swartpeper en rooiwyn

soos die nuwe oggendson

het jy gekom, in my ysblou oë

gestaar, gekyk, gesien, raakgesien,

en ek het daar gestaan.

 

jou warmte het my hart ontdooi

my hart laat klop

laat klop aan jou deurtjie

om my in te laat.

 

saam het ons

kos geflop en kos gemaak

swartpeper en rooiwyn

geruik en geproe.

 

nou sit jy daar

en ek is hier…

 

–          Francois van Dijk

blessing

voëltjie fluit
voëltjie vlieg
voëltjie fladder
voëltjie val

voëltjie vashou
voëltjie voer

voëltjie vergaan
voëltjie fluit, sy storie uit.

– Francois van Dijk