verbeeldingsaktivis

Vanoggend sit ek en dink, en heel uit die blou kom die gedagte na my toe. Die mens is mens, omdat hy die vermoe het om te kan dink, en nie net te dink in die sin van die mooi planne beraam om die beste resultate die vinnigste te kan kry nie, nee. Die mens is anders omdat die mens nie deur konkrete trail-error voute hoef te leer nie, maar het ‘n verbeelding gekry om daardie voute te maak.

Die verbeelding onderskei die mens, dink ek, van alle ander bekende wesens, in die sin dat die verbeelding dien as ‘n denkbeeldige sandput waar planne reeds uitgespeel kan word sonder om enige konkrete vorm daaraan te gee. In die verbeelding kan die kok homself indink hoe die spesifieke dis gaan proe as hy sekere bestandele saamvoeg, die predikant kan rofweg vastel hoe sy gehoor gaan reageer op die boodskap wat hy wil bring, die verbeelding maak ons as mens anders.

Party se abstrakte vermoens is wel beter ontwikkel as ander, of dalk is party se vertolking van verbeelding beter, hoe om daardie abstraksie te konkretiseer.

In my huidige studies werk ek heelwat op die digitale wereld. Ek het nou gewonder of die digitale wereld nie moontlik die rol van verbeelding begin inneem nie? Waar die digitale die verbeelding word, waar scenarios nou in algoritmes ingevoer en uitgespoeg word, waar instrumente saamgevoeg word om te luister hoe dit lewendig gaan klink.

Of hierdie digitale verbeelding ‘n gevaar of geleentheid is, is ek nog nie seker nie, moontlik albei, soos alles maar is. Ek wonder net of dit nie moontlik mense dommer, stomper, stiller, luier, maak nie, omdat die rekenaars nou al die werk doen wat die mens voorheen gedoen het. Wat gaan oorbly vir die mens om daadwerklik te doen? Wat gaan die mens op die einde die mens maak?

Vrye wil? Google is klaar besig om jou voorkeure aan te leer en jou voorstelle te gee in lyn met jou voorkeure, jy kies dan immers wat vir jou voorgese word. Hoe gaan die mens nog werklik lewe? Lewe in ‘n selfstandige vorm, nie afhanklik van tegnologie nie, waar verbeelding nog seevier bo digitale sandputte. Waar die mens die werk doen en masjien slegs opdragte uitvoer, in plaas daarvan waar die masjien nuwe opdragte voorstel en die mens uitvoer.

Daarom sal ek myself vandag ‘n verbeeldingsaktivis noem, want met die afskeep van die verbeelding gaan die digitaliseerde lewe oorneem en uiteindelik mag ‘n dooie lewe moontlik gelei word…

die digitale wereld

Eksponensiele groei is problematies omdat die mens nie ingestel is op eksponensiele groei nie, maar eerder liniere groei. ‘n Burokratiese instelling is besig om ‘n ou sisteem te onderhou wat nie plurale denke toelaat nie, en juis univorme denke wil stumileer.

Hoe het die internet my lewe verander?

– volume van inligting het toegeneem

– spoed van inligting het toegeneem

– relevansie van inligting verander ook so vinnig soos wat die inligting toeneem

van die internet na die omninet

– internet van dinge

– yskaste, ligte, koffie, alles ingeskakel op die internet om jou lewe te vergemaklik

Kategese sal ook verander omdat die jongmense vra of hulle regtig die kennis in hulle koppe moet he, want net as hulle dit nodig het sal hulle dit gebruik, en dit is maklik toeganklik op die web. Google dit. So, kategese gaan baie verander, indien nie wegval nie.

Die gevolge van die informasie ekosisteem

– Daar is altyd, enige tyd, toegang tot informasie oor alles.

– Allone together

Social media

– social relations (connect online and share information)

– social functionality (use online apps to work and play together)

– social colonization (all web content is open to social comment)

– social context (…..)

Hierdie wereld van digitale verbindings maak dat gemeentelede anders lyk, nuwe verwagtinge het, en geografies orals is. Mobiel, sosiaal, digitale inhoud, alles is toeganklik na smaak. Tradisioneel is die bediening, formeel, passief, direk, en in een omgewing. Vandag is die bediening, modern, informeel, sosiaal, ek sal neem wat ek wil, altyd aan, skeppende lidmate, predikant nie die enigste skepper van inhoud nie.

Die kerk en die sosiale media

– Sigbaarheid vermeerder deur die digitale wereld.

– Gemeenskap word versterk deur die digitale wereld.

– Aanspreeklikheid, wees versigting om nie net op die digitale te fokus in gemeenskap nie.

Xtranormal vir kategese, waar jy karakters skep om met die kinders te werk. Ustream.tv vir livestreaming deur die internet vir gemeentelede. MailChimp.com vir weeklikse nuusbrief van die gemeente. www.tatango.com www.jarbyco.com vir bulksms.

1 Samuel 17: Dawid en Goliat

Vandag wil ek julle ‘n ou ou storie vertel. ‘n Storie van wonder. ‘n Storie van twee volke wat teen mekaar oorlog gemaak het. ‘n Storie van ‘n magtige koning wat bang was. ‘n Storie van ‘n pa se opdrag. ‘n Storie van agt boeties. ‘n Storie van ‘n spotter. En, die storie van God.

Lees 1 Samuel 17:31-51.

Die eerste vraag wat ek myself afgevra het toe ek die storie gelees het was, hoekom het die twee volke vir 40dae lank net teenoor mekaar gestaan? Hoekom het hulle nie mekaar dadelik aangeval toe hulle mekaar gesien het nie. Was hulle tog nie gereed vir oorlog die dag toe hulle uit hulle stad die vlaktes ingetrek het nie? Vir 40 dae lank staan hulle in die oggende vroeg op om net vir mekaar te kyk. Dit is baie vreemd.

Wat ook vir my vreemd was, was dat koning Saul nie vir Goliat tegemoet gaan nie. Hy is tog die koning van die Israeliete, as daar iemand is om die volk se eer te beskerm, dan is dit tog die koning self. Hy is aangestel om oor die volk te regeer, en as daar moeilike gevegte na vore kom is dit hy wat vreesloos na vore moet tree, maar hy doen nie. Hy sit gemaklik in sy tent met sy raadgewers en drink die een koppie wyn na die ander terwyl die res van die volk elke oggend vroeg opstaan gereed vir oorlog. Hy gee ook nie eers die bevel om die Filistyne aan te vat nie. Hy doen net mooi niks nie. Die koning van die Israeliete is stil.

In hierdie veertig dae op die oorlogsveld raak die soldate natuurlik ook honger, nes ek en jy, en hulle het kos nodig. Drie van Isai, die Efratiet uit Betlehem in Juda, se seun is betrokke by hierdie oorlog. Isai stuur dan sy jongste seun Dawid, die skaapwagter, om vir sy broers gebraaide koring en brood te vat. Sonder vrae doen Dawid dit dadelik vroeg die volgende oggend. Hy doen dit so vroeg dat hy reeds by die oorlogsveld aankom die oggend terwyl die manne regmaak om vir die res van die dag vir mekaar te kyk met lelike gesigte. Om mekaar uit te daag oor ‘n afstand.

Dawid kom daar aan en los sommer dadelik die kos by die bode wat daarna sal kyk en sal sorg dat elkeen kry wat aan hom toekom. Hy hardloop om die aksie van nader te bekyk. Tussen die reuk van rokerige vure, modder, en sweet hoor hy skielik hoe iemand gewelddadig skree. Met daardie aaklige skreeugeluid ontmoet Dawid vir Goliat. ‘n Reus in die oë van die volke, 3meter lank, ‘n bronshelm op sy kop, ‘n harnas met skubbe wat 57kg weeg, bronsskerms voor sy bene, met ‘n spies waarvan die lem 7kg weeg. Die gevreesde Goliat aan die skree teen die volk Israel.

Dawid begin dadelik so onder die soldate rondvrae wie hierdie Goliat is. Wie is hierdie man dat hy die linies van die lewende God verkleineer? Soos Dawid nog nuuskierig aan die rondvrae is hoor een van sy broers dat hy in die kamp is. Eliab, Dawid se oudste broer vererg hom toe vir Dawid. Dawid wat nie eers by die oorlog betrokke is nie, kom nou sommer van die kant af en begin vrae te vrae oor die oorlog asof hy weet wat oorlog behels, terwyl hy die heeltyd lekker in die lang gras lê en na sy skapies kyk. So asof Eliab nou kwaad is omdat Dawid vrae begin vrae, waaraan hy as oudste broer nog nie eers gedink het nie. Dawid antwoord sy broer en vrae hom of wat hy gedoen het nie belangrik is nie?

In die eerste plek het Dawid vir sy broers die nodige kos gebring sodat hulle verder kan veg. Maar belangriker as dit, was Dawid die eerste Israeliet in daardie oorlog wat vir die naam van die Here opgestaan het. Nie eers koning Saul het geroer al word sy God gespot deur ‘n reus nie. En hier kom Dawid die kleine skaapwagter en vra wie is hierdie Filistyn wat die enigste ware God so loop en spot.

Die storie begin onder die manskappe versprei van hierdie klein mannetjie wat vrae vrae oor die reuse Goliat. Koning Saul laat haal toe hierdie nuuskierige skaapwagter. Vinnig vind Saul uit dat hierdie skaapwagter nie onderskat moet word nie. Met heldemoed is hy bereid om teen die reus te veg. Dawid verduidelik vir Saul van die leeu en die beer, stories van integriteit. Want as skaapwagter, as ‘n leeu of ‘n beer die skape kom pla het en hy nie teen hulle geveg het nie, hy self die skape moes vervang. Hy was gewoond om teen groot en gevaarlike vyande te veg. Sy wapen van keuse, die slingervel. Eenvoudig van leer, amper soos ‘n kettie.

Koning Saul laat Dawid toe toe om teen die Filistyn te gaan veg, met die wete as Dawid verloor, verloor hy wat koning is ook die oorlog. Hy ag dit so belangrik dat hy sy eie koninklike uitrusting vir Dawid gee om aan te trek. Maar dit is ongemaklik en swaar vir Dawid, hy kies om dit te los, want hy sê hy is nie daaraan gewoond nie. Hy gaan soek vir hom vyf spoelklippies in die rivier en met sy slingervel stap hy op die Filistyn af.

In hierdie storie vind ons ‘n dapper seun wat bereid is om sy lewe te waag vir die naam van die Here. Hy kan dit nie aanvaar dat daar iemand is wat openlik die spot dryf met die Here en sy volk nie. Dawid word op ‘n manier die verteenwoordiger van God op daardie oorlogsveld. Die Filistyn oortree die derde gebod en gebruik die naam van die Here ydellik asof dit sommer niks is nie. Hierdie gedrag kan nie toegelaat word nie. Iemand moet daarteen optree en Dawid is daardie persoon.

Dawid tree ook op vanuit sy menswees met sy eenvoudige slingervel en klippie, dinge wat hy ken en verstaan. Deur slegs bereid te wees om vir die naam van die Here op te staan en geloof die vyand die veg aan te sê gebruik die Here die eenvoudige en verander dit in die verstommende wanneer Dawid die reus met slegs ‘n enkele klippie oorwin.

Dawid het die reus tegemoet gehardloop, en hy was seker bewerig terwyl hy dit gedoen het, maar hy het na die reus toe gehardloop en nie weg van hom soos die res van die Israeliete nie. Hierin word Dawid ook ‘n geloofsheld vir al die Israeliete wat hierdie konfrontasie tussen skaapwagter en reus aanskou. Dawid word ‘n voorbeeld vir die volk van wat dit beteken om vanuit geloof te leef. Hy word ook ‘n voorbeeld van wat moontlik is as daar vanuit geloof gelewe word. As daar vanuit geloof gelewe word, word die onmoontlike moontlik. Dit wat aanvanklik reusagtig lyk, word ontmasker vir wat dit regtig is. Goliat was niks meer as ‘n lompe reus wat stadig beweeg het nie. Goliat se sig was ook nie baie goed nie, want hy het dit nie gewaag om sy spies na Dawid te gooi nie. Goliat moes staatmaak op skilde, helms en harnasse.

Dawid aan die ander kant was rats, klein, en vol energie. Dawid het nie vir 40 dae in oorlogs omstandighede geleef nie. Nee, Dawid was vars vanaf die huis waar hy lekker geëet het en sy kragte opgebou het. Dawid was opgelei om wilde diere te kan verslaan met slegs sy slingervel in tye van nood en kon daardie opleiding gebruik om die reus die stryd aan te sê. Buiten al hierdie menslike dinge, het Dawid slegs die moed gehad om die reus aan te sê omdat hy vanuit geloof gelewe het. Dawid het sy krag in die Here gevind. Hy gee ook die krediet vir die leeu en die beer aan die Here, nie uit sy eie krag nie, maar deur die krag van die Here het hy die wilde diere oorwin. So ook is hy nie bang vir die reus nie, want hy weet soos die Here met hom was met die wilde diere sal die Here soveel te meer met hom wees as hy veg teen een wat die naam van die Here bespot.

 

Daarom, mag ons almal met die geloof van Dawid leef. Mag ons almal soldate vir God wees. Mag ons almal besef dat ons, nie deur ons eie kragte nie, maar deur die heilige krag van die Here, die teenstanders in ons lewe die stryd kan aansê. Mag ons almal besef dat deur aan die kant van die Here te wees daar niks is om te vrees nie.

Amen.