Algemene Sinode, Dag 1

So my liewe klasmaats vandag is die geskiedenis boeke geskryf met die nuwe moderator wat ingestem is in die moderatuur van die Algemene Sinode. Prof Nelus Niemandt. Hy is nes prof. Piet Strauss ook in die akademie, maar gebonde aan TUKS, die akademici staan dus uit in die laaste paar jaar lyk dit vir my.

Teen 14h00 vanmiddag, wat die afsny punt was vir registrasie, was daar 195 leraars en 181 kerkraadslede geregistreer vir die sinode om julle ‘’n prentjie te gee van die grootte van die sinode.

Vanoggend het ek met groot afwagting na die sinode gery omdat daar ‘’n groep beswaardes sou betoog het oor dwaalleer in die kerk, maar toe ek by Birchwood konferensie sentrum opdaag sit daar slegs een omie in sy groen kamp stoel voor die sentrum met twee plakkate langs hom. Hy was die totale protes namens die beswaardes, hulle groepie is 50 sterk.

Ek het vandag ook vir Ds. Andre Barlow, Ds. De La Harp le Roux, Ds. Retief Botha, prof. Fanie Snyman en prof. Francois Tolmie gesien by die sinode. Dit is baie lekker om die bekende gesigte te herken tussen die skare dominees! En Michelle van Tonder is ook hier vir die week, sy sê sy sal maar die agenda deur werk so stukkie vir stukkie soos wat dit nodig is vir die sake wat die volgende dag bespreek gaan word. As julle onthou, die agenda is 301 bladsye vol leesgenot.

Ons eet ook baie lekker hier by Birchwood! Vir elke ete omtrent kan jy kies tussen hoender, bees, of vis en daarmee saam is daar ook lekker groente wat keurig voorberei is. Poeding moet ook nie vergeet word nie. Nee, hierdie lyk na enige dominee se droom as dit by die ete en drinke kom, maar die gesittery in die saal kan maar eentonig raak en ek het al ‘’n gaap of twee gewaar vandag.

Maar nou ja, ek moet môreoggend weer vroeg opstaan sodat ek 07h30 by die sinode kan wees. En julle weet mos, ek is ‘’n oggend mens by uitstek!

Algemene Sinode, Die stilte voor die…

Naand sê liewe klasmaats!

Op die vooraand van die 14de Algemene Sinode kan ek vir julle met alle eerlikheid sê dat mens uiters dom voel as jy iemand aanspreek as “oom” en later na ‘’n vinnige Google Mobile dat jy sopas die sekretaris van die Algemene Sinode ontmoet het. Ja, dit is nie ‘’n baie aangename gevoel nie. En dan swot ek Teologie! Dit sê ek liewers nie hardop hierdie week nie. Hoe minder ek maak asof ek weet, in hoe minder slaggate kan ek trap met vreemde persone.
Hier is ‘’n klomp TUKS 5de jaar studente wat ook help hier by die Sinode. Hulle help met al die admin stuff, soos die pakkies pak wat elke dominee gaan ontvang as hy nou môre hier aankom. In restaurant terme sal ek hulle beskryf as runners, die ouens wat maak dat alles vinnig gebeur. Ek’t ook met ‘’n proponent gepraat wat by TUKS geswot het en ‘’n shocking storie wat hy my vertel het dat in hul finale jaar klas van 15 studente het slegs 5 poste gekry, die ander soek nou nog werk. Eina.
Maar terug by die Sinode. Die mense wat die klank en visuele dinge doen het op die minste 750m se kabels uitgelê net vir die nodigste dinge. Vir die van julle wat nog nie by ‘’n Sinode was nie, die uitleg van die Sinode is ook anders as normaalweg waar die dominees in “galery” styl agtermekaar sit soos wat dit verlede jaar was by die Vrystaat Sinode, almal sit saam om ronde tafels (Prof. Wepener sal nou sê dit is ‘’n vrou se gedagte) wat blykbaar ook was hoe die afgelope Wes-Kaapse Sinode gefunksioneer het.
Prof. Piet Strauss is reeds hier vanaand en ek het hom raakgeloop in die eetsaal saam klomp ander belangrike dominees/doktors/professors, hy was heel vriendelik en het nie eens op sy senuwees gelyk vir wat voorlê nie.
Ja, hierdie gaan ‘’n baie belangrike Sinode wees. Doop. Saambly. Belhar. Pension. Nuwe Hervormers. Net die agenda alleen van die vergadering is 301 bladsye. Scary!
Van my kant af sal ek julle op hoogte hou. Verder gaan like die Kerkbode se page op Facebook vir al die nuutste updates oor die Sinode. Julle kan ook op die Kerkbode se website die SinodeBode aflaai wat al die info oor wat gebeur by die Sinode sal inhê.
Tot later.