Man tot man

| my seun
| noudat jy vier is
| is dit tyd om te praat

| oor die dinge wat ‘n boerseun raak

| ja, Pa het ook rugby gespeel
| twee armbreuke vir die eer van die skool

| en ja, Pa was in die army
| maar hulle het gesukkel om ‘n man van hom te maak

| askies, maar Pa kan nie sy dop soos ‘n man vat
| die buurvrou vry
| en die kaffers op hulle plek hou nie

| maar kom kniel hier by my
| ek leer jou bid
| ek leer jou lees uit ‘n boek
| hoe om die ganse wêreld
| in ‘n korreltjie sand
| te soek

| – Prevot van der Merwe (1952 – 2004)

die van dijk vraagstuk

ek sien haar, in

die see

die sonstrale

die sand

 

tog sy val deur my vingers

korreltjie vir korreltjie

glimlag vir glimlag

knipoog

grappie

liedjie

 

kasteel van sand

gebou met jou

 

in my hart(kamer) van stilte

sit ek met my purperrooi pinotage

kristal glas 2

bottel toe

 

kleine kurk, stop

die emosionele brander

en ek

staar vooruit, agteruit, alom

 

ek sit in stilte met my

purperrooi pinotage.

 

– Francois van Dijk