Grys is die kleur.
Koud is die melamienvloere.
Te sterk skoonmaakmiddels se
reuk vul die flikkerende gange.
In ‘n eenkant kamertjie, gemerk,
Siekeboeg,
daar sit sy,
soos die mure vaal,
oopmond,
met glaserige oë,
vir die dominee
vir die dokter
vir die verpleegster
vir die familie wat haar wil vergeet
en wag.
– Francois van Dijk.