Lukas 2: Almal word getel…

Daar was ‘n man wat wou weet wat ‘n sensus is.

“Hulle tel al die mense.,.” was die antwoord.

“Hoekom?” wou hy verbaas weet, “is daar dan een weg?”

“God,” het Jesus in ‘n gelykenis gesê, “is soos ‘n herder wat sy skape tel. As een weg is, gaan hy dadelik op soek na die verlore skaap tot Hy hom kry. As hy hom kry, is daar ‘n fees.”

Kersfees is die moeder van daardie feeste wat gereeld in die hemel gevier word.

Want Kersfees het ook begin met ‘n tellery.

Maar nou sal iemand dalk lus voel om te protesteer: “Dit is mos nie God wat hier in die teks tel nie! Dit is ‘n heiden. Boonop ‘n heiden wat homself as god laat vereer het. Hy het nie getel om te red nie, hy het getel om wins te maak. Want sy tellery het om belasting gegaan. Omdat hy wou weet hoeveel mense daar is en hulle vir belastingdoeleindes laat opskryf. Byna asof hulle pionne op ‘n skaakbord is, wat maar na sy begeerte heen en weer geskuif kan word.”

Dit is nogal ‘n ervaring wat mense soms het. Baie mense in die wêreld het al deur die eeue die gevoel gehad dat daar oor hulle besluit word, dat die magte wat oor hulle gestel is – ja selfs die demokraties verkose magte – met hulle maak soos hulle luskry. Ons ken daardie gevoel. Ons brom dikwels oor die manier waarop dinge selfs in ons eie land gebeur.

Dit is waar. Maar op ‘n vreemde manier het Augustus se plan om mense te tel en die lastige bepaling dat almal na hulle geboortedorp moet gaan ‘n belofte in vervulling laat gaan wat God al lank te vore gemaak het. As jy so daaroor begin dink, wonder jy skielik wie die pion op die skaakbord is.

Maar God, anders as Augustus of die magte wat deur die eeue heen mense se lewens bederf het, se bedoeling is om mense se lewens te red. Hy wil hulle seën. Dit het hy reeds vir ou Vader Abraham duidelik gemaak.

Dit is om hulle te seën wat Hy sy Seun stuur. Onthou, Christus Jesus word as Verlosser gebore. Hy is besorg oor al die mense wat Augustus wil tel. Hy is besorg oor mense wie se statistiek ons oral in swart en wit in boeke het.

Vir interessantheid,

 

Region

Population

in millions

1990 1995

Affiliated

Christian Percentages

Total Prot Evang

AFRICA 480.8 557.9 48.1 20.2 13.2
ASIA 2,940.3 3,209.3 7.3 3.9 3.1
CARIBBEAN 35.3 37.8 69.2 16.5 11.1
EURASIA 280.6 290.5 45.8 1.1 0.9
EUROPE 507.9 514.8 77.2 18.3 2.8
LATIN AMERICA 412.7 455.8 90.9 12.1 11.1
MIDDLE EAST 330.8 378.1 4.6 0.6 0.4
NORTH AMERICA 276.6 284.8 70.7 40.6 27.9
PACIFIC 26.5 28.4 66.8 37.0 15.8
WORLD 5,291.7 5,757.3 30.1 9.2 5.7

Hierdie statistieke wys vir ons dat daar baie meer aan die gebeur is in die wereld as slegs di twat Christene besig is om te doen. Dit wat ongelowiges, of heidene soos in die Bybelse tyd genoem doen, is ook belangrik vir die wereld geskiedenis. Net so was dit met die sensus van goewerneur Sirenius ook belangrik wat heidene doen. Die Here het keiser Augustus gebruik, wat nie ‘n gelowige was nie, om Sy Godsplan te laat realiseer.

Daarom maak Hy nog steeds soos hy in Josef se dae gemaak het. Josef het eeue van te vore reeds gesien hoe God mense se bose bedoelings kan omdraai in heil vir daardie mense met die verkeerde bedoelings self. Vir die broers wat hom as slaaf verkoop het sê hy: “God het my voor julle uit gestuur om vir julle ’n oorblyfsel in hierdie land te laat oorbly, om julle aan die lewe te hou en sodat baie aan die dood sal ontkom. Dis nie júlle wat my hierheen gestuur het nie, maar God. Hy het my laat aanstel as die farao se raadgewer en as bevelhebber oor sy huis en as regeerder oor die hele Egipte (Gen 45:8).

Kersfees wil ons daaraan herinner dat God die verlossing van die mens laat gebeur. Kersfees wil ons oë oopmaak sodat ons dieper kyk as die wêreldgebeure. Kersfees wil ons laat verstaan dat die evangelie, die goeie nuus, nooit ‘n verlore saak in die wêreld is nie. Kersfees wil ons laat glo dat die onverstaanbare verloop van die wêreld ‘n dieper geheim het as wat die regeerders met hulle besluite weet.

Daarom kan ons ten spyte van die oorloë en die gerugte van oorloë saam sing aan die lied van die engelekoor: Daarom kan ons weet van mense in wie Hy ‘n welbehae het, al vertel al wat koerant is vir ons hoekom ons hulle as teëstanders moet beskou. Daarom kan ons sing van vrede en God prys.

Maar daarom kan ons ook nie maar net Kersfees vier asof ons eie verlossing en die heil van ons gesin die eindpunt van die evangelie is nie. Ons kan nie feesmaal eet sonder om te wonder oor ons taak ten opsigte van die mense wat nog nooit die liggaam en bloed van Jesus geëet het nie. Daarom kan ons nie vir mekaar duur geskenke koop, terwyl daar mense is wat honger het nie.

Want solank daar skape is wat gevind moet word, rus die Herder nie. Omdat Hy ‘n herder is, roep Hy herders om getuies te wees van sy Seun se evangelie, sy Seun se goeie nuus.

Anders as vandag waar net belangrike presidente en uitgesoekte gaste genooi word na uitsonderlike internasionale geleenthede word herders ook genooi na hierdie besonderse geleentheid van die Kindjie wat gebore is. Onthou, die Groot koning Dawid was ook eers ‘n herder gewees.

Hierdie groepie herders word baie persoonlik genooi na die prag geleentheid toe. Daar verskyn ‘n engel aan hulle om die goeie nuus te bring. Met dit verskyn daar nog ‘n menigte engele, en soos die herders daar staan en die nuus verwerk begin al hierdie menigte engele te sing. Dink net hoe dit moes gewees het, kore op kore engele wat gloei in lig in die hemel aan die sing oor die Kindjie wat pas gebore is en vrede op aarde sal bring vir die mense. Wow!

Die herders maak toe hulle skape in die kraaltjie toe en gaan haastig na Bethlehem om hierdie Jesus Kind te gaan ontmoet waar Hy in die krip le. Met die ster wat die wyse manne roep bo die stal, met die diere teen die een muur kom kniel hulle voor die krippie neer en bring hulle eer aan die Verlosser, pasgebore.

Verwonderd gaan die herders uit die stal, met die prentjie van die engele op die ope velde, hulle gesigte wat blink van die engele se helder glans, die ster bo die stal, en die Kindjie, die beloofde Verlosser wat nederig in die krippie le. Met hierdie wonderlike nuus gaan hulle uit die stal en loof die Here vir die wonderlike daad wat Hy gedoen het. Hulle loof die Here en vertel aan almal van die pasgebore Jesus kind.

En dit is net as herders wat opsoek is na vrede op aarde vir almal, wat ons by die krip kan kom kniel.

 

internasionale aksente

Hier sit ek vanaand, terwyl ek Suid-Afrikaanse 2012 Chardonnay drink, luister ek na ‘n Franse radio stasie Desember 2013 podcast, voor my is ‘n dekor boek oop by die “Tulip Chair” wat dateer uit 1955-1956 ontwerp deur Eero Saarinen wat in die Verenigde State van Amerika gewoon het van 1910 tot 1961. Ek kan dinge verder internasionaliseer deur te noem dat my trapfiets se saal van ‘n familie besigheid in Engeland afkomstig is, maar dit sal grens aan oorbodig so ek los dit daarby.

Ek sit vanaand hier by my pers tafeldoek opsoek na franse plate wat ek kan koop, maar sonder name van kunstenaars is dit moeilik om die plate op te spoor, so nou dwaal ek maar in die internet se gange rond en word verlei deur allerhande skadus wat hulself voorgee as iets anders. Een van daardie skadus was ‘n reeks fotos van vriende in Stilbaai, ‘n klein kusdorpie aan die Suid-Afrikaanse suidkus. Vir ‘n onbepaalde rede laat die fotos my terug dink aan ‘n vakansie wat ek by ‘n vriendin in Port-Alfred spandeer het.

Een van die laaste aande wat ek by haar deurgebring het, het sy my, ten spyte van, of eerder as gevolg van, die bewolkte reenweer, na hulle local kuierplek gevat. Hierdie kuierplek was nie sommer net ‘n local pub in die hoofstraat van hierdie klein dorpie nie. Nee, hierdie plekkie was afgesonder van die hoofstroom winkelsentrums. Soos ons daarheen oppad is speel ons geen musiek en luister na die geluide van die nag soos ons deur ‘n semi-gevloede area ry deur ‘n reige bosserige area waar die teerpadjie al goed verweer en vol slaggate voor ons onder water le. Oor die bult en regs draai ons om gegroet te word deur hierdie ou huis wat waarskeinlik deur ‘n jong argitek nuutgemaak is met moderne kleur en fasade om die groot vensters van die antieke struktuur te aksentueer.

Ons stap die plek binne terwyl daar kaggelvure aan beide kante van die teenoorstaande mure aan die knetter is. Die vure help om die geur van die hubblies te verdoesel en ook te vermeng met die algehele atmosfeer van die aand. Koud en nat, maar tog warm en gesellig binne. Ons bestel ewe hip soos die plek van die interessantste cocktails om te kenne te gee aan ons avontuurlustige kant,veral myne in ‘n onbekende groep waarin sy my begelei.

Die aand progresseer met donderweer, tequila, en in diepte gesprekke oor die eksistensieele karakter van wat elke drankie se karakter beheld. Hoekom daardie aand vanaand by my weerklank as ek bewus raak van my internasionale aksente is nog ‘n misterieuse saak in die dowwe spieel waarin ek vasstaar. Moontlik assosieer ek reeds sulke gesprekke en alternatiewe avonture met wat my camino gaan inhou, of eerder hoe ek eintlik my lewe sal wil karakteriseer. ‘n Lewe ietwat buite die kommersiele kring en in duister gehul, gevul met buitensporige musiek wat nie maklik herkenbaar is nie en tog tot die dieptes van elkeen se siel kan deurdring sonder dat woorde noodwendig ‘n rol behoort te speel.

Vanaand is ek fisies lokaal, maar psigies internasionaal, en dit is waar ek wil wees.

ken jou drome!

Ek het sopas een van die mees invloedrykste boeke van my lewe klaar gelees. Dit het my lank gevat. As ek reg onthou het ek een vakansie in my pa se studeerkamer se stofrakke op die boek afgekom, waarskynlik in my eerste of tweede jaar op universiteit. Die boek se naam is The Drifters, dit is deur James Michener geskryf.

Hierdie boek het as’t ware gedien as ‘n persoonlike reis deur my varsity lewe. Dit het my gegryp omdat dit handel oor ‘n klomp jongmense wat anti-establishment is, ‘n soort rebellie, maar nie ongegrond nie. Elkeen in die groep het rebelleer teen iets in sy of haar samelewing wat verkeerd of ongegrond was. Hierdie gedrag vind ek by aanklank, om nie net deur die lewe te gaan sonder om vra te vrae oor dit wat gedoen word nie.

Die boek het vir jare op my rak gestaan en was ook afgewissel met ander boeke om die ritme so nou en dan te onderbreek, maar ek het altyd terug gekeer daarna.

Die boek sluit af met ‘n pragtige stukkie wysheid; Een van die karakters, ‘n meisie van Noorwee het die eer om die verhaal af te sluit met die woorde wat mens verder laat wonder. Sy sluit af met die gedagte dat mens jou drome moet ondersoek, sodat jy hulle ken vir wat hulle is. Profound. Hierdie drome kan natuurlik verskillende vorme aanneem en soms hulself ontmasker as nagmerries.

Hierdie gedagte wat dan ook die boek opsom sluit aan by die Sokratiese wysheid van ouds: “The unexamined life is not worth living.”

Vandag se datum wil ek dus opteken sodat dit nie verlore sal gaan nie.

Vir vorentoe, bestudeer, ondersoek, gaan geniet hierdie lewe met nuuskierigheid!