die van dijk vraagstuk

ek sien haar, in

die see

die sonstrale

die sand

 

tog sy val deur my vingers

korreltjie vir korreltjie

glimlag vir glimlag

knipoog

grappie

liedjie

 

kasteel van sand

gebou met jou

 

in my hart(kamer) van stilte

sit ek met my purperrooi pinotage

kristal glas 2

bottel toe

 

kleine kurk, stop

die emosionele brander

en ek

staar vooruit, agteruit, alom

 

ek sit in stilte met my

purperrooi pinotage.

 

– Francois van Dijk

vlugbal

voete sink weg in sonwarm sand

pale plant

net span

blougeel bal gereed

 

sewe een een sewe

asem in, diafragma bal

hand lug

tref

 

bal vlieg, na bo

wind

son

blind.

 

– Francois van Dijk

lewenslyne

lewenslyne loop

deurmekaar

oormekaar

word verstrengel

kraaines

koek

betekenis gesoek

 

visoene verstar

drome loop droog

‘n kind se laggie

word hol geraas

 

wind, aardbewing, vuur

slegs in stilte is Ek

Ek is.

 

– Francois van Dijk