Matteus 27: Jesus word verhoor

Van Jesus se geboorte het sy lyding reeds begin. Die drama het ‘n nuwe spanningslyn bereik met die was  van sy dissipels se voete, waar Hy die sosiale posisie van ‘n kneg inneem en sy dissipels se voete was. Vanaand beweeg ons verder aan en staan stil, soos ‘n ooggetuie in die gehoor, en kyk hoe Jesus verhoor word deur Pontius Pilatus.

Hierdie verhoor geskied in die omgewing van 75 nC, agtergrondkennis se vir ons dat die gemeente al hoe meer begin verval in materialism, sekularisme, onderlinge liefdeloosheid, geestelike laksheid, wetteloosheid en afvalligheid. Hierdie is die leefwereld waarin Jesus Christus verhoor word.

In hierdie hofsaak weet Matteus se lesers by voorbaat dat die aangeklaagde Jesus geheel en al onskuldig is. Pilatus die regter het maar ‘n minuut of twee nodig om tot dieselfde besef te kom. Jesus se verhoor eindig amper net so gou soos wat dit begin het.

Wat opvallend is, is dat nadat Jesus verhoor was, word die skare, ons, verhoor. Toe Jesus erken het dat Hy koning is, het Hy immers ook per implikasie gese dat Hy die finale regter is. Al het nie Pilatus of die Jode hierdie aanspraak van Jesus hardop, of bewustelik aanvaar nie, begin hulle onmiddelik spartel met die vraag oor hulle eie skuld.

Die eerste groot paradoks in hierdie verhoor is dat die enigste persoon wat deur die howe as moordenaar skuldig bevind is, en gevonnis is, ook die enigste persoon is wat werklik vrygespreek word en as ‘n vry mens wegstap. Barabbas is ‘n vry man.

Die tweede paradoks in die verhoor is dat Pilatus homself vryspreek al weet hy dat hy skuldig is aan Jesus se veroordeling, en dat die Jode skuld aanvaar al weet hulle dat hulle onskuldig is.

Die bordjies word die heeltyd omgedraai in hierdie verhoor. Die skuldige stap vry, en die onskuldige neem self die skuld aan.

Wat ons moet besef is dat as Jesus nie in ons plek veroordeel en tereggestel is nie, was dit klaar met ons almal. En wanneer ons na hierdie ingewikkelde verhoor kyk, lank genoeg kyk, na hoe mense se rolle verander, kom jy voor ‘n ongemaklikheid met jouself te staan.

As ons mooi kyk na Pilatus en wat hy gedoen het, sal ons daarmee begin rekening hou dat ons self al, waarskynlik in ons vroomste oomblikke, lynreg teen God se wil gehandel het. Voordat ons, soos Pilatus, gou ons hande in onskuld was, moet ons eers die gesig van ons eie skuld toelaat om ernstig na ons terug te kyk. En ons moet nie daarvan vergeet die oomblik as ons wegdraai nie.

As ons na hierdie verhoor luister, en onsself op die randte van hierdie gebeure sien staan en kyk na Pilatus se optrede moet ons onthou vir wie Matteus skryf. Spesifiek vir die Christene van die tyd wat afvallig geraak het, die Christene wat goed weet van genade, maar wat vergeet het van die deel van dat hulle moet vrugte dra wat by hulle bekering pas.

Die skrywer wil waarskynlik he dat die verhaal van Jesus se verhoor moet lei tot selfondersoek by ons, ons moet onsself afvrae waar ons onsself skaar. By Barabbas, die een wat skuldig veroordeel is. By die skare wat skree “kruisig Hom” en onskuldig die skuld dra. By Pilatus wat skuldig, homself probeer onskuldig verklaar. Waar staan jy? As jy jou skuld toelaat om terug na jou te kyk, wie kyk terug vir jou?

