die brief

nimmereindigende liefde
baan die weg vir baie briewe

ditjies en datjies
inkopielysies met prysies
water en lig, rekening, verplig

vele woorde saam vorm een
sin, paragraaf, brief

afgesluit; ek het jou lief

– Francois van Dijk

-met verwysing na 30/06/2011

onthou jy ons roltrap insedent?
van bo na onder

“God het ‘n plan met jou.”

wenkbroue gelig
arms gevou

wat nou?

voet vir voet na voor
is ek getoor
wat wil Hy met my hê?
kan Hy my nie net sê?

toekoms blootgelê…

– Francois van Dijk

gevorseerd

‘n warm hart maak oop vir warm
glimlag
‘n koue wang, skrik, sluit, bang.
vasgevang.

– Francois van Dijk