Deadlines

Hierdie week is ek terug by die werk en deur die loop van my Sabbatsverlof het ek ‘n paar dinge geleer.

Duidelike lyne. Beplanning. Ek is goed met beplanning en om dit na te laat, laat my ontspoor en uitrafel.

Die spreekwoord: “If you fail to plan, you plan to fail.” Raak duidelik saam met ‘n jong seuntjie op ‘n Kaapse wintervakansie.

So, hoekom “Deadlines” in die opskrif?

Nic Hralambous van die DailyMaverick skryf die volgende in sy nuusbrief van 7 Julie 2022. “But deadlines help us cope with the difficulties that we experience. When there is an end in sight, humans can take on about any challenge.”

Daarom, merge gedagtes oor beplanning en deadlines vir my. Om struktuur aan my lewe en program te gee help my om myself te pace en te weet wanneer kan ek sit en wanneer ek kan werk. Die lewe is nie net vir sit nie, en ook nie net vir werk nie.

Wees spesifiek oor wat jy wil bereik. ASAP en EOD is vaag. Wanneer is ASAP? Hoelaat is EOD? My “end of day” verskil van jou “end of day”. Wees spesifiek wanneer jy wat wil doen of gedoen wil hê.

Wette vir Deadlines:

1. Hofstadter’s Law – Alles vat altyd langer as wat jy dink dit gaan vat.

2. Parkinson’s Law – Die taak vergroot volgens die tydgleuf wat daaraan toegeken word. Deur ‘n streng deadline te stel sal die taak in die geraamde tyd inpas. Dit bring fokus op wat belangrik is.

3. 80/20 (Pareto Principle) – Die Pareto beginsel stel voor dat 80% waarde in 20% van jou tyd opgesluit is. Hou by hierdie beginsel om te fokus op daardie waardevolle 20% van jou dag en kry dit eerste gedoen en vul dan die res van jou dag met die 80% ander dinge.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *