pype gehang
aan tou van belang
lepel in die middel
roer
jy sweef
jy fluister
jy roep
oor die wind
vir die rok
met jou windklok
– Francois van Dijk
pype gehang
aan tou van belang
lepel in die middel
roer
jy sweef
jy fluister
jy roep
oor die wind
vir die rok
met jou windklok
– Francois van Dijk
in ‘n oomblik gee ek in
tot ‘n stil diep stem
wat fluister
vanuit al drie hartkamers
ek steek my ogies stadig uit
versigtig soos ‘n slakkie
wat dalk moet retereer
en die seer afweer
ek sien jou raak
in jou natuurlike habitat
gemaklik
goudbruingebrand
vuur
grond
water
dit alles maak dat ons gesels, al hoe later
vandag het ek geproe
vandag het ek gesien
vandag het ek gevoel
vandag het ‘n oomblik in ewigheid uitgestrek.
– Francois van Dijk
in die vallei van die akasias is 'n man tussen die oorlogslyne die uitdager, die teenstander met brons helm die skaapwagter, die herder met gebraaide koring die teenstander daag die heilige die herder beskerm sy volk klein en sonder baard word hy gespot en na gespoeg deur arrogante woorde vanaf die teenstander in die vallei van die akasias is 'n man tussen die oorlogsone 'n klippie swaai 'n reus val - Francois van Dijk.