slaap gerus, in Dordrecht.

die binneste van die hart

is onbekend

vir pyle van wanhoop

wat dodelik skend

 

roep uit!

weggerukte van jou moederbors

 

die satan haat jou

die wereld spot jou

onkundiges en huigelaars gebruik jou

dwaalgeeste bestry jou

 

roep uit!

weggerukte van jou moederbors

 

dans, drink, en dra wit klere

geniet die vreugde van jou lewe

gelowige!

slaap gerus

 

– Francois van Dijk

kom ons skryf ‘n gedig

kom ons skryf ‘n pseudo gedig

want ek kan nie myself wees in hierdie voël vlug

die pseudoniem bied ‘n pseudo-ontsnapping

van hierdie aardse darteling

sodat die self al minder is

 

– Francois van Dijk

sal jy die sleutel draai

maak vir my jou hart oop

ek het die slot en jy die sleutel

maak vir my jou hart oop

ek sal jou liefhe

as

jy die sleutel draai

 

– Francois van Dijk