Pilatus was die Roomse Prefek van Juda. Hy het diens aanvaar in die jaar 26 nC en sy pos vir tien jaar beklee. Min het hy geweet dat dit die beslissende paar jaar in die geskiedenis van die mensdom sou wees en dat hy in die sentrum sou wees van die gebeure wat die geskiedenis radikaal sou verander.

Behalwe vir Maria, is Pilatus die enigste ander mens wie se naam in die Geloofsbelydenis genoem word. Sondag na Sondag word Pilatus onthou, dwarsdeur die wereld, as die een onder wie Jesus gely het.

As ons elke Sondag met die opse van die Geloofsbelydenis opnuut van die splinter in Pilatus se oog bewus word sonder om ‘n slag in sy skoene te staan, sal ons nooit die diepte kan peil van ons eie menslike ellende en skuld oor die keuses wat ons weet ons verkeerd gemaak het nie.

Sondag na Sondag bely ons dat Jesus gekruisig is onder Pontius Pilatus, maar saamgetrek in die naam is almal wat aandadig was aan sy kruisiging. Die Joodse volk, ja, met hulle leiers, godsdienstig en kultureel; die skare mense; die openbare mening; die heidene en hulle leiers; die Romeinse beskawing, ryk, met kennis, kultuur, regsisteem en ‘n soeke na die waarheid; ja, al die mense; ons. Ons, tot vandag toe, ons almal. Omdat ons die duisternis liewer gehad het as die Lig is ons saam aandadig aan Jesus se kruisiging.

Deur die eeue het mense baie gewonder oor waarom Pontius Pilatus by name genoem word in die Christelike geloofsbelydenisse. Daar is waarskynlik verskillende redes daarvoor. Maar dit bly ‘n wesenlike deel daarvan. Hy staan daar namens ons. In ons plek. Pilatus verteenwoordig ons almal in die belydenis van die kerk, in die verhaal van Jesus wat sit aan die regterhand van die Vader. Pilatus se naam staan daar as ‘n ewige herinnering aan ons aandeel in die storie van Jesus. Dat dit ons skuld is dat Hy geskuisig is.

Dit is merkwaardig! Pontius Pilatus is die verteenwoordiger van die Roemeinse Ryk en beskawing, menslik gesproke ‘n hoogtepunt van menslike ontwikkeling en trots. Hy is ‘n regter van die Roemeinse regsisteem, wat ons tot vandag nog waardeer en eerbiedig. Hy vra uitdruklik na die waarheid, soos die denkers en geleerdes van sy tyd gedoen het. Hy worstel om skuld en onskuld uit te vind, om reg te laat geskied.

Pontius Pilatus staan as ewige herinnering aan ons mislukking, of eerder, ons aandadigheid aan die kruisiging van Jesus. Sy naam bly behoue in die belydenis van die kerk as ‘n stuk kritiek op ons, ‘n stuk ontmaskering, ‘n stuk ontbloting, van wie ons waarlik is en wat ons waarlik bedink en doen, selfs in ons beste oomblikke.

Mag ons nooit nalaat om die eintlike eis van die wet, wat barmhartigheid is, na te laat nie, terwyl ons met allerlei streng reels en regulasies mense weer en weer verhoor en veroordeel  nie.

In die geval van Jesus, het die volk saam met die skrifgeleerdes juis probeer om God se eer te beskerm deur vas te hou aan reels en regulasies en in die proses het hulle God se naam soveel meer skade aan gedoen omdat hulle eerder aan reels en regulasies vasgehou het in plaas van om barmhartigheid te toon.

Mag jy besef juis omdat jy reeds gered is deur die onregverdige lyding en dood van Jesus Christus, jy bewus moet wees van jou roeping om met liefde en barmhartigheid teen alle vorme van onreg te veg.

So as jy diep in hierdie spieel kyk, of vanaand terwyl jy jou tande borsel, wie kyk terug vir jou? ‘n Onskuldige skuldige Pilatus wat streng die reels nakom? Of iemand wat bereid is om, al skree die skare hoe hard, met liefde en barmhartigheid op te tree?

Matteus 1: Familie Foto’s

Die oumense was lief om die foto’s van hulle voorgeslagte in sulke bruin ovaalvormige rame in die sitkamer te hang. Kleiner foto’s van die familie is sorgvuldig in albums bewaar en dit was baie interessant om saam met Oupa of Ouma deur die albums te blaai.

Met groot trots is Jan wat later minister geword het dan aan jou uitgewys toe hy nog ‘n seuntjie was. En hierdie seun het dokter geword en daardie een ‘n bekende in die sakewêreld.

Maar Krisjan, die perdedief, se foto was nie daar nie en ook nie tant Johanna (wat later “Johanna”) geword het en wat almal aan die praat gehad het met haar losse sedes in haar jeugjare nie. En Pieter, wat soek geraak het in die groot stad Johannesburg, se foto is ook soek… Daardie foto’s is stil-stil uit die albums uitgehaal.

Kom kyk saam met my na die familiefoto’s van Jesus. Kyk maar: nie een van die foto’s is doelbewus uitgehaal nie, ten spyte van die mense wat skande oor die familie gebring het. En daar is ‘n hele paar.

Lees Matteus 1.

Geslagsregisters is nie die interessantste leesstof in die Bybel nie… totdat jy begin agterkom wat ook hierdie gedeeltes vir jou wil se, totdat die mense in die geslagsregisters begin lewe kry en met jou begin praat…

Waarom begin Jesus se geboorteverhaal in Matt 1 met ‘n geslagsregister? Matteus skryf aan Joodse leiers, en hy wil vir die Jode wys dat Jesus inderdaad ‘n Jood is. Dat Hy uit die geslag van Dawid kom, en dat Hy die lank beloofde Messias is.

Die Jode was agterdogtig oor Jesus se afkoms: Is Hy dan nie die timmerman se seun nie (Matt 13)? Ken ons dan nie sy pa en ma, sy broers en susters nie? Hy behoort mos nie tot die gesienes onder ons nie.

In Johannes 8 se hulle vir Hom: “Ons is nie uit owerspel gebore nie…” met die sinspeling: “Soos jy nie!” Want Maria het Jesus mos verwag voordat sy getroud was. Hulle sou dit nooit vergeet nie.

En op ‘n ander plek in dieselfde Johannes 8 se hulle: “Ons het mos gesê jy is ‘n Samaritaan” – met ander woorde: “Jy het gemengde bloed in jou are.”

Vir al hierdie mense, en ook vir ons, vertel Matteus presies waar Jesus van Nasaret vandaan kom. En dis allesbehalwe ‘n helde register wat hy opstel. Trouens, ‘n mens kan aande om skinder oor hierdie familie.

Abraham, die vader van die gelowiges, was ‘n man met baie goeie hoedanighede, maar hy het ook op ‘n keer vir die koning van die Egiptenare gesê sy vrou is sy suster. Sara het in haar jong dae, toe sy al getroud was, ‘n verhouding met die koning van Egipte gehad. (Gen 12:19)

Hulle kleinkind, Jakob, was ‘n bedrieër. Selfs sy naam beteken bedrieër – totdat God dit verander het. (Gen 32:28)

Jakob se 4de oudste seun, Juda, het ‘n skande met Tamar oorgekom wat, as dit vandag gebeur het, weke lank die Sondagkoerant sou gehaal het. Dit staan alles te lese in Gen 38.

Nog se ‘n entjie verder in die register verneem ons van Ragab ‘n Kanaäniet – die vrou wat selfs in die Nuwe-Testamentiese tyd nog altyd bekend staan as “Ragab, die prostituut.” (Heb 11:31) Dit was sy wat die Israelitiese verspieders by Jerigo gehelp het en so haar eie lewe gered het.

‘n Volgende persoon op die lys se lewe het in bepaalde opsigte nie juis baie anders gelyk nie. Toe Rut, die Moabitiese vrou, nog ‘n diensmeisie was en by Boas op die lande gewerk het, het sy gewag tot hy een nag sy fees vrolikheid afslaap en toe by hom onder die kombers gaan inkruip…

Haar agterkleinkind was koning Dawid (Matt 1:6) ‘n “Goeie man”. Maar tog iemand wat owerspel met een van sy soldate se vrouens gepleeg het, en toe die vrou swanger word, haar man laat vermoor het!

En so kan ons aangaan. Wat ‘n ontstellende lys name. En daar is al die foto’s in die familie-album. Nie een is uitgeskeer nie.

 

Wat wil hierdie geslagsregister vir ons se? ‘n Hele paar dinge:

  • Dat Jesus Christus die lank beloofde Messias was, die Verlosser, nie net van die Jode nie, maar van die ganse mensdom, en dat Hy uit die geslag van Dawid gekom het soos dit in die Ou-Testament voorspel is: “’n Takkie sal uitspruit uit die stomp van Isai, ‘n loot uit sy wortels sal vrugte dra. (Jes. 11:1) Die Jode vir wie Matteus geskryf het, moes nie daarom twyfel dat Hy uit die geslag van Dawid gekom het nie.
  • Dat Jesus nie net Joodse bloed in sy are gehad het nie, maar dat hy inderdaad van gemengde afkoms was. Dit is die rede waarom die name van die twee heidense vroue in die geslagsregister voorkom: Ragab was ‘n Kanaäniet, en Rut ‘n Moabiet. Twee van Christus se oumas het dus uit die heidendom gekom. Wat wil dit nou weer vir ons se? Dat Jesus verteenwoordiger van die ganse mensdom was en nie net van die Jode nie. In sy bloedlyn is ook die, wat uit die heidendom stam, verteenwoordig. Wanneer Christus uit Maria gebore word, dan word Hy nie net uit die Jodendom gebore nie, maar uit die mensdom!
  • Hy het Hom volkome geïdentifiseer met sondaars. Daarom word Hy genoem: “Immanuel. God met ons.” Hierdie register wil vir ons se: Jesus is gebore uit hierdie sondige geslag. Alhoewel Hy geen sonde gedoen het nie, vloei die bloed van ‘n sondige mensdom in sy are. En juis omdat Hy Hom so volkome met die sondaar geïdentifiseer het, moes Hy ook die prys van die sonde aan die kruis betaal.

Die geslagsregister in Matteus 1 se vir ons: Hy het familie geword van slegte mense. Hy wou familie wees van slegte mense – van leuenaars, bedrieërs, prostitute, en moordenaars! Sondaars! Familie van mense soos Paul die jaloerse, Karen die skindertong, skelmpieter…

Die geslagsregister se: God het familie geword van my en jou! Hy wil Hom vereenselwig met ons, sondaars!

Matteus 9: God wil weet… Glo jy dat Ek kan?

Dinsdag 03 Junie

 

God wil weet… Glo jy dat ek kan?

 

Skriflesing: Matt 9:27-31

 

As ons na hierdie gedeelte kyk, dan val drie dinge ons dadelik op;

  • Blindes het ‘n verwagting aangaande Jesus gehad.
  • Hulle het aanhoudend, dringend, en hard geroep.
  • Jesus wys hulle op hulle geloof. Glo julle dat ek kan?

 

As ons dit deur trek na ons situasie vandag… Wat verwag ons van Jesus? Ons verwag dat Hy sal luister as ons praat. Ons verwag dat Hy vir on sons redding bewerk. Ons verwag dat Hy ons sal liefhe. Ons verwag baie van Hom. Die punt is: Ons het sekere verwagtings van Jesus!

 

Maar hoe min verwag ons nie! Baie keer is ons verwagting van Jesus so verskraal. Met ons gaan dit soms soos met ‘n man en vrou met huweliksprobleme, die man verwag van sy vrou om sy klere te was en te stryk, of dit te laat doen, om sy kamer netjies te laat hou en om sy kos vir hom te gee op vasgestelde tye. Die vrou verwag van haar man om geld te gee aan die einde van die maand, om vir haar vervoer te voorsien, ‘n huis te gee, ‘n mate van sekuriteit.

 

Maar. Daar is in so ‘n verhouding geen in diepte kennis nie, geen gehoorsaamheid nie, geen ware liefde nie, bloot net ‘n koue samewerkingsooreenkoms.

 

Daar bestaan tussen ons en Jesus baie keer net ‘n koue samewerkingsooreenkoms. Wat ‘n verskriklike toestand vir Christene om in te wees. Dat Christene se ‘huwelik’ met Jesus Christus so teruggeskaal het dat daar geen warm liefde meer is nie.

 

Is dit met jou vandag die geval? Maak dan soos die blindes. Kom onder die diepte indruk van jou toestand en praat met Hom self! Gaan soek hulp by die Enigste Een wat kan! Wend jou tot Hom! Roep hard en aanhoudend. Maak ‘n appel op Jesus se aandag, sy tyd! Vertel vir Hom van jou geestelike toestand. Bespreek die hele aangeleentheid met Hom. Wys vir Hom waar jy dink die probleme le. Se vir Hom van jou gejaagde lewe, jou gebrek aan tyd, jou posisie in die samelewing, jou doodsheid, jou lewensmoegheid… Se vir Hom vandag nog!

 

Se vir Hom vandag nog!

 

En Hy sal ook vandag vir jou se: “Glo jy dat ek kan? Glo jy regtig dat ek jou kan maak dit wat jy eintlik al lankal is: ‘n Jubelende, liefdevolle, kalme, vredevolle kind van God wat leef en werk onder sy beskermende vlerke?”

 

Glo jy dat ek jou kan nuut maak?

 

Jesus het die blindes op hulle geloof laat fokus. Kyk bietjie na jou eie geloof. Wat glo jy? Onthou: die duiwels glo ook, en hulle sidder van angs! Geloof in Jesus en in Jesus se krag, sy vermoens, dit is wat Hy by jou soek.

 

Die toetsvraag is: Glo jy dat Hy dit kan doen? Jy wat ‘n behoefte het aan Jesus en sy teenwoordigheid in jou lewe. Glo jy dat Jesus ook jou kan verander van ‘n onsiende na ‘n siende? Glo jy dat Hy jou nuut kan maak? Die blindes het gese: “Ja Here!” Geen ‘asse’ of voorwaardes nie. Sterk en beslis se hulle: “Ja Here!”

 

EN TOE HULLE JA SE, TOE…

 

En toe kom die Goddelike aanraking: “Toe raak Hy aan hulle oe en se: Wat julle glo sal gebeur.” Sien, wees die verwagting.

 

Wat jy glo sal gebeur, sal gebeur. Glo dat jy sal kan verander, en jy sal verander. Glo dat jy ‘n sukses is, en jy sal een wees. Glo dat jy iets sal kan regkry, en jy sal dit regkry. Met die Goddelike aanraking.

 

Die toetsvraag bly steeds: Hoeveel geloof het jy in Jesus en Sy vermoens om jou deur ‘n Goddelike aanraking weer ‘n nuwe mens te maak met nuwe moontlikhede, nuwe gesindhede, nuwe geloof, nuwe lewe! ‘n Ander vraag is natuurlik: “Wil jy verander, ‘n nuwe mens word met nuwe moontlikhede, wil jy?”

 

God wil weet… Glo jy dat ek dit kan doen?

 

Amen.

 

Ons bid nou die genade van ons Here Jesus Christus, die liefde van God ons Vader, en die gemeenskap van die Heilige Gees, met ons sal wees.

 

Amen.