
son
blind.
– Francois van Dijk
lewenslyne loop
deurmekaar
oormekaar
word verstrengel
kraaines
koek
betekenis gesoek
visoene verstar
drome loop droog
‘n kind se laggie
word hol geraas
wind, aardbewing, vuur
slegs in stilte is Ek
Ek is.
– Francois van Dijk
dowwe duif sweef oor die oseaan
vaal veertjies wapper in die wind
deurmekaar
uitmekaar
en breek los
vanaf eenheid tot veelheid
orals
alom
af links af regs
af links af regs
val die veertjie in veelheid
oseaan
tot eenheid
– Francois van Dijk.