Die ondergrondse oorlog het begin
die oorlog van die woord
die organisasie van die insig
die onderwys van die onderdrukte.
– Francois van Dijk
Die ondergrondse oorlog het begin
die oorlog van die woord
die organisasie van die insig
die onderwys van die onderdrukte.
– Francois van Dijk
harde warm bewussyn rooiwyn
baan die weg
maak eg
vergroot spikkel versteuring klein
alternatief objektief
normatief subjektief
wie het jy regtig lief?
– Francois van Dijk
Die kind in jou vra vrae.
Die kind in jou se oë blink.
Die kind in jou glimlag.
Die kind in jou, ag,
die kind in jou gee nie om oor
grootmens verwagtinge.
Ek weier om my kindwees te smoor.
– Francois van Dijk