BA (braai assistent)

so ‘n plaasmeisie met die stedelike look
langs die braaivleisvuur kla sy glasnie
van die reuk van rook in haar broek

bruin gebrande tjoppie het sy geëet met haar hand
mondhoeke afgevee
met die kersservet se rand

nagereg
skottelgoed
voorgereg

stedelike plaasmeisie
jy was my geskenk sodat ek met jou kon deel
al my emosie

– Francois van Dijk

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *