The Disciplinary Revolution: Social Disciplining in Comparative Perspective

The Debate about Discipline: Arguments and Evidence

Die regte agent van verandering was nie die Protistantisme nie, maar Humanisme.

Religie was verseker ‘n baie kragtige vorm van dissipliene in die vroee moderne era, maar defnitief nie die enigste vorm daarvan nie.

Ecclesiastical Discipline: Lutheran, Catholic, and Calvinist

In die gereformeerde kringe was die sosiale strukture baie meer gedissiplineerd omdat dit baie meer omvattend, geografies asook sosiaal. Die strukture wat die kerk in plek gestel het, het hiervoor gesorg wat sinspeel op die vroere genoem word van sosiale dissiplinering.

Calvinistiese dissiplinering in kontras met Katolieke dissiplinering het baie meer gefokus op sosiale dissiplinering as wat daar gefokus was op toorkuns en uitsprake teen die kerk deur die Katolieke. Die Calviniste dissiplinering het gefokus op sosiale onderwerpe; seks, aanranding, dronkenskap, bankrotskap, ens.

Daar is ‘n groeiende liggaam van akademiese navorsing wat bewys dat kommunale vorme van dissiplinering meer effektief is as die hirargiese tiepe, omdat daar meer oe oor die mense gehou word en dit ook dieper/meer effektief/in waarheid na die mense gekyk kan word.

Social Discipline: Religion, the Reformation, and the Restructuring of Poor-Relief

Vir Luther was sy siening van armoede verligting gegrond in sy verstaan van genade, wat ook sy teologie ander gemaak het as die van die Katolieke Kerk. Omdat ‘n gelowige gered word deur geloof eerder as deur werke het Luther geargumenteer dat om in armoede te leef nie ‘n teken is dat jy nie ‘n gelowige is nie, en ook dat as jy vir die armes gee dit ook nie jou kanse tot die hemel gaan vermeerder nie.

Die armoede verligting wat geinstitusionaliseer geraak het met tye het gevra dat elkeen wat gehelp word deur die institusie ‘n spesiale balkie moet dra sodat identifikasie deur die instansie makliker sal kan geskied. Die gevolg daarvan is dat die instansie die wat arm is daar hou deur hulle deur die samelewing te kontrolleer en te brandmerk in effek dat die samelewing hulle as arm sien en nooit as meer as dit sal sien nie.

Wat interessant is, is dat in 1523 het die staat van Frankfurt vereis dat alle bedelary gestaak word en dit onwettig verklaar word. Die kerk het dit dan ook so teologies verdedig om saam te stem met die besluit van die staat. Die interessante deel is die dat die kerk saam met die staat gestem het, maar ook uit hul eie uit ‘n gemeenskaplike fonds gestig het om te help met die armoedeverligting. Dus so kon die staat niks teen die kerk hou nie, want hy het saam met hom gestem en die verligting het buite die kerk geskied deur inisiatief van binne die kerk. Die dubbelsinnigheid is duidelik sigbaar.

Daar was ook “skole” gestig ook “hospitale” genoem, waar haweloses, prostitute, en bedelaars ingeneem is. Hulle is dan na omgesien, maar hulle is ook geforseer om werk te verrig vir die omsien wat hulle ontvang het, wat deel uitmaak van ‘n morele en spirituele hervorming. Die vraag kan gevra word of die kerk ‘n groter saak gehad het om die ‘unruly’ van die samelewing te dissiplineer, of om die armoede te verlig.

Pullen is van mening dat die ware fors agter die sosiale hervorming ‘n ekonomiese krises en seviele humanisme was, eerder as religie.

Conclusion

p115: opgesom in een woord. Dissipliene.

The Disciplinary Revolution: Calvinism, Discipline, and State Power in Early Modern Europe

Body and Soul: Calvinism, Discipline, and State Power in Early Modern Europe

Sociological Theories of State Formation: Review and Critique

Twee eeue na die die Reformasie was sekerlik een van die stadiums in die geskiedenis wat staat en kerk die mees in mekaar verweef was. Meeste sosiolo het die politieke arena probeer verduidelik as gevolg van twee oorsake; die kapitalistiese beweging en die militere kompetisie. Met gevolg dat hulle geheel en al die derde motiverende faktor misgekyk het: die religieuse revolusie genaamd, Die Protestantse Reformasie.

Marxist Models: Class Relations or Exchange Relations?

Anderson sien die staat in terme van die sosio-ekonomiese klasse. Hy orden die staat daarvolgens. Wallerstein noem opsommend dat die opkoms van die staat in terme van ‘n gevolge ketting verstaan kan word. Verskillende rolle in die wereld ekonomie het gelei tot verskillende klasse strukture wat weer gelei het tot verskillende gemeenskappe.

Bellicist Explanations: The “Fiscal-Military Model”

Tilly is van mening dat oorlog die dryfkrag is agter staat vorming en transformasie van die staat. Hy is ook van mening dat die ekonomie ‘n groot impak het op die tipe strategies militere besluite wat geneem moet word.

Rethinking the Reformation: Religion and Politics in the Confessional Age

Tradisioneel word die Reformasie gesien as iets wat begin met Luther se 95stellings in 1517 en geeindig het met die Vredesverklaring by Augsberg in 1555, dit het ook hoofsaaklik gefokus op die suiwering van teologie.

The Confessionalization Paradigm: Periodization and Dynamics

Die tafel was gedek vir ‘n driehoekige stryd oor geloof en politieke grense tussen die Katolieke, Lutherane, en die Calviniste.

Die konfessionele paradigma was ‘n nuwe era wat die algemene kerk ingegaan het, dit was nie net ‘n periode vir die Reformasie nie, maar ook ‘n nuwe interpretasie van die nuwe moderne periode wat aangebreek het. Die nuwe era het gepoog om die kerk en staat met mekaar te vereenselwig via sosio-politiese lyne.

Daar was gepoog om te verstaan hoe die Reformasie in die tydsgees van die konfessionalisme bygedra het tot die geskiedenis in die lig van die uitbreiding van kommersiele kapitalisme en die moderne staat.

Confessionalization, Social-Disciplining, and State Formation

In die konfessionele paradigma gaan kerkbou en staatbou hand aan hand.

Die frase van die tyd was “religie is die band wat die samelewing by mekaar hou” (religio vincula societatis), die motiewe was nie aldag suiwer nie. Die terrotoriale kerkbou het ook as sulks politieke mag versterk wat weer sinspeel op die staatbou.

In Calvinistiese gebiede het die kerk meer outonomie gehad, maar lede van die magistraat het ook in die konsistorie (‘n Calvinistiese uitvindsel) gesit en saam met die ouderlinge die gemeente en gemeenskap bestuur. Dus wat die saamsmelting van kerk en staat voorloop.

Die Reformasie het ook onderrig gestimuleer. Reg oor Europa het Universiteite begin opduik om die kwaliteit van die kerk te verbeter.

Armoede verligting, onderwys en die regulasie van seksualiteit en die huwelik was verskriklik gemonitor deur die religeuse en siviele organisasies. Wat weer sinspeel op die dissiplinerende eienskappe van Calvinisme.

Calvinism and Social-Disciplining

Terwyl al drie (Katolieke, Lutherane, en die Calviniste) van die belydenisse dissipliene (religieuse en sosiale) voorskryf was dit Calvinisme wat dit met die grootste ywer en gevolge gedoen het.

Sentraal tot Calvinisme le die begrip van uitverkiesing en dit het gemaak, volgens Weber, dat die mens verslaaf geraak het om homself te vergeld en sy roeping uit te leef, en daardeur hard te werk en weelde en rykdom te vergader as manifestasie van God se genade aan die gelowige.

Calvyn het ook geglo dat spirituele groei plaasgevind het deur jouself oor te gee aan vrywillige diens en inwaardse dissipliene, en daardeur word ‘n natuurlike harmonie tussen moraliteit en begeerte gehandhaaf.

Calvinisme het dus ‘n nuwe etiek en leefwyse van self-dissipliene voorgestel.

Die sosiale aspek daarvan plaas ‘n groter verantwoordelikheid op die individu daardeur dat hy nie net vir sy eie saligheid verantwoordelik is nie maar ook die van saligheid (suiwerheid) van die hele kerk/gemeenskap. Elkeen het na homself gekyk, en almal het ook na almal gekyk. Puik vorm van sosiale manipulasie deur gebruik te maak van iets wat groot hoeveelhede gesag dra.

Rethinking State Theory: Foucault, Weber, and the Genealogy of Early Modern Governance

Michael Foucault and the King’s Body: Prolegomenon to a Theory of Early Modern Governance

Volgens Foucault rus die staat op verskillende sisteme van dissipliene en meganismes van beheer, en daardeur oefen dit dan verder beheer uit. Hy stel die sentralisasie van alle netwerke van mag en dominansie voor, maar stel voor dat dit beheer word eerder as wat nuwe sisteme van beheer en dominansie geskep word.

Snaaks genoeg, Foucault se manier van skryf was deurgaans annoniem. Al het hy homself teenoor sosiale probleme en sisteme uitgespreek het hy altyd die geskiedenis sonder ‘n subjek weergegee en boeke sonder gesigte geskryf.

Wat ons wel sal sien is dat die geskiedenis wel ‘n subjek het en nie annoniem kon geskied nie, en dat hierdie subjek ook ander subordineer.

Max Weber: The Protestant Ethic and the Spirit of the State

Weber is van mening dat die gees van kapitalisme sy wortels vind in die Reformasie en meer so in die teologie van die Calvinisme, spesifiek die teologie oor die uitverkiesing.

Weber noem ook dat die Calviniste nie tevrede was deurdat dissipliene net in die kerk toegepas was nie, en dit moes ook in die groter samelewing toegepas geword het. Een van die maniere wat die Calviniste gebruik het om hierdie doel te bewaarheid was deur die vorm van armoede verligting. Weber noem dat die Calviniste was wat eerste die wette rondom die armes gebruik het as instrument van die reg vir arbeids dissipliene.

‘n Tweede punt wat Weber uit wys is die spesiale band tussen asketiese Protestantisme en die politiese revolusie wat besig was.

Hy gaan verder deur te se dat die vooruitgang van die staat hoofsaaklik drie bene gehad het waarop dit gestaan het; sentralisasie, institusionalisering, en sosiale dissiplinering, en hy beklemtoon dat die laaste van hierdie drie aspekte die verreikendste effek gehad het.

Hierdie komplekse voorgeskrewe normes het gemaak dat die bourgeoisie van die samelewing hulself baie geinhibeer het en eerder deur strawwe sosiale klasse kompetisie uitgeleef het, wat gemaak het dat die laerklasse hulle optrede volg en later word almal so. ‘n Samelewing geinhibeer deur normes opgestel deur die geinhibeerde gedissiplineerde protistante bourgeoisie.

Summary and Synthesis: Confessionalization, Social Disciplining, and State Power

Discipline and Disciplinary Revolutions: Some Definitions and Distinctions

Ons kan onderskei tussen vier tiepes van dissipliene;

  • self-dissipliene (individueel en normatief)
  • regstellende-dissipliene (individueel en kooptief)
  • gemeenskaplike-dissipliene (sosiaal en normatief)
  • geregtilike en institusionele -dissipliene (sosiaal en kooptief)

Vanuit hierdie kan ons aflei dat die mees intense form van dissipliene is dus self-dissipliene omdat die reels geinternaliseer word en ook self gemonitor word.

Verder word daar gesuggereer dat die mees langdurendste dissipliene is die van sosiale karakter omdat dit deur die samelewing en die self gereguleer word.

The Disciplinary Revolution: Introduction

The Disciplinary Revolution

Calvinism and the Rise of the State in Early Modern Europe

——————–

Introduction

——————–

The subject of this book is the early modern state – what it was and how it came to be.

This book focuses on the impact of that the disciplinary revolution unleashed by the Protestant Reformation. In particular, it focuses on the role that Calvinism played in this revolution. By refining and diffusing a panoply of disciplinary techniques and strategies, it is argued, Calvin and his followers helped create an infrastructure of religious governance and social control that served as a model for the rest of Europe – and the world.

Like the industrial revolution, the disciplinary revolution was driven by a key technology: the technology of observation -self observation, mutual observation, hierarchical observation. For it was observation -surveillance- that made it possible to unleash the energies of the human soul -another well-known but little-used resource -and harness them for the purposes of political power and domination.

By “disciplinary revolution” I mean a revolutionary struggle, whether from below or above, which has, as one of its chief ends, the creation of a more disciplined polity.

Hier lê die outeur basies uit wat hy gaan bespreek in die boek. Eintlik ‘n “abstract” vir ‘n groot artikel in die vorm van ‘n boek. Hy stel sy sake, hoe hy dit gaan benader, en bespreek ‘n paar basiese begrippe,

—————————————

Dit was dan Introduction

—————————————