saterdagaandrooiwyn 01

die maan het agter die wolke wegkruipertjie gespeel
die reën het gedrip drip
die windjie het gesny en gesteek
maar, die kameeldoringhoutvuur het geknetter

hakskoene het geklipklop
strikdassies het gepunt gestaan
woorde het gehardloop
bruin, groen, blou oë het geskitter

lekker ruik
lekker proe
lekker loperige
kase op soutbrosbeskuitjies

vlamme het geflikker
proppe was platgetrap
wyn het gevloei
glase het geklingel

daar was gestaan
daar was gesit
daar was gelag
en, daar was gesoen…

– Francois van Dijk

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *