Rillers uit Rigters: Inleiding

Rillers uit Rigters: Inleiding
(kyk na prente van geweld asook video wat geweld in Suid-Afrika uitbeeld)

Hopelik gaan hierdie reeks oor die Rillers uit Rigters jou help om jou vieswees te aanvaar en aan te gryp. Met hierdie reeks gaan ons na die wreedheid van ons tyd kyk, saam met die wreedheid van die Bybel, eerder as om dit te ontken. Hierdie reeks gaan jou help om kwaad te word, en selfs jou woede te vier en daaroor te praat, te sing, of te debatteer. Hierdie reeks gaan vertel van grusame dade wat aan mense gedoen is.

So ‘n bietjie agtergrond oor die boek Rigters. Die boek strek oor ‘n tydperk van 200 jaar. Rigters verskyn in ons kanon (Bybel) na Josua. Josua se tyd is verby. Die volk Israel het in die beloofde land ingetrek. Hulle het egter vir 200 jaar lank in die huise van die Kanaaniete gewoon. Die Israeliete se vyande was ook nie ver van hulle nie, en het geduldig op hulle grense vir hulle gewag om ‘n vout te maak.

Die probleem deur die hele boek van die Rigters is dat die Israeliete onthou aan God was en die Kanaanitiese gode aanbid het.

Daar is drie dele aan die boek van Rigters:
1:1-2:5 Israel moet na die dood van Josua in nuwe omstandighede oorleef.
2:6-16:31 Verhale oor helde wat gesorg het vir redelike stabiliteit in deurmekaar tye.
17:1-21:25 Vreemde en selfs skrikwekkende verhale.

Die refrein wat telkens oor en oor in hierdie reeks oor die Rillers uit Rigters gaan herhaal is dat die Israeliete gedoen het net wat hulle wou.

Die boek Rigters sluit nie verniet met die vers af nie; “In daardie tyd was daar nog nie ‘n koning in Israel nie, en elkeen het gedoen wat reg is in sy eie oë.” – Rigters 21:25.

Hoe om God se wil vir jou lewe te bepaal

Die probleem vir die meeste van ons is dat ons nie altyd seker is wat God se wil vir ons lewens is nie. “As die Here maar net aan my sou verskyn en vir my se wat ek moet doen,” is die hartkreet van menige gelowige.

Wanbegrippe rakende die wil van God

• Sommige mense is bang dat God se wil vir hulle iets is wat hulle nie wil doen nie. Sulke verse is totaal ongegrond, en absoluut teenstrydig met die karakter van ons liefdevolle hemelse Vader.
• Sommige tree op asof God se wil verlore is. As gevolg daarvan ontwikkel ons allerhande ‘tegnieke’ om God se wil te vind.
o Een benadering is om ‘n vlies uit te sit. – Rigters 6.
• Jesus het in Johannes 20:29 vir Tomas gese: “Glo jy nou omdat jy My sien? Gelukkig is die wat nie gesien het nie en tog glo.”
o Sommige mense trek lootjies. – Jona 1:7.
o Sommige mense soek die wil van die Here deur lukraak ‘n teksvers te soek.

Die kenmerke van God se wil

• Daar is twee fasette van God se wil in die Skrif.
o Eerstens is daar sy wil van voorneme
• “Die Here die Almagtige het ‘n eed afgele: ‘Soos Ek My voorgeneem het, so sal dit wees, wat Ek besluit het, sal gebeur.’” – Jesaja 14:24.
o Tweedens is daar sy wil van verlange
• Daar is dinge wat Hy graag wil he moet gebeur, maar dit gebeur nie altyd nie. God het ons ‘n vrye keuse gegee, om te besluit of ons ‘n opdrag wil gehoorsaam of nie.

God se geopenbaarde wil vir alle mense

• Bekering
• Heiligmaking
• Opofferende diens
• Onderwerping aan gesag
• Danksegging

God se spesifieke wil vir ons as individue

• Hier is die vraag: Wie is in beheer van ons lewens as ons God se geopenbaarde wil as leefwyse gehoorsaam? Dit kan slegs die Heilige Gees wees; en wanneer die Heilige Gees in beheer is, ervaar ons dat alles wat ons begeer goed is.
• Volgende vraag: Hoe behoort ons te bid? Na gelang van ons begeertes of na gelang van God se wil? Die antwoord is, ja. Beide is geldige riglyne vir gebed. “As julle in My bly en my woorde in julle, vra dan net wat julle wil he, en julle sal dit kry.” – Johannes 15:7.

God se beloftes aangaande leiding

• Die eerste riglyn vin dons in Kolossense 3:15 waar vir ons gese word dat die vrede van Christus in ons lewens die deurslag moet gee.
• Nog ‘n riglyn aangaande God se wil is dat ons die eerste stap moet neem.
• Nog ‘n manier waarop God sy kinders lei, is om deure oop of toe te maak.
• Let egter daarop dat as daar ‘n konflik ontstaan tussen geleentheid en gemoedsrus, gemoedsrus altyd voorkeur moet kry.
• Vanselfsprekend kry God se Woord voorkeur bo enigiets anders wanneer dit by leiding kom.

Die implikasies vir ‘n gelowige se lewe

• Ons moet God se geskrewe Woord gehoorsaam. God se wil vir ons sal nooit met die Skrif teenstrydig wees nie.
• As jy wel in gehoorsaamheid aan God se geopenbaarde wil wandel, gaan dan voort met wat jy wil doen as dit vir jou reg lyk.

‘n Waarskuwing moet egter bygevoeg word. Moenie deure oop forseer nie. Moenie jou wil op die Here afdwing nie, want die kanse is goed dat Hy jou jou sin sal gee, maar jy sal nie vervuld wees nie. As ons lank genoeg aanhou, sal die Here ons uiteindelik gee wat ons wil he – tot ons eie nadeel.

Habakuk 3: Habakuk 3:17-18, maar anders

al sallie doringse innie veld nie meer wil blommie
ennie wingerde oppie jaartse se trotste willie kommie
al sallie dadelse nou niks dadelse dra nie
en dit nie jelp om putse virrie water te gra nie

al sal da nie meer skaap innie kampe in wesie
innie krale nie meer bok of eers ‘n besie
dan sal ek nog altyd innie jirre sit jibbel en jyg
want die Jirre red dies wat voor Hom byg.

Hy gjee my voete van ‘n gemsbok,
die kalaharie le nou oop,
ek sal nou veilig oppie hoogste dyne kan loop…

– ‘n verwerking van Habakuk 3, die outeur is onbekend.