geliefd is waar ons begin

n.a.v. Jan Richardson se gedig in Circle of Grace

Sirkel van Genade

As jy sou ingaan
in die wildernis
moet nie begin sonder
die seën.

Moet nie gaan
sonder om te hoora
wie jy is:
Geliefd,
benoem deur die Een
wat die pad reeds gestap het
voor jou.

Moet nie gaan
sonder om dit te laat eggo
in jou ore,
en as jy vind
dat dit moeilik is
om dit in jou hart in te laat,
moet nie moed opgee.
Dit is waarvoor
die pad is.

Ek kan nie belowe
dat die seëning jou sal vry maak
van gevaar,
van vrees,
van honger,
van dors,
van die skroeiende
son
of die val
van die nag.

Maar ek kan vir jou vertel
dat op hierdie pad
sal daar hulp wees.

Ek kan jou vertel
dat jy sal weet
dat die vreemde genade
wat tot ons hulp kom
slegs is op die pad
soos dié,
wat vlieg om ons te ontmoet
wat verligting bring
wat sterkte bring,
wat om ons kom
vir geen ander rede
as om nader te kom
om te luister
en met
nuuskierige opdringendheid
ons naam te fluister:

Geliefd.
Geliefd.
Geliefd.

– Francois van Dijk, n.a.v Jan Richardson se Circle of Grace.

Lukas 4: Saam met Jesus aan tafel

Jesus was pas gedoop en het uitgesien na sy publieke bediening. Eers het Hy tyd geneem vir refleksie, vir stilword, in die woestyn. Watter tiepe Messias sou Hy wees? Sou Hy Sy mag vir Homself gebruik? Of, om ‘n magtige reik te vestig wat die wêreld oor sal regeer? Of om groot, al is dit sonder doel, wonderwerke te doen?

 

Hy het dit alles verwerp vir wat dit was, versoekings vanaf die duiwel. Omdat dit versoekings was, impliseer ook dat Jesus geweet het Hy kan dit alles doen. Dat Hy klippe in brode kon verander, of van ‘n krans afspring en deur engele gedra word. Jesus was nie gebonde deur die menslike beperkinge nie, Hy het geweet Hy het kragte wat ander mense nie het nie. Hy moes besluit hoe Hy dit gaan gebruik.

 

Vanuit die stilte van die woestyn, die versoeking van die duiwel, het Jesus toe ‘n teruggegaan na Galilea vol van die krag van die Heilige Gees. Hy het ook na Nasaret gegaan, waar Hy grootgeword het, en soos sy gewoonte was, het Hy op die sabbatdag na die sinagoge toe gegaan.

 

[lees saam Lukas 4:14-30]

 

Al was Jesus in Bethlehem gebore, en ‘n groot gedeelte van Sy bediening in Kapernaum was, het Hy ‘Jesus van Nasaret’ gebly. Nasaret was die plek waar Jesus grootgeword het, Sy tuisdorp.

 

Soos Sy gewoonte was het Hy na die sinagoge toe gegaan… Jesus het reeds alles geweet, Hy was vol van wysheid, en steeds gaan Hy gereeld na die sinagoge. Hoe gereeld kom ons as gelowiges bymekaar om saam te gesels oor die Woord? Is dit al ‘n gewoonte in ons lewens om gereeld te gesels oor wie God is en wat Hy vir ons doen?

 

 

 

 

 

 

 

 

Hoe die dinge normaalweg in die sinagoge sou gebeur:

  1. Shema, Danksegging, Shema
    1. “Ek is die Here jou God wat jou uit Egipte, uit die plek van slawerny, bevry het.”
  2. Gebed
  3. Lees uit die Pentateug
  4. Lees uit die Profete
  5. Kort preek
  6. Seënbede waarop die gemeente met ‘Amen’ antwoord.

 

Jesus lees dan voor vanuit die Jesaja rol wat vir hom aangegee word deur een van die geleerdes in die sinagoge. Hy lees uit Jesaja 61:1&2.

 

“Die Gees van die Here is op My omdat Hy My gesalf het…” Jesus is gedoop deur Johannes die doper en die oomblik toe Hy gedoop is het die hemel oopgegaan en die Heilige Gees het in ‘n sigbare gestalte op Hom neergedaal in die vorm van ‘n duif.

 

Hierdie ‘neerdaal van die Heilige Gees’ beteken dat Jesus die een was om die evangelie aan die armes te verkondig. Die woordjie ‘armes’ kom ook in die Saligsprekinge voor, ‘Salig of Gelukkig is die wat arm van gees is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemele’. Die armes wat hier van gepraat word is die behoeftiges, die wat ‘n behoefte het. Jesaja 66:2 gaan verder deur te sê “Ek slaan ag op die mens in nood, op die een wat berou het oor sy sonde, wat ontsag het vir my woord.”

 

Die gevangenis waarvan daar in vers 18 gepraat word dui op die bannelinge van die tyd. Die mense wat uit hulle eie land geneem was en weggesleep is na ‘n vreemde land waar hulle baie moeilike omstandighede moes deurmaak. Jesus het vir hierdie mense gekom. Die bannelinge. Die vreemdelinge.

 

Op ‘n ander vlak dui die gevangeneskap ook op die wat vasgevang is in hul sonde. Die wat verslaaf is aan… Die Here Jesus het gekom om die gevangenis te bevry van die greep van die onderdrukker, of dit nou iets of iemand is.

 

Hy het gekom sodat die wat blind is weer kan sien. Hy het gekom om die onderdruktes te bevry. Hy het gekom om genade aan te kondig.

 

Waar in jou lewe beleef jy ‘n armoede? En ek dink nie Jesus praat hier van ekonomiese armoede nie. Waar beleef jy ‘n spirituele armoede? Waarom sukkel jy so om tyd met die Here deur te bring? Wat keer jou om intiem met die Here te wees? Wanneer laas het jy Sy fluisterstem gehoor?

 

Sien jy nog regtig raak wat rondom jou aangaan? Is jy bewus van jou bure? Is jy bewus van die dinge wat in die riviertjie hier onder gebeur? Of is jy horende doof en sienende blind?

 

Sodra ons ongemaklik raak met ‘n situasie maak ons baie maklik of ons iets anders het om te doen, dan sit ons maklik oorfone in ons ore, of kyk af na ons selfone en lyk baie besig, net sodat niemand ons konfronteer met die werklikheid nie. Ja, ons skep baie maklik ons eie realiteite, ons eie droomwerelde, waar alles ok is, terwyl die dorp aan die brand is. Terwyl daar soveel stories van seer rondbeweeg en ons selfs help om die storie aan die beweeg te hou.

 

Jesus het gekom om na die wat ignoreer word, te luister. Jesus het gekom om na die wat verbygekyk word, te kyk. Jesus het gekom, om so ook ons te laat hoor, om ons te laat sien.

 

Almal in die sinagoge is verwonderd deur die boodskap van die Jesuskind. Hy praat so mooi uit die Skrif. En net nadat hy die boekrol toegemaak het begin die twyfel weer. “Is hy dan nie die seun van Josef nie?” Net nadat Jesus die evangelie met Sy tuisdorp gedeel het, die goeie nuus vir hulle vertel het, trek hulle Sy boodskap in twyfel. Wil hulle hê dat Hy moet bewyse lewer van Wie Hy sê Hy is.

 

Wie is hierdie timmerman se seun om vir ons te sê dat ons die armes moet help? Hulle is veronderstel om sterk in hul geloof te wees en dan sal hulle regkom. Wie is hierdie kind om vir ons te sê om te luister na die wat geignoreer word? Hy weet nie hoe lank daardie een kan aanhou met kla oor die lewe nie? Hulle moet net stilbly en harder werk. Hy dink omdat hy hier in die sinagoge is kan hy vir ons sê ons moet kyk na hoe stukkend dinge hier rondom ons is. Dit was nog altyd so, en sal waarskynlik so bly, dit is nie ons probleem nie.

 

Almal in die sinagoge was woedend toe hulle hierdie dinge hoor. Hulle het opgespring, en Hom na die rand van die dorp gejaag, waar hulle hom van die kranse wou afstamp.

En daar loop Hy toe saggies en stil deur hulle, weg van hulle af.

 

Ek het die Graad 9C klas gevra wat hierdie gedeelte vir hulle sê, drie dinge het vir hulle uitgestaan:

  1. Moenie iemand te vinnig oordeel nie.
  2. Die sagte een kan sterk wees, en die sterk ene kan sag wees.
  3. Dat dit ons opdrag is
    1. Om te verkondig aan die armes
    2. Om die gevangenis vry te laat
    3. Om die blindes te genees
    4. Om die onderdruktes te bevry
    5. Om die genade van die Here aan te kondig

 

Ons moet meer na ons kinders luister, want hulle het die spyker op sy kop geslaan.

 

Hulle het gesien dat die Nasareners in die sinagoge vir Jesus hopeloos te vinnig veroordeel het vanuit hulle ongeloof. Hulle het Hom steeds as die timmerman se seun gesien. Hulle self was blind. Hulle het na Sy woorde geluister, maar nie gehoor dat Hy sê Hy die een is wat kom verkondig, vrylaat, genees en genade bring nie. Hulle self was ‘n gevangene van hulle gedagtes dat die verlosser ‘n krygsman sou wees, groot en sterk.

 

Jesus kom na die dorpie Nasaret om vir die mense te wys dat dit nie nodig is om hard te praat, of met gebalde vuise die wêreld te verander nie. Jesus wys vir ons dat die wêreld sal verander, wanneer ons begin bedien. [skink wyn en breek brood]

 

Wanneer ons armes se nood verlig, wanneer ons gevangenis vry maak, wanneer ons blindes genees, wanneer ons onderdruktes bevry, wanneer ons genade betoon…

 

Dan word ons nood verlig, dan word ons vrygemaak van dit wat ons gevangenis hou, dan word ons genees om te sien, dan word ons bewus dat die Here se genade reeds met ons is.

 

So voordat ons potensieële ouderlinge, diakens, assistente, Sondagskool tannies en ooms, soliste, en leiers van organisasies verwerp, in ons eie dorp, laat ons tweekeer kyk en luister, na die saam met wie ons grootgeword het en laat ons profete in ons eie land word.

 

Aan wie gaan jy die evangelie verkondig?

Wie gaan jy help om vry te kom uit die gevangenis?

Wie gaan jy help om te sien?

Watter onderdrukte gaan jy in vryheid uit stuur?

Aan wie gaan jy genade betoon?

 

En Jesus sal tussen ons rondloop en saam met ons aan tafel kom sit.

 

Amen.

Johannes 2: Brendon en Helene

Ek wil graag namens Brendon en Helene, baie welkom sê aan elkeen wat vanmiddag hier saam met ons is om hierdie mooi geleentheid te vier!

Brendon, Helene, ja hierdie is julle dag!

Kom ons bid saam.

Kom ons sing nou saam To God be the Glory (verse 1&3), almal kan gerus staan.

Ek lees vir ons voor uit Johannes 2:1-11.

Daar word gereeld na hierdie storie verwys as die eerste wonderteken van Jesus, maar wat in Kana gebeur is meer as ‘’n wonderteken; dit is ‘’n duidelike beeld wat die essensie van Jesus se boodskap aan die mens laat weerklink: om na die wêreld te kyk en hemel op aarde te vind.

Op een vlak is hierdie ‘’n gelykenis oor die huwelik en as sodanig gee dit ‘’n blik oor die diep betekenis van die samestelling van ‘’n gemeenskap. Op ‘’n ander vlak, gebruik dit die huwelik as metafoor vir die skuif in bewussyn oor die essensie van wat Jesus kom doen.

Hierdie troue waarby Jesus was verteenwoordig ons menslike kondisie: ons wyn, ons lewenslus, ons kompleksiteit en gees, is besig om op te raak.

Die verandering van water in wyn simboliseer ‘’n baie dieper verandering in die menslike gees, van onbewuswees na ‘’n bedwelmde visioen. Dit is die sentrale tema van die Evangelies: om ‘’n verandering van visie deur te gaan en lewe in oorvloed en intensiteit te ontdek.

Die Evangelies is vol van tonele waar Jesus besig is om te eet, om te kook, om kos te bedien, om ‘’n maaltyd aanmekaar te sit, om vir Sy dissipels om te gee en om die geselskap van mense om die etenstafel te geniet. ‘’n Essensiële deel van Jesus se onderrig was om die lewe met ‘’n positiwiteit tot plesier en lewenslus aan te pak. Om ‘’n volgeling van Jesus te wees beteken om warmte en gemeenskap na te streef.

Brood, wyn, kuns en argitektuur is nie toevallighede in die lewe nie, maar eerder ekspressief van die kern van ‘’n spirituele lewe.

Daar heers ‘’n merkwaardige diepte in die storie van Jesus se lewe, ‘’n beweging van die wyn van Kana na die wyn van die laaste maaltyd.

As Kana gesien word as Jesus se eerste wonderteken, miskien moet ons daaraan dink as die eerste les van Jesus se spiritualiteit: Om menslik te wees, om die belangrikheid van speel en eenvoudige sensuele plesier raak te sien en om na ons familie te luister. Om dan daarna dieper te gaan. Om dan Kana as ‘’n voorsmaak te sien van die maaltyd waar die wyn as die lewegewende bloed gesien sal word wanneer lewenskuns aan ‘’n sterwende wêreld gebied word.

Jesus het nie net vir Sy dissipels gesê om wyn as ‘’n herinnering van Sy bloed te drink nie, maar Hy het ook gesê: “Ek is die wingerdstok, julle die lote.” Jesus is nie net die druif wat vertrap en gekruisig word nie, Hy is ook die wingerdstok, die oorsprong van die misterieuse wyn. As wyn die simbool is, is om te gis en onder die invloed van wyn te wees, die ervaring van Jesus self.

Die storie in Kana het ook iets te sê oor verhouding en oor die huwelik in die besonder. Dit is geen toevalligheid dat Jesus Sy lewenswerk by ‘’n troue begin het nie.

Twee mense wat aparte lewens geleef het besluit om daardie lewens te deel. Almal weet dat so ‘’n proses van om te begin deel moeilik is, soos om druiwe te trap om die sap daaruit te kry. Maar met tyd neem daardie lewens nuwe kompleksiteit en rykheid aan, as gevolg van die deel en saam swaar kry. Soos druiwesap wat in wyn verander, gis die twee lewens wat selfstandig probeer om oor die weg te kom in ‘’n paartjie wat saam die diepe misterie van ‘’n gedeelde lewe ontdek.

Die huwelik is ‘’n spirituele daad, want dit vra ‘’n konstante onselfsugtigheid, ‘’n bewustelike besluit om ‘’n goeie lewe te leef en ‘’n genoegsame oorspoel van daardie lewenslesse in die grootmaak van kinders en gemeenskap met familie en bure.

Jesus het respek vir die huwelik gehad, deur dit die plek te maak waar Hy vir die eerste keer die Koninkryk laat manifesteer. Hiermee wys Hy vir ons dat dit wat in die huwelik plaasvind is deel van die essensie van die Koninkryk.

As ons mooi na die teks gaan kyk sal ons sien dat die water wat Jesus gebruik vir die verandering in wyn is water wat gebruik was vir reiniging. Jesus verskuif die klem van reinigende water na lewegewende wyn. Saam met Hom skuif ons van moralisme na vreugde, van onderdrukkende reëls na die genieting van die lewe se diepste vreugdes.

Die storie van die bruilof in Kana is nie net die eerste wonderteken van Jesus as leermeester en geneesheer nie, dit is die hoeksteen en sleutel van Sy hele wese. Die beeld van die water wat in wyn verander vertel die hele storie van Jesus.

Jesus is radikaal. Inplaas daarvan om te streef vir reinheid en onskuld, streef na lewenslus en plesier, ‘’n lewe vol vreugdevolle oomblikke saam met vriende, familie en bure. Inplaas daarvan om ons self te definieer in terme van harde werk, moet ons die belangrikheid van plesier waardeer. So sal ons sien dat die normale lewe soos gewone water is, terwyl die spirituele lewendige lewe in egte gemeenskap meer soos wyn is.

Daarom, mag julle vandag die hierdie teken van die Here vir julleself neem en dit deel van julle lewe maak. Mag julle die plesier, soos Jesus, in die Evangelie raaksien. Mag julle, die diepe misterie van die wyn by die bruilof, deel maak van vandag, wat julle bruilof is. Mag julle lewens soos druiwe wat eens apart was transformeer in goeie wyn wat met elke slukkie lewenslus aanvuur in julle huwelik. En mag julle onthou dat Jesus Christus die wingerdstok is. Hy is die begin van julle vriendskap, julle huwelik en nou ook die deel van julle lewe verder saam. Hy is ook vandag die Een wat die misterie van ‘’n pragtige huwelik saam met mekaar en Hom kom deel het.

Die spreekwoord lui: “In vino veritas.” Ja, daar is waarheid in wyn en vandag kom openbaar Jesus aan ons: “In vino Vida.” Dat Hy die Een is wat lewe gee en dit in oorvloed. Mag julle huwelik getuig van ‘’n Goddelike lewe, vol lewe!

Amen.

The Solemnization of the Marriage

We have come together in the presence of God to witness the marriage of Brandon and Ester-Helene. We have also come together to ask his blessing on them and to rejoice with them. Our Lord Jesus Christ, by his presence at the marriage in Cana of Galilee, blessed this life commitment between two people.

Marriage is an expression of God’s loving care when in the beginning He said: “It is not good for the man to live alone. I will make a suitable companion to help him.” (Gen. 2:18). So He created them as partners for one another to supplement and help one another. To be thus united in the Lord is a privilege, a joy and a responsibility.

Elsewhere in the Bible, marriage is likened to the relationship between Christ and his church.

As Christ and the church are a union, so too you are a union of husband and wife. As Christ is united with his Church, so too are you united with a bond of love. As Christ loved the Church, so too you must love one another. As Christ gave his life for the Church, so too should you give yourselves in love to one another. And as the church is loyal to Christ, so too should you be loyal to one another and serve one another’s interests.

Contracting the Marriage

Question to the couple:

Brandon and Ester-Helene, do you accept everything the Lord teaches us in his Word concerning the Christian marriage and state of matrimony? Is it you firm intention to live your life together accordingly? Do you wish for the blessing of God in the solemnization of your marriage?

Answer: Yes.

Now give each other the right hand.

Question to the bridegroom:

Brandon, do you take all here present as being witnesses of your taking Ester-Helene as your lawful wife? Do you promise, before God and his congregation, to love, honour and remain faithful forever and in all circumstances to your bride, Ester-Helene?

Answer: Yes.

Question the the bride:

Ester-Helene, do you take all here present as being witnesses of your taking Brandon as your lawful husband? Do you promise, before God and his congregation, to love, honour and remain faithful to your bridegroom, Brandon?

Answer: Yes.

Marriage Declaration

I now pronounce that Brandon and Ester-Helene are now with the blessing of our Lord lawfully married.

Exchange of the Rings

Prayer

Heavenly Father, Let this ring through your mercy be a sign to Brandon and Ester-Helene of love and faithfulness without end; may it always remind them of the promise they made today, and of the union You established between them. In the Name of Jesus Christ our Lord. Amen.

Kom ons sing nou saam Laat Heer U seën (Lied 304:4) vir Brandon en Helene.

Prayer (Blessing)

God the Father, God the Son, God the Holy Spirit, bless, keep and protect you. May God fill you with his grace that you may live together faithfully and may receive the blessing of eternal life. Amen.