druppeltjie

wat is 'n botteltjie wyn
sonder 'n bietjie samesyn?
druppeltjie vloei
kan 'n glas wyn dan bloei?

in die verte flikker 'n vuurtjie, klein
liefde is nie iets wat sommer verdwyn
nader al nader
dit is waar die vlamme vergader

'n vlamme vergadering
'n druiwe doolhof
die een word die ander
'n druppeltjie 'n brander

- Francois van Dijk

die kouefront

ek ken jou nie
nie jou dieptes nie
nie jou drome nie
en nie jou danse nie

jy is 'n misterie
jy is 'n vlam in die vuur

saam jou wil ek hitte ervaar
saam jou wil ek geheime openbaar

kom koue
die misterie van die vlam
sal verorber vir jou
met haar goue gloed, virewig

- Francois van Dijk

fata morgana

gedemp, ambivalent, stil,
soms lewendig, maar net, vir 'n moment min dink,
so vlieg hy deur sy dorre gedagtes
en staar alom hom, alles spikkelbeelde 

hy sweef in die tussen
die lugstroom hou hom hoog
winde van verwagtinge dra hom
na nog 'n naamlose bestemming sonder vaste grond

'n fata morgana,
want

hy het gegee
aan haar,
sy vrees,
virewig vasgevang, opsoek na die fata morgana...

- Francois van Dijk