internasionale aksente

Hier sit ek vanaand, terwyl ek Suid-Afrikaanse 2012 Chardonnay drink, luister ek na ‘n Franse radio stasie Desember 2013 podcast, voor my is ‘n dekor boek oop by die “Tulip Chair” wat dateer uit 1955-1956 ontwerp deur Eero Saarinen wat in die Verenigde State van Amerika gewoon het van 1910 tot 1961. Ek kan dinge verder internasionaliseer deur te noem dat my trapfiets se saal van ‘n familie besigheid in Engeland afkomstig is, maar dit sal grens aan oorbodig so ek los dit daarby.

Ek sit vanaand hier by my pers tafeldoek opsoek na franse plate wat ek kan koop, maar sonder name van kunstenaars is dit moeilik om die plate op te spoor, so nou dwaal ek maar in die internet se gange rond en word verlei deur allerhande skadus wat hulself voorgee as iets anders. Een van daardie skadus was ‘n reeks fotos van vriende in Stilbaai, ‘n klein kusdorpie aan die Suid-Afrikaanse suidkus. Vir ‘n onbepaalde rede laat die fotos my terug dink aan ‘n vakansie wat ek by ‘n vriendin in Port-Alfred spandeer het.

Een van die laaste aande wat ek by haar deurgebring het, het sy my, ten spyte van, of eerder as gevolg van, die bewolkte reenweer, na hulle local kuierplek gevat. Hierdie kuierplek was nie sommer net ‘n local pub in die hoofstraat van hierdie klein dorpie nie. Nee, hierdie plekkie was afgesonder van die hoofstroom winkelsentrums. Soos ons daarheen oppad is speel ons geen musiek en luister na die geluide van die nag soos ons deur ‘n semi-gevloede area ry deur ‘n reige bosserige area waar die teerpadjie al goed verweer en vol slaggate voor ons onder water le. Oor die bult en regs draai ons om gegroet te word deur hierdie ou huis wat waarskeinlik deur ‘n jong argitek nuutgemaak is met moderne kleur en fasade om die groot vensters van die antieke struktuur te aksentueer.

Ons stap die plek binne terwyl daar kaggelvure aan beide kante van die teenoorstaande mure aan die knetter is. Die vure help om die geur van die hubblies te verdoesel en ook te vermeng met die algehele atmosfeer van die aand. Koud en nat, maar tog warm en gesellig binne. Ons bestel ewe hip soos die plek van die interessantste cocktails om te kenne te gee aan ons avontuurlustige kant,veral myne in ‘n onbekende groep waarin sy my begelei.

Die aand progresseer met donderweer, tequila, en in diepte gesprekke oor die eksistensieele karakter van wat elke drankie se karakter beheld. Hoekom daardie aand vanaand by my weerklank as ek bewus raak van my internasionale aksente is nog ‘n misterieuse saak in die dowwe spieel waarin ek vasstaar. Moontlik assosieer ek reeds sulke gesprekke en alternatiewe avonture met wat my camino gaan inhou, of eerder hoe ek eintlik my lewe sal wil karakteriseer. ‘n Lewe ietwat buite die kommersiele kring en in duister gehul, gevul met buitensporige musiek wat nie maklik herkenbaar is nie en tog tot die dieptes van elkeen se siel kan deurdring sonder dat woorde noodwendig ‘n rol behoort te speel.

Vanaand is ek fisies lokaal, maar psigies internasionaal, en dit is waar ek wil wees.

Leave a Reply

Your email address will not be published.