die geheime lewe van ‘n wiskundige

trapsuutjies loop sy deur purper gedagtes swart

word die spore deur my

hart klop klop vinnig gaan gevoelens

stadig deur bloedstrome

word renbane vir chromosome

van chaos ongebalanseerd misterieus

vol moed

loop sy swart met haar

gietystervoete en brandmerk ingewande

met haar

wese, wees, wie sy is,

is soek.

 

– Francois van Dijk.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *