Future Faith: Challenge Seven: De-Americanizing the Gospel

“Lubaale underscored his worry about Trump; he had seen many times in Africa how authoritarian leaders manipulated people’s fears and came to power. The church had to be alert to those dangers, even in America, he warned.”

Liberating Christian Faith

How do we de-Americanize the gospel?

The election of Donald Trump has made it essential for Christian faith in the United States to recover a witness that is not captivated by the polarizing political dynamics of the country and that has the power to convey and model a message that is truly prophetic, biblically rooted, and capable of promoting social transformation.

Faith comes first, not America.

“We find that the American church is in captivity to the values and lifestyle of our culture. Institutional Christianity in America has allowed itself to become a conservative defender of the status quo, a church largely co-opted and conformed to the American system in direct disobedience to Biblical teaching (Romans 12:2). The American captivity of the church has resulted in the disastrous equation of the American way of life with the Christian way of life. This cultural captivity has caused the church to lose its prophetic voice by preaching and exporting a pro-American gospel and a materialistic faith which supports and sanctifies the values of American society, rather than calling them into question. By its implication in the American status quo, by participating in the anti-Christian mindset of our society (racism, materialism, nationalism), the church has lost its ethical authority and has become the chaplain of the American nation, preaching a harmless folk religion of comfort, convenience, and presidential prayer breakfasts.” – Jim Wallis, “Post-American Christianity,” The Post-American, Fall 1971, http://tinyurl.com/y933ptxa.

Those first pleas from nearly fifty years ago to de-Americanize the gospel remain timely and have a fresh resonance today.

Three Steps

Three steps can serve the Christian community in the United States well in this process, which will lead to an enduring and credible future witness.

First, we must learn how to listen to those voices speaking to us from the global Christian community and privilege them in our conversations.

Second, our priority must be placed on spiritual formation, developing the practices, tools, and communities that nurture faith with roots deep enough to resist the temptations of nationalistic idolatry.

Third, our commitment should be to engage society with a compelling public witness, exemplified by actions of solidarity with the most vulnerable, rather than to retreat from society in communities of pious and self-righteous isolation.

Deepening Faith Formation

The second strategy for de-Americanizing the gospel is to nurture spiritual practices and build communities that shape and form a deeply rooted, biblically informed faith.

Bonhoeffer understood that the task was to build a fellowship nurtured by a spirituality deep enough to stand the test of that time.

Gordon Cosby, as founder of Church of the Saviour, was also impacted by the events of World War II. As a chaplain in Europe, Gordon came to realize that so many of the men he accompanied lacked a religious faith that was deep and formative enough to prepare them either for how to live or how to die. His vision for Church of the Saviour was for a community grounded in practices of spiritual formation to equip its members for the missional call on their lives.

The public witness of so many who follow Christ lacks the spiritual depth and clarity to proclaim the true meaning of Christian faith for the life of society in this time. Discipleship falters without the strength to follow Jesus into the world. Courage is dissipated, bereft of spiritual power and biblical discernment.

Once again, we are in grave need of basic, enduring spiritual formation to acquire both the clarity and strength that equips us to follow Jesus and answer the question posed by Bonhoeffer: “Who is Jesus Christ for us today?” The habits of thinking, practices of living, disciplines of praying, celebrations of worship, and clarity of calling can only happen with one another. It takes a community of committed believers to de-Americanize the gospel. The lesson to be learned is that Christian communities committed to prophetic witness in society endure when they learn to nurture the spiritual depth of practices that equip them for the long run. Resistance alone does not sustain a community. It requires a shared life that is rooted in a depth of spirituality that forms and shapes who we discover ourselves to be and what we are called to do before God.

discussion guide

 

  • The author expresses some strong political perspectives in this chapter. What is your initial reaction to what is said?
  • How or why has the focus on social action in the church sometimes run into opposition? How has this struggle spilled over into American politics? Do you agree or disagree with the author’s perspective on this? Why?
  • When the author says that “the white religious bubble in America is about to burst,” to what circumstances does he point? Do you agree or disagree with this perspective? Why? How might or could this bursting bubble impact your community of faith?
  • What steps does the author suggest be taken in order to de-Americanize the gospel? Which of these steps might you say is most important? Why?
  • In this chapter, the line separating faith and politics is crossed and erased, challenged and pushed. What do you think about this? What key learning do you take away from this chapter?
  • What more do you want to learn or do based on reading this chapter of the book?

 

 

Previous posts can be found here:

Challenge One: Revitalizing Withering Congregations

Challenge Two: Embracing the Color of the Future

Challenge Three: Seeing through Non-Western Eyes

Challenge Four: Perceiving the World as Sacred

Challenge Five: Affirming Spirit-Filled Communities

Challenge Six: Rejecting the Heresy of Individualism

For more on this, please support the author and buy his book at Amazon or Fortress Press. I do not receive any compensation for this summary.

Eksodus 20:8-17

Ons gaan vandag bietjie gesels oor iets wat aan die uitsterf is… Vandag se onderwerp is iets wat besonderse waarde tot jou lewe kan toevoeg, tog gebruik min mense dit. Kom ons kyk of julle kan raai…

Ek is deurskynend, maar ek kan kleur aan jou lewe gee. Ek kan jou energievlakke verhoog en jou minder laat stres. Ek kan jou laat lag en ook vir jou tyd gee om te huil. Tussen 7 is ek 1. Daar is 52 van ons. Wie is ek? Die Sabbat.

Dit is jammer dat die Sabbat dag iets geraak het wat die lewe beperk, wat die eintlike punt daarvan mis, dat dit moet lewe gee, dat dit moet herstel en genesing bied.

Om die Sabbat te onderhou is om te sê: “Ek is anders”. Om die Sabbat te onderhou is om jou identiteit te verklaar, deur te sê dat jy dinge anders as die normale doen. Die Sabbat is ook nie net iets wat jy sê nie, maar veral iets wat jy doen.

Ons kan nie net praat van die goeie nuus nie, ons moet die goeie lewe leef.

Israel was pas verlos uit die kloue van die Egiptiese Farao en het gesoek na nuwe leiding wat hulle toe vind in Moses. In Eksodus 24:7 verklaar hulle aan Moses: “Ons sal alles doen wat die Here beveel het en daaraan gehoorsaam wees.”

Wanneer ons na leiding soek, is ons bereid om te sê: “Here ons sal alles doen wat U ons beveel en vra, en gehoorsaam aan U wees.”?

Terwyl daar ook ander opdragte van God aan die Israeliete was het die tien gebooie uitgestaan. Die volk het ingestem om God lief te hê en ook hulle naaste.

Die uitdrukking van die tien gebooie deur God aan die Israeliete begin met ‘n verwysing na die Farao en van Egipte. “Ek is die Here jou God wat jou uit Egipte, uit die plek van slawerny bevry het.” – Eksodus 20:2.

Alle partye by die berg, God, Moses, en Israel, kon goed onthou hoe die wêreld van die Farao gelyk het: (Dalk is jou baas soos die Farao? Dalk is jy jou eie baas soos die Farao?)
• Hulle kon onthou dat die Farao van homself as god gedink het, ‘n absolute outoriteit wie nie kon siek word nie, en al wat hy gesoek het was nog.
• Hulle kon onthou dat Egipte se ekonomie soos ‘n piramide gewerk het, die werkers het die rykdom produseer, en alles het na die boonste punt van die piramiede beweeg waar die Farao gesit het.
• Hulle kon die Farao onthou, dat al was hy gesien as almagtig, was hy eindeloos bekommerd en angstig wat almal wat onder hom gewerk het rusteloos en angstig laat voel het.
• Hulle kon die Farao onthou, dat hy die Nyl beheer het, en steeds angstige nagmerries gekry het oor die moontlikheid van droogte en te min kos.
• Hulle kon onthou hoe daardie angstige nagmerries van droogte, gelei het tot wrede beleide wat gemaak het dat die Farao alle geld, beeste, grond en uiteindelik mense gevat het.
• Hulle onthou hoe so ‘n beleid uiteindelik mense tot slawe gemaak het.
• Hulle kon onthou, hoe die Farao se angstige nagmerries gemaak het dat hulle al harder en harder as slawe van ‘n al ryker en ryker Farao moes werk.
• Dit alles het hulle onthou toe God self aankondig dat hy die God is wat hulle uit Egipte bevry het, uit die land van slawerny.

As jy ‘n slaaf is, is jy angstig of jy die kwota bakstene vir die dag gaan maak. As jy die Farao is, is jy angstig of jy die monopolie op die voedselproduksie sal behou.

Hoe besonders is dit nie dat die meeste lugtyd op die berg afgestaan word aan die opdrag van die Sabbat.

Daar was geen Sabbat in Egipte nie, geen werk het gestop nie. Geen werk het gestop vir die Farao wat dag en nag gewerk het om bo op die piramiede te bly nie. Geen werk het vir die slawe gestop nie, hulle moes selfs strooi bymekaarmaak in hulle af tyd. Niemand het in Egipte opgehou met werk nie, maar hulle was almal só produktief.

Deur die Sabbat word die Israeliete uitgenooi na ‘n lewe wat nie gaan oor fanatiese produktiwiteit nie, wat almal anders reduseer tot ‘n bedreiging of kompetisie. Wanneer daar met werk gestop word is daar dadelik ‘n afname in angstigheid, en met ‘n afname in angstigheid is daar weer energie om na die mense om ons te kyk. Die vreemde opdrag van God is om angstige produktiwiteit te los vir toegewyde naaste liefde.

Toegewyde naaste liefde produseer nie baie nie, maar dit skep ‘n omgewing van veiligheid, respek en waardigheid, wat weer menslikheid terug in die lewe sit.

Dalk vra iemand vir ‘n rede hoekom daar met werk gestop moet word, want dit gaan teen die kern beginsels van die ekonomiese rotresies.

Eksodus 20:11 sê: “Die Here het in ses dae die hemel en alles daarin gemaak, die aarde en alles daarop, die see en alles daarin. Op die sewende dag het Hy gerus, en daarom het die Here dit as gereelde rusdag geheilig.”

God het gerus. God het dit geniet om met werk te stop.

Hierdie laat ons terug dink aan die skeppingsorde. Hoe die Here geskep het, alles op sy plek, alles op sy tyd, en ook genoeg tyd vir alles. En dit was goed. Dit is goed dat orde chaos wen. Dit is goed dat die wêreld georden is om vrugbaar te wees. Dit is baie goed dat die skepping die lewe-gewende energie van die Skepper dra. Dit is baie goed.

Psalm 104:27-28 sê: “Hulle is almal van U afhanklik, U gee hulle kos op hulle tyd. U gee, en hulle eet, U maak u hand oop, en hulle kry meer as genoeg.”

Psalm 145:15-16 sê: “Die oë van almal is op U gerig, en U gee hulle kos op hulle tyd. U maak u hand oop en skenk u guns in oorvloed aan al wat leef.”

Ons wêreld kan ‘n plek sonder angs vir die lewe wees omdat die Skepper sonder angs is. God is nie ‘n werkolis nie. God is nie ‘n Farao nie. God hou nie aan om die skedules al stywer aan te draai nie. Die teenoorgestelde gebeur, God rus, selfversekerd, tevrede.

Moses sê vir die Israeliete om te rus soos wat God gerus het. En terwyl julle rus, maak ook seker dat jou naaste rus.

Die wat leef in ‘n sisteem van angstige kompetisie:
• sal nie hul ouers eer nie en ook nie hul onproduktiewe familie nie.
• sal betrokke raak by moordende geweld, want ander is vir hulle ‘n bedreiging.
• sal die seksuele as ‘n kommoditeit sien om te gebruik.
• sal van ander vat as dit iets is wat hulle wil hê.
• sal groot praatjies maak as dit tot hulle voordeel is.
• sal alles doen om meer bymekaar te maak.

Moses het al die gebooie gelees. Julle wat die Sabbat hou het nie nodig om:
• om jou vader en moeder oneer aan te doen nie.
• om dood te maak nie.
• om egbreek te pleeg nie.
• om te steel nie.
• om valse getuies af te lê nie.
• om te begeer nie.

God nooi die by die berg uit na ‘n nuwe lewe van geliefde vryheid waarin die Sabbat die hoeksteen van gelowige vryheid is. So ‘n gebruik om te stop met werk is ‘n handeling van weerstand. Om die Sabbat te onderhou is om weerstand te bied teen die populêre kultuur wat wil kompeteer vir produktiwiteit.

Deur aan die weerstand deel te neem sal ons nie gedefinieer raak deur hoe besig ons is nie, of deur hoe baie ons bymekaarmaak nie, of deur die begeerte na meer nie, in beide ons persoonlike en ekonomiese verhoudings. Want lewe gaan nie oor kommoditeit nie. Lewe gaan nie oor dit wat jy het nie.

Daarom as jy moeg is, naby uitbranding, en oorweeg of jou werk nog die moeite werd is, vra jouself: wanneer laas het ek ‘n hele dag lank nie gewerk nie, wanneer laas het ek ‘n hele dag lank nie na my epos gekyk nie, wanneer laas het ek ‘n hele dag lank met my gesin spandeer, wanneer laas het ek ‘n hele dag lank met God gepraat oor die koers van my lewe.

Matteus 6:25-33

Aan die einde van ses dae het God alles gedoen wat nodig was vir die skepping. Aan die einde van ses dae het jy ook alles gedoen wat nodig was vir jou werk. Dit was goed. Dit was baie goed. Nou, gaan rus…

Jona 3

Jona se mond drup van die soutwater. Hy is gehawend, en tog nie haweloos nie. Veilig sit hy voet aan wal. Sy kop staan Nineve se kant toe. Die Here het hom uit die waters gered en weer geroep. Nou is hy meer gereed vir Nineve. Al wat hy moet doen is om die Here se boodskap te gaan aflewer.

Nineve is ‘n baie groot stad! Menslik gesproke kan hy nie slaag nie. Van hoek tot kant moet hy deur Nineve stap, drie dagreise lank. As jy 6 ure per dag stap en 18 ure los vir ontspan, rus en slaap, sal jy gemaklik 28km in ‘n dag kan stap. Nineve was drie dagreise groot. 90km in deursnee. Dit is groot en Jona het daardeur gestap en God se boodskap afgelewer. Teen 3km/h vir 6 ure lank het Jona die woord wat hy van die Here ontvang het met Nineve gedeel.

Jona se preektema is: Oordeel, oordeel en nog oordeel. Die hel is los! Oor veertig dae word Nineve verwoes. Dieselfde verwoesting wat vir Sodom en Gomorra in Genesis 19 getref het lê vir Nineve en wag. En dit is tot Jona se vreugde en die Nineviete se ondergang. Binne veertig dae sal Israel van hulle aartsvyand ontslae wees. En Jona sal ‘n nasionale held wees. Op elke straathoek sal die nuus uitbasuin word: manalleen het Jona Nineve deur ‘n preek vernietig.

Jona laat die boodskap oor Nineve los. Jona steek God se boodskap soos dinamiet aan. Drie dae lank. Sy veldtog moet ‘n veldslag word. Nou moet die Here net sy oordeel en vernietiging los laat.

Jona wag gretig op die finale verwoesting. Die spanning is ondraaglik. Die oomblik van vernietiging is voor die deur.

Die uitwerking van Jona se preek is egter verstommend. Die Nineviete neem Jona se preek ernstig op. Jona het waarskynlik gehoop en gebid dat dit nie moet gebeur nie. Die Nineviete verander toe Jona se preektema van oordeel na ‘n boodskap van hoop.

Jona se boodskap is plofstof wat verskuiwing bring. Mense word tot ander insigte geruk. Hulle dink anders oor hulself, oor God en hulle gode. Hulle wend hulle tot God van die hemele wat see en vasteland gemaak het. Net soos die matrose op die skip, eens heidene, eens ongelowiges, raak hierdie Nineviete mense wat nader tot God die almagtige, die God van die hemele wat see en vasteland gemaak het.

Hulle dink, dalk is die Here anders as Jona. Dalk verander hy van plan. Dalk besluit Hy om hulle nie meer te tref met oordeel nie. Dalk kan God berou oor hulle kry.

Tot Jona se ontsteltenis waag die Nineviete dit om in die Here te glo. Die koning en al sy onderdane buig in berou voor God neer. Selfs die diere doen dit ook. Die ommekeer word sigbaar deurdat die Nineviete die verkeerde weg moet verlaat en onreg moet aflê.

En dan, en dan kry God die Nineviete jammer.

Omdat Hy hulle jammer kry maak Hom nie minder God nie. Sy Goddelikheid blyk juis hierin: Hy is bewoë, genadig, en vol liefde. Dit is Sy genade wat die Nineviete tot berou en bekering beweeg. Hy is ‘n God van tweede kanse.

Hy kon net van die staanspoor besluit het om Nineve uit te roei. Sonder enige waarskuwings, sonder enige profete, sonder enige preke. Maar tog stuur Hy vir Jona na Nineve om hulle ‘n kans te gee om dit te oorweeg om weg te draai vanaf hulle afgodsdiens. Hy gee hulle die opsie om weer te probeer om God en mekaar lief te hê, al verdien hulle nie die opsie nie.

Ons is geneig om Jona se taal te praat. Ons het ook Nineviete wat ons graag sal wil verwoes, Nineviete wat ons nie hier om ons wil sien nie. Nineve is ‘n simbool wat ons elkeen self kan invul met ons eie vyande. Sonder Nineve in die samelewing is al ons probleme opgelos. Sonder Nineve is ons toekoms, is ons voortbestaan veilig. En soos Jona sien ons nood en ellende net raak as dit met ons mense gebeur.

Jona se preek behoort egter ons almal tot stilstand te roep. Dit kondig ons almal se oordeel aan. Voor God staan ons elkeen skuldig. Voor God is ons elkeen skuldig van daardie dinge wat ons doen wat nie liefde vir God en liefde vir mekaar meer maak nie. Voor God is ons skuldig. So so skuldig.

Maar hierdie preek gaan nie oor ons nie, dit gaan daaroor om vir ons te wys wie God is. Dit gaan daaroor om vir ons te wys hoe die Here die almagtige tweede kanse aan ons wat teen Hom sondig gee.

Ons God, die God van die hemele wat see en vasteland gemaak het. Almagtige Skepper van hemel en aarde. Ons God is ‘n God wat berou kan toon, wat nie net lewe volgens oorsaak en gevolg nie. Hy het nie alles geskape in ses dae en toe terug gesit en kyk hoe alles verloop nie. Nee, Hy is steeds besig om te skep en te herskep in hierdie skepping waarin ons lewe. Hy kan van plan verander. Hy kan nuwe lewe in jou lewe inblaas. Hy bied vir ons die lewende water aan.

Ons sien dit duidelik hier in die verhaal van Jona en Nineve. Die Here het vir Jona gestuur om oordeel aan te kondig en toe op die uiteinde was daardie boodskap die boodskap wat gemaak het dat die Nineviete die grootste liefde vanaf God ontvang het, ‘n tweede kans op die lewe.

God is genadig! Nie net in Israel nie, maar ook buite Israel. Hiervoor moes Jona, en moet ons, oë oopgaan. God se genade is grensloos. Daarom het sy Seun oor die hindernisse van ‘n krip, ‘n kruis en ‘n graf na ons toe beweeg. Jesus is met ons doodsvonnis kruis toe. Daar het Hy onder die vloed van oordeel vir ons sonde gesterf, sodat ons vry kan wees.

Ons wonder: “Wie weet of die Here ons sal vergewe?” Hy het dit reeds gedoen. “Vader, vergeef hulle…” Daarom kan ons onsself met geloof op Jesus Christus werp. Ons kan met geloof uit ons dieptes opstaan. Met geloof kan ons die toekoms aandurf. En as die dood kom, kan ons met geloof opstaan. Met geloof kan ons leef, nou en vir altyd.

Die Here gee vir ons ‘n tweede kans om te doen wat Hy ons gevra het om te doen. Dit wat Hy van ons vra maak die pad oop na vreugde, vrede, hoop en liefde. Hy gee vir ons nog ‘n kans om daardie pad te kies. Deur genade en met geloof kan ons opstaan en omdraai in die naam van die Here.

Gaan jy vandag kies om jou lewe in te rig volgens die Here se plan vir jou lewe?

Amen.