pype gehang
aan tou van belang
lepel in die middel
roer
jy sweef
jy fluister
jy roep
oor die wind
vir die rok
met jou windklok
– Francois van Dijk
pype gehang
aan tou van belang
lepel in die middel
roer
jy sweef
jy fluister
jy roep
oor die wind
vir die rok
met jou windklok
– Francois van Dijk
Wanneer laas het jy Psalm 119 gelees?
Ek het dit vir ‘n hele tyd vermy omdat ek onder die indruk was dat dit te lank is om in een sit deur te lees. Ek was verkeerd. Dit lees soos ‘n brander wat oor en oor spoel, dieselfde water wat dieselfde boodskap wil bring. Rig jou lewe in volgens die voorskrifte wat die Here vir jou gee, wandel in Sy woord, en jy sal ‘n gelukkige lewe geniet.
Hierdie boodskap is egter nie so maklik soos wat dit voorkom nie. Oor en oor herhaal die digter dat dit soms moeilik is om by die Woord te hou terwyl sy vyande besig is om hom te verlei en te mislei om ander paaie te volg. Weer en weer bely die digter dan dat hy nie anders kan as om in die Woord van die Here skuiling te vind nie. Deur die Woord te bestudeer vind hy vrede, vreugde, en rus van sy vyande, deur sy lewe in lyn met die wet te plaas is hy veilig, want hy weet dat die Woord van die Here altyd sal vas staan.
Hierdie standvastigheid waarvan Psalm 119 getuig is pragtig omdat ons weer en weer sien dat die Skrif nie net sommer nog ‘n storie is nie, maar ‘n boek, ‘n heilige boek, wat deur jare en jare bly staan het. Dit het nie verdwyn tussen die magdom bestsellers en die digitale stroom nie, nee, dit is steeds die prominente Skrif wat dit nog al die jare was.
Hierdie gedeelte het my vanoggend geraak omdat ek altyd opgesien het na die groot en ontsaglike lang Psalm 119, maar toe is dit nie so lang storie nie. Eintlik ‘n baie mooi herhaling van dieselfde boodskap oor en oor. Leef in verhouding met God, dit kry jy reg deur aan Sy bepalinge getrou te wees, en jy ken Sy bepalinge deur die Woord te bestudeer. Doen dit en jy sal in harmonie met God se skeppingsdoel vir jou lewe leef.
in ‘n oomblik gee ek in
tot ‘n stil diep stem
wat fluister
vanuit al drie hartkamers
ek steek my ogies stadig uit
versigtig soos ‘n slakkie
wat dalk moet retereer
en die seer afweer
ek sien jou raak
in jou natuurlike habitat
gemaklik
goudbruingebrand
vuur
grond
water
dit alles maak dat ons gesels, al hoe later
vandag het ek geproe
vandag het ek gesien
vandag het ek gevoel
vandag het ‘n oomblik in ewigheid uitgestrek.
– Francois van Dijk