ek was gelukkig in my droomwêreld
ek, alleen, op my eie
sonder eksterne faktore wat my delirium kon versteur
alleen, met my glas wyn
alleen, met stapels boeke
alleen, met stapels hout
alleen, met warm kaggellig
maar
jy moes kom en my nagwandel versteur
jy moes my kom wakker maak
sonder koffie
koud
jy het my forseer om op te staan
om dit te onthou wat ek al lankal toegesluit het
om dit te gaan oopsluit
om dit uit te haal
om dit aan te trek
nou is ek wakker
dit is koud
en hier staan ek
met my liefde op my mou
en ek soek na jou…
– Francois van Dijk