nommer agt

golwe herhaal sonder einde
nommer agt, nommer agt
ewig
deel van my, is jy

ek verban jou na die hoek van die kelder
vol stof moet jy versteen
ewig
deel van my, is jy

op die stoep
wil ek al staande die son in staar
gemaklik gaan sit
en die goue gloed my vel laat verkleur

ewig
sonder jou.

– Francois van Dijk.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *