– Francois van Dijk
dit was sondag aand
dit is sondag aand,
die kerk is koud
die houtbanke hard
die glimlagte ingetoë
die oë moeg
dit is sondag aand,
die orrel trek
die dominee preek
die woorde steek
dit is sondag aand,
die vlamme brand
die boek met sy goue rand
dit is sondag aand,
die boek met sy goue rand, brand, nou my, verstand
dit was sondag aand.
– Francois van Dijk
waar was God?
in die tyd van Ahasveros
oor honderd sewe en twintig provinsies
van Indië tot Kus
koning Ahasveros het ‘n glasie wyn geniet
koninging Vasti het gewyer, kroon en al
koninging Vasti het gegaan, en hard geval
koning Ahasveros het ‘n glasie wyn geniet
elke man moet baas wees van sy huis
oor sy vrou inkluis
Mordegai voog
het dopgehou vir Ester met sy oog
Ester mooi
was koning Ahasveros se prooi
koning Ahasveros het ‘n glasie wyn geniet
Haman wou die Jode se bloed laat loop
Haman se woorde was soos stroop
koning Ahasveros het ‘n glasie wyn geniet
Mordegai het gerou
Haman het galg gebou
koningin Ester het geskink
koning Ahasveros het gedrink
Mordegai het regeer oor menigte
Haman het gehang aan sy eie handewerk
koninging Ester het haar volk bevry
koning Ahasveros het ‘n slasie wyn geniet
maar, waar was God?
– Francois van Dijk
