Die Here het die Israeliete uit slawerny bevry en hulle deur die Rietsee en die woestyn tot by die Beloofde Land gelei. Moses het 12 verkenners na die Beloofde Land gestuur sodat hulle kon gaan kyk doe dit daar lyk. Toe hierdie verkenners terugkom, moes die Israeliete kies of hulle aan die Here gehoorsaam sou wees en die land sou inneem en of hulle eerder na die vrese van 10 van die verkenners sou luister. Josua en Kaleb het volgehou dat hulle op God kon vertrou, maar die volk het anders gekies. Hulle ongehoorsaamheid het daartoe gelei dat hulle nog jare lank in die woestyn rondgeswerf het. Josua en Kaleb was bereid om die regte keuse te maak en hulle is beloon deurdat hulle jare later die Beloofde Land kon ingaan.
- Hoekom was dit vir die Israeliete moeilik om gehoorsaam te wees?
- Hoekom was Josua en Kaleb bereid om die regte keuse te maak?
- Vertel vir mekaar van ‘’n keer toe julle die verkeerde keuse gemaak het. Wat was die gevolge daarvan?
- Wat maak dit vir julle maklik om reg te kies? En wat maak dit vir julle moeilik? Hoe kan julle mekaar hiermee help?
- Watter keuses moet julle as gesin (of jy as individu) maak om aan die belangrikste dinge aandag te gee?