blinkoog

soos die sterrehemel in die rondte draai bo my kop
hou ek die vuur vlamme in gedagte dop
stadig en stil staar die sterre vir my
waar sal my gedagtes bly

sterre draai 
vlamme flikker
winde waai
gedagtes al hoe digter

gedagtes sonder grense
ewig op reis
op soek
na 'n hartlike herberg

'n tuiste met warm gebakte brood
'n tuiste met ou wereldse perske boord
'n tuise waar stroompies kabbel
'n tuiste waar kindertjies babbel

in die sterre?
in die grond?
in die wind?
of in jou?

jy is
vir my
die sterre, die grond, en die wind
alles saamgebind.

- Francois van Dijk

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *