die sekuriteit van seerkry

kneukels krap begeerte nader

donderdreuning dring deur tot
meer van my?

meer van jou wil ek hê
om saggies hier by my
te kom lê.

jy bloei my hart
leeg laat jy my
agterbly slegs vertrooide hare van
jou in my truie...

- Francois van Dijk

as gedigte

as ek doodgaan
meng my as met gedigte

en gooi dit morsig 
vanaf kranse

sodat ek kan vlieg
in n woorde warrelwind

- Francois van Dijk.

blinkoog

soos die sterrehemel in die rondte draai bo my kop
hou ek die vuur vlamme in gedagte dop
stadig en stil staar die sterre vir my
waar sal my gedagtes bly

sterre draai 
vlamme flikker
winde waai
gedagtes al hoe digter

gedagtes sonder grense
ewig op reis
op soek
na 'n hartlike herberg

'n tuiste met warm gebakte brood
'n tuiste met ou wereldse perske boord
'n tuise waar stroompies kabbel
'n tuiste waar kindertjies babbel

in die sterre?
in die grond?
in die wind?
of in jou?

jy is
vir my
die sterre, die grond, en die wind
alles saamgebind.

- Francois van Dijk