haar skouer

hand in hand

stap hulle

welgeluksalig op die skouer van die see

oor haar borste om weer te klim in haar nek

 

verby ‘n geroeste sinkhuisie

met diagonale kruise voorop vasgespyker

om die blokklippe in plek te hou

teen die fluister van die wind en sy see

 

hy soek haar om elke draai

sy is altyd daar

gereed om golf na golf oor hom te spoel

met alles wat sy het, soms met meer

 

in gedagte dwaal sy oe

oor die alles wat sy gee

in die wind wie hy is

en los haar hand

 

hy hardloop 

en gaan op sy kniee

breek die perlemoen oop

en haal dit met ‘n glimlag in sy oog uit

 

weer gaan hy op sy kniee

in die sout sand sit

sy hand in sy snyersbroeksak

voor haar kaalvoet

 

ruwwe perlemoen oopgebreek

vol trane van die see

vir haar

‘n perel in sy hand

 

blinkoog stap sy verder saam

met hom

om

die skouer van die see.

 

– Francois van Dijk.

 

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